Eindspel. Wilna Adriaanse

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Eindspel - Wilna Adriaanse страница 12

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Eindspel - Wilna Adriaanse

Скачать книгу

hande in die lug. “My fok! Was dit ek wat jou seergemaak het? Het ek ooit jou lewe in gevaar gestel? Ek het jou die hele tyd op hoogte gehou. Waarom wys jy nie daai vinger na jou vriend Malherbe of Barnard nie?”

      Ellie wil hom vra wat van die aand op die pad by Rietvlei, en of hy ooit oor Reggie se aandeel getuig het, maar sy het nie lus om daardie koeie uit te grawe nie.

      “Albert …” Sy haal diep asem. “Ek weet nie waarom ons hieroor praat nie. Dis dinge wat verby is. Ek is jammer dit het nie verloop soos ons gehoop het nie, maar dis maar soos dit gaan. Ons albei weet dit. Dis deel van die job.” Sy draai na hom toe. “Wie was dit wat my kom soek het?”

      “Twee jong ouens wat vir Williams werk.”

      “Jy het vir Williams vertel waar ek is! Waarom het jy nie self gekom nie?”

      “Ek word op die oomblik so toegegooi met werk, ek kan my nie draai nie. Jy het nie ’n idee hoe dit by ons gaan nie. Die donnerse Ahmed dink ek is ’n kind. Ek kan omtrent nie nies voor ek vir hom toestemming gevra het nie en ás ek dit waag om te nies, moet ek vir hom na die tyd omtrent ’n verslag in triplikaat daaroor invul.” Hy sit vorentoe. Rus met sy arms op sy bene. “Ek het die laaste paar maande al ’n paar keer gedink ek vat sommer my goed en fokof. Ek het my gat afgewerk om Williams en sy mense se vertroue te wen. Daai skorsing, al was dit net vir ’n maand, het skade aangerig. Ek het hulle amper verloor. Toe Williams my bel, het ek nie gedink dit sal skade doen as ek probeer uitvind waar hulle jou kan kry nie. Hulle is redelik desperaat.”

      Ellie kyk na sy rug en moet haarself keer om nie aan hom te raak nie. Hy is nie ’n slegte mens nie – net soms so verdwaal in sy komplekse geaardheid. Die verkleurmannetjie met ’n groot verskeidenheid skakerings. Sy wonder of hy nog self aldag weet wie en wat hy regtig is.

      “Waarom dink Williams ek weet iets?”

      “Clara het jou blykbaar die laaste tyd vreeslik gesoek.”

      Die woorde tref Ellie êrens onder haar ribbes. Daar waar dit al lankal seer is. Sy sien weer Clara se gesig voor haar. ’n Jong meisie met baie probleme.

      “Ek weet nie waar Clara is nie. Ek gee ook nie om wie dit glo of nie glo nie.”

      Hy sit weer regop. “Wil jy nie net ’n draai by Williams maak nie? Self vir hom gaan sê jy weet nie waar sy is nie.”

      “Waarom sal ek dit wil doen?” Ellie kan nie glo hy vra dit van haar nie. Toe hy nie antwoord nie, sê sy: “Dit gaan oor jou. Jy sukkel met Williams en nou wil jy my gebruik om die pad weer vir jou daarheen te plavei.”

      Albert gooi sy hande in die lug. “Fok, babes, dink jy dis vir my maklik om vir jou ’n guns te vra? Dink jy as daar ’n ander manier was, sou ek dit nie liewer gedoen het nie?”

      “Was jy by Clara se verdwyning betrokke?”

      “Hoe dom dink jy is ek?” Hy skud sy kop. “Daar was ’n tyd toe jy gedink het ek weet wat ek doen. Jy het my vertrou. Ek is nou nog nie presies seker wat verkeerd geloop het dat ek nou skielik vir niks meer goed is nie. Gee my net ’n bleddie kans.” Hy neem haar hand. “Ons het geweet daar is risiko’s aan verbonde. Waarom straf jy my alleen? Waarom nie vir Barnard of Zondi of enige van die ander wat geweet het wat aangaan nie?”

