Die Poort 3: Helers. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Poort 3: Helers - Nelia Engelbrecht страница 6

Die Poort 3: Helers - Nelia Engelbrecht Die Poort

Скачать книгу

ja. Maar ons moet uitfigure presies waarvoor ons hier is.”

      “Nou kom help my dan. Hoe gouer ons hier klaar is, hoe gouer kan ons by Tara en Leonardo hoor wat hulle dink.”

      Ek gebruik my Bewaker-kragte en begin supervinnig skrop en skuur. Terwyl ons werk, begin die skip al hoe meer heen en weer wieg.

      “Ek hoop nie hulle laat vir Leonardo daar bo tussen die seile rondklim nie. As die skip so wieg, foeter hy netnou daar van bo af,” sê Nomsa.

      My hart gaan staan amper toe ons met die vuil emmers water op die dek kom en sien hoe Leonardo sowaar as vet tussen die maste rondklouter.

      Oh. My. Word, sein Nomsa. Wat maak jy daar bo?

      Ek help hulle om die groot seile te laat sak – hulle sê daar is ’n helse storm op pad.

      Die wind waai slierte hare in my gesig. Ek kyk op. ’n Pers bank wolke beweeg teen die horison op.

      By the way, sein Leonardo verder, die matrose glo die storm is ons skuld. Hulle sê ons het bad luck gebring.

      Bad luck. Régtig? Ek wip my tot bokant die stormwolke. Hulle sal vannag om middernag agterkom wat bad luck is, sein ek terug en tel ’n emmer op. Terwyl ek en Nomsa die vuil water oorboord gooi, sein ek vir Leonardo wat ek in die kaptein se dagboek gelees het.

      Klink vir my ons is hier om seker te maak jou stamvaders word Bewakers wanneer die Poort oopgaan – voor die Ander hulle beetkry, sein Leonardo.

      My hart begin vinniger klop. Dink jy die Ander gaan die skip aanval?

      Jip. En as my somme reg is, gaan jy soort van ophou bestaan as jou voorouers vannag iets oorkom.

      My hart skop al hoe woester teen my ribbes.

      Hei, slow down, julle sein te vinnig, kla Nomsa. Wat is dit van ophou bestaan?

      Ek sein mooi stadig vir haar.

      Oe-ee, dis heavy, sein sy terug en sug dramaties. Toe lig sy haar kop en staar die verte in. This is the moment to fulfil our destiny. Sy lig haar arm en wys na waar die stormwolke nou al hoe vinniger naderkom. Ons ancestors het dit in die wolke geskryf: all for one, and one for all; united we stand, divided we fall!

      Ek dink nie ons ancestors het die Musketeers geken nie, Nomsa, sein Leonardo terug. En as julle nie nou ondertoe gaan nie, gaan julle beslis nie united bly staan nie – die wind gaan julle binnekort van julle voete af waai.

      Ons struggle teen die wind in tot by die valdeur en klim met die leer af. Die passasiers lyk nie juis lus om vir ons ’n welcoming party te hou toe ons onder kom nie. Terwyl ons deur die vertrek loop, draai die koppe in ons rigting. ’n Vrou gee ons ’n vuil kyk voor sy aspris haar rug op ons draai.

      “Wat’s hulle case?” fluister Nomsa. “Vanoggend was hulle vriendelik en nou kyk hulle gate deur ons.”

      “Die mense neem julle kwalik,” sê iemand agter ons. Ons draai om. Dit is Jean, my oer-oupagrootjie. “Een van die matrose wat dissentrie gehad het, is oorlede kort nadat julle aan boord gekom het.”

      Shame, hy lyk self maar sleg. Sweetdruppels glinster op sy gesig en sy oë is groot en angstig.

      “Intussen het daar van die ander passasiers ook dissentrie gekry – waaronder die twee jongste Taillefert-kinders. En my vrou …” Hy bly stil en vee met sy voorarm oor sy voorkop. “Ek het nie meer raad nie. Haar toestand bly versleg.” Jean kyk weg. “Ek dink nie sy en die baba gaan oorleef nie.”

