Die Poort 3: Helers. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Poort 3: Helers - Nelia Engelbrecht страница 5

Die Poort 3: Helers - Nelia Engelbrecht Die Poort

Скачать книгу

plan maak om hier weg te kom, sein ek terug.

      Leonardo? sein Tara benoud.

      Bly julle net bymekaar, ons sal fine wees. Probeer slaap, want môre moet ons al ons Kragte en Magte gebruik om huis toe te Reis.

      Ek het skaars agter Nomsa en Tara met die leer afgeklim tot onder of die deur bokant ons klap toe. Ons Bewaker-nagvisie skop in en in die flouerige maanlig wat deur ’n dakvenstertjie skyn, kan ek slapende mense op rye bunk beddens uitmaak.

      “Dit lyk soos koshuisbeddens,” fluister Nomsa. “Eeeuw, I bet they’re full of bed bugs en goggas wat in mens se ore klim …”

      Sy bly stil toe een van die donker figure opstaan en naderkom.

      “Je suis monsieur Jean Prieur du Plessis, un médecin de Poitiers,” sê die man sag.

      Holy moly, watter taal praat dié ou? sein Nomsa.

      It sounds like French. Kan jy dit verstaan, Kali? vra Tara.

      Wel, ek weet hy het gesê hy is ’n mediese dokter, so ja, dan verstaan ek seker Frans ook, sein ek terug.

      Dan drop die pennie. Dié man is my ma se oer-oupagrootjie, ’n Hugenoot uit Frankryk. Dit is vrék weird. Ek kan seker nie vir hom sê hallo, ek is jou afstammeling uit die een-en-twintigste eeu wat bietjie kom kuier het nie? Dan maar weer ons skipstorie spin.

      Ek begin die storie vertel en die Franse woorde wat by my mond uitkom, is vreemd en bekend gelyk. Wow, ek moet sê, dié Magte is nogal cool.

      “Wie is dit, Jean?” vra ’n vrouestem uit die donker.

      “Drenkelinge – drie meisies. Slaap jy, my lief, jy is nie wel nie,” sê hy in Frans. Hy draai weer na ons. “Daar is ’n bed oop in die verste hoek – julle sal dit moet deel.”

      Gelukkig is die bed darem breër as ’n gewone een en ons squeeze langs mekaar in soos drie sardientjies in ’n blik.

      “I’m sorry. It’s my fault,” sê Tara in die donker. “Die droom … ek het julle hierheen laat kom en ek weet nie eens hoekom nie.”

      “Maybe is dit ons destiny om hier te wees,” sê Nomsa, maar dit klink nie juis of sy haarself glo nie.

      Die warm lug druk swaar op ons. Ek ruik ou sweet en vuil lywe en baie stink toilette. “Moenie worry nie, môre Reis ons huis toe,” fluister ek.

      Huis toe. Na my ma-hulle en my Corgi-hond, Kristoffeltjie, toe. Na Zak toe. Verál Zak. Die hart-seer bring trane in my oë. Ons het my oupa se huis geërf en Zak-hulle was nog al die jare sy bure. Elke Desembervakansie as ons in Bospoort gaan kuier het, het ek en Zak saam gespeel. Nou is hy én Bospoort eeue ver in die toekoms in.

      Die ergste is dat Zak ’n paar dae gelede in ’n motorongeluk was. Hy sal wonder waarom ek nie meer vir hom in die hospitaal kom kuier nie. Oor minder as ’n week is dit skoolvakansie. As my ma-hulle dink ek gaan saam met hulle Italië toe om die Internasionale Raad van Bewakers te gaan sien, maak hulle ’n hengse fout. Ek bly by Zak. Dis nou as ons dit kan uitfigure om terug huis toe te Reis.

      Zak, Zak, skommel die skip. My oë val toe.

      4

      Die dress code vir meisies op die Oosterland is beslis nie sweetpakke soos myne of jeans soos Nomsa en Tara s’n nie. Die eerste ding wat die tannies op die skip doen toe ons die volgende oggend wakker word en ons storie vir hulle vertel, is om vir die arme “drenkelingmeisies” elkeen ’n rok te gee.