      Sy trek haar hand uit syne en staan op. “Ek straf jou nie. Ek is net besig om met my lewe aan te gaan en hopelik ’n paar goed te verwerk.”

      “Moenie loop nie. Kan ons nie net ’n paar minute soos gewone mense met mekaar gesels nie?”

      “Waaroor wil jy gesels?” Sy bly staan.

      “Hoe gaan dit met jou?”

      “Dit gaan goed.”

      Hy skud sy kop toe sy nie verder uitbrei nie en staan stadig op. “Jy het my destyds verseker jy weet waarvoor jy jou inlaat en nou speel jy die slagofferkaart met my. Ek dink dis baie onregverdig en as jy mooi daaroor gaan dink, sal jy saamstem.”

      Ellie kyk na die aantreklike man voor haar. Haar pa het altyd gesê die grense is vir hom te vaag en dis gevaarlik. En dat hy nie van kritiek hou nie, en dis nog gevaarliker. Iemand wat dink hy is altyd reg, leer nooit uit sy foute nie.

      “Ek moet gaan. Pas jouself op.”

      “Mac …”

      Sy kyk nie om nie. Sy woorde lê soos klippies in haar skoene. Het hy dalk ’n punt beet? Hou sy op die oomblik haar lyf slagoffer, terwyl sy presies geweet het waarvoor sy haar inlaat? Sy het nog nooit van ’n slagoffermentaliteit gehou nie.

      Hoofstuk 6

      Ken Visser se kantoor is in die Victoria en Alfred Waterfront. Die logo op die voordeur is die letters VE en dit vorm ’n krullerige eenheid. Visser Enterprises. Nick het nog altyd gedink dis ’n verbeeldinglose naam. Ken is in Zimbabwe gebore en sy pa woon steeds daar. Daar was al gerugte dat hy noue bande met die Zimbabwiese regering het, en Nick weet daar was beslis al ’n hele paar transaksies met hooggeplaaste Suid-Afrikaanse regeringsamptenare. Die Vissers se oorspronklike besigheid was die in- en uitvoer van wild, maar dis lankal nie meer so eenvoudig nie.

      Die ontvangsdame sê Ken is in ’n vergadering en wil nie gesteur word nie. Nick knik, maar stap verby haar en klop aan die deur waarop Ken se naam staan.

      Die meisie spring op en stap haastig nader asof sy hom sal kan keer om in te gaan. Toe daar nie antwoord kom nie, draai Nick die knop en stap in. Ken Visser sit agter sy lessenaar en oorkant hom sit twee vreemde mans. Êrens in Nick se agterkop sê ’n stemmetjie hy het al die een gesien.

      Ken lyk verbaas. Dan sit hy agteroor in sy stoel. “Dis ’n verrassing, maar ek het ongelukkig nie nou tyd om te kuier nie. Maak ’n afspraak en dan kan ons gesels.”

      Nick bly staan egter en na ’n oomblik kyk Ken na die ander twee.

      “Gentlemen, would you please excuse us for a moment, and I apologise for the bad manners.”

      Hulle stap uit en Nick gaan sit oorkant Ken.

      “Jy kan bly wees ek is vandag in ’n goeie bui. Niemand loop in my kantoor in nie.”

      “Ek is op soek na Enzio. Weet jy waar hy is?”

      Ken skud sy kop. “Nee. Waarom soek jy hom by my?”

      “Dis belangrik dat ek met hom praat.”

      “Waarom weet jy nie waar hy is nie? Is dit nie jou job nie?”

      “Wanneer laas het jy hom gesien?” kom Nick met ’n teenvraag.

      “Ek weet nie. Woensdag of Donderdag, of dalk Saterdagaand by die klub. Dis nie belangrik genoeg om te onthou nie.”

      “En wanneer laas het jy met hom gepraat?”

      “Is jy doof of net stadig – hoeveel keer moet ek sê ek onthou nie?”

      “Kan jy onthou waaroor julle gepraat het?”

      Ken sit agteroor, vou sy arms en glimlag. “Seker ditjies en datjies.”

      “Ek kry hom sedert gisteraand nie in die hande nie.

Скачать книгу