      Ek sit my hand op sy arm. “Dalk kan ek help.”

      Jean skud sy kop. “Ek is ’n geneesheer en ék kan nie meer help nie.”

      Dan vlieg die die valdeur oop en Tara val omtrent teen die trappe af. Ek en Nomsa draf tot waar sy in ’n hopie aan die voet van die trappe neergesak het.

      “Jy lyk terrible, girlfriend,” sê Nomsa. “Ek hoop nie jy het ook daai dissentrie-siekte nie?”

      Tara skud haar kop bewerig. Haar gesig het ’n groen skynsel en sweet blink op haar voorkop. “I’m seasick … terribly nauseous.”

      Shame, Tara was nog nooit goed met reis as dit by vliegtuie en skepe kom nie. Ek sit my hande op haar skouers. Koue rillings gly deur my lyf. Ek kry hoendervleis en elke haartjie op my arms gaan staan regop. “Beter?” vra ek toe die laaste rilling langs my ruggraat af gegly het.

      Tara glimlag effens. “You Healed me. Thanks.”

      Nomsa help haar regop. “Kom lê bietjie. Jy lyk vir my nog maar baie soos ’n spook op ’n hunger strike.”

      Terwyl ek en Nomsa langs Tara op ons bed sit, stoot die huil in my keel op. Jis, ek wil nie hier wees nie. Ek wil net Kali-die-gewone-skoolmeisie wees. Veilig in my kamer terwyl ek op die internet surf, in plaas daarvan om iewers langs die kus van Afrika in die freaking stormsee …

      ’n Vreeslike slag onderbreek my gedagtes. Die skip kraak asof dit besig is om middeldeur te breek. Die vertrek draai skeef en alles wat nie vasgespyker of -gepak is nie, skuif teen die afdraande af. Een van die kinders rol by my verby en ek keer betyds voor sy kop die muur tref. Die seuntjie klou huilend aan my vas.

      “Dis oukei, moenie bang wees nie,” fluister ek teen sy traannat wang.

      Oukei. Régtig? Ons is terug in die sewentiende eeu op ’n seilskip wat besig is om uitmekaar te breek, met ’n helse storm daar buite en die Ander wat most probably oor ’n paar uur vir ons gaan kom kuier as die freaking Poort oopgaan.

      Oukei? Nee, beslis nie.

      6

      Vir die volgende ruk heers daar totale chaos om ons. Kinders huil, vroue gil en die mans skree vir mekaar terwyl hulle die los goed probeer vaspak.

      Tussen dit alles deur, sien ek haar meteens voor my staan. Madeline. My oer-oumagrootjie se oë blink van die koors en haar wange gloei soos twee kole vuur. Sy kyk smekend na my. “Sauvez-nous.” Red ons.

      Ek lig my hande, maar sy verdwyn voor ek aan haar kan raak. Ek laat sak my arms.

      “Kali?” Tara sit regop en steek haar hand uit na myne.

      “What’s wrong?” vra Nomsa en vat my ander hand.

      Hulle hande is warm in myne. Ek kyk af. In die skemer is die ligstrepie duidelik sigbaar. Dit loop van ons hande af teen ons arms op, oor ons koppe en weer aan die ander kant af. Die lig wat ons saambind.

      “Dis die antwoord,” sê ek sag.

      Nomsa frons. “Die antwoord vir wat?”

      Ek swaai om. “Kom, ek weet nou wat om te doen,” roep ek oor my skouer.

      “Hell’s bells, Kali, jy weet mos jy moenie try om haar te Heel nie,” sê Nomsa toe ons by Madeline se bed kom.

      Haar man is langs haar gehurk om te keer dat sy nie van die skommelende bed afrol nie. “Wat is dit?” vra hy verward toe hy ons sien.

      “Staan

Скачать книгу