      Die aantrekhokkie is nie juis boetiekgehalte nie. Dis net ’n kombers wat aan ’n tou in een van die hoeke van die groot vertrek hang. Nomsa begin proes toe ek die rok oor my T-shirt en sweetpakbroek aantrek.

      “Wát?”

      “Dit lyk soos ’n party dress gone very wrong,” sê sy terwyl sy die spul knopies op die rugkant van Tara se rok vasmaak.

      Ek kyk af na die blinkerige blou lap met die verlepte kant wat om die nek en pofmoue hang. “Dis nie fair nie, jy het die mooiste rok gekry. En dit by MY oer-oumagrootjie.”

      “Ja, sy’s really nice. Maar sy lyk vir my siek – en dan is sy nog pregnant ook.” Nomsa hou haar kop skeef. “Wow, daai hoes klink nie goed nie.”

      Ek skuif die kombers weg. Madeline du Plessis, my oer-oumagrootjie, hoes omtrent haar longe uit. “Dalk kan ek haar Heel.”

      “Forget it. Jou hart het amper gaan staan toe jy vir Zak Geheel het. Jou ma het gesê never ever again,” sê Nomsa.

      “Hei, jy’s nie my ma nie, hoor?”

      “Luister vir Nomsa,” sê Tara kwaai. “Jy kan net Bewakers Heel, anders vat dit te veel van jou.”

      Net toe is daar stemme en beweging by die leer wat boontoe gaan. Die valdeur kraak oop en daglig stroom deur die opening.

      “Drenkelinge!” klink Jan Verhoef se stem van bo af. “Die kwartiermeester wag vir julle.”

      Kwartiermeester Jakobus Janzoon lyk soos een van daardie kaalnekhoenders wat mens kry. Aan die bopunt van sy lang nek is ’n klein rooi gesiggie met swart ogies wat heeltyd heen en weer flits. Hy sit vir Tara op kombuis duty en ek en Nomsa moet die kaptein se kajuit gaan skoonmaak.

      “Siesa, dit stink,” kla Nomsa toe die kwartiermeester ons met ’n stuk seep wat soos ’n baksteen lyk, twee emmers water en sulke valerige lappe in die kaptein se kajuit los. Sy kyk rond. “Oee-ee, ek is seker daar is rotte wat uit die donker hoeke vir ons loer.”

      “Wel, dis beter as in daardie stink gat waar die passasiers moet bly. Ten minste is hier darem vensters.”

      Dit moet aan die agterkant van die skip wees, want daar is aan twee kante van die vertrek vensters. Terwyl Nomsa moan oor die “lice-infected” beddegoed wat sy moet regtrek, bekyk ek die papiere en goed op die groot tafel wat in die middel staan.

      Daar is ’n lamp, ’n dagboek, ’n potjie ink en ’n pen wat soos ’n groot veer lyk op die tafel. Ek buk oor die dagboek en lees hardop, sodat Nomsa ook kan hoor:

      “Vrydag, 19 Maart 1688.

      Drie bemanningslede siek. Lyk soos dissentrie. Vier drenkelinge uit die see gered.

      Saterdag, 20 Maart 1688.

      Vandag is dit die nagewening, met die ure van die dag en nag ewe lank. Behoort teen middernag die ewenaar oor te steek. Stormwolke op die horison. Die hemele behoed ons.”

      Die ewenaar. Middernag. Dan strike dit my. Ek kom regop. “Nomsa, die Poort gaan vanaand oop. Ek dink die rede waarom ons hier is, het iets daarmee te doen.”

      5

      Nomsa se oë rek. “Holy cow. Ek dink jy’s reg. It’s our destiny. Ons moet keer dat die Poort oopgaan.”

      Ek skud my kop. “Nee, dit was juis toe die Poort oopgegaan het dat van die mense op die skip Bewakers geword het. As ons moes keer dat dit oopgaan, sou my familie nie eeue later Bewakers gewees het nie.”

      “Speak

Скачать книгу