Ettie Bierman Keur 12. Ettie Bierman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ettie Bierman Keur 12 - Ettie Bierman страница 6

Ettie Bierman Keur 12 - Ettie Bierman

Скачать книгу

het. Sy het reeds die pen opgetel om dit na 54 kg te verander, maar besluit dan daarteen. Wat haar van Wewenaar beïndruk het, was sy eerlikheid. Sy skuld dit aan hom om ook van háár kant heeltemal eerlik te wees. Of so te sê eerlik …

      “Nog niks weer van Heinz verneem nie?” vra Elma Visagie ’n paar dae later by die skool.

      Mynie skud haar kop. “Nee, en ek sal ook nie. Heinz is verlig om van my ontslae te wees.”

      “Ek wonder of jy nie bietjie oorhaastig was nie, Mynie. Jy het hom nie kans gegee om te verduidelik nie. Jy sê hy is baie kwaad daar weg?”

      “Ja, woedend.”

      “As hy afgekoel het, kom hy dalk na jou toe terug.”

      “Dis al amper twee weke. Kan ’n mens veertien dae lank op kookpunt bly? En hoe kan jy sê ek was oorhaastig? Jý, wat hom self in die arms van daardie witkop gesien het …? Ek was bereid om na rede te luister, Elma. Om die waarheid te sê, in ’n stadium het ek selfs gedink jy kon jou dalk misgis het. Heinz het egter self erken dat hy saam met die meisie uit was. Drie keer nogal … met die verskoning dat hy boedels en testamente aan haar verduidelik het. Dis bietjie te veel om te sluk. Ek weet hy het vir my gejok. Kastig ’n ingeskrewe prokureursklerk by hulle firma wat BProc loop. Waar het jy al van beeldskone blondines gehoor wat in studie belangstel? Al wat húlle op die brein het, is mans.”

      “Dink jy die blondine werk straks op die lughawe?”

      “Dis moontlik. Ek glo niks meer wat Heinz my probeer wysmaak het nie. Ek vermoed dat hy my opsetlik onder ’n vals indruk gebring het. Jy sê sy was nie in uniform nie?”

      “Nee, in ’n broekpak.”

      “Dit bewys niks nie. Baie reisagente dra nie uniforms nie. Of het sy dalk tasse by haar gehad?”

      “Jammer, Mynie, ek het nie opgelet nie. My tant Dollie is baie eksentriek. Dis altyd ’n deurmekaarspul as sy op ’n vlug vertrek. Soos gewoonlik was sy weer laat. Ons moes gou speel om haar bagasie betyds in te weeg en haar instapkaartjie te kry.”

      Elma is ’n rukkie stil terwyl sy met ’n stapel taalwerkskrifte worstel. Toe die laaste oefening klaar nagesien is, tik sy nadenkend met die rooi pen teen haar tande.

      “Tant Dollie kom Sondag van die Kaap af terug. Ons gaan haar op die lughawe haal. Het jy lus om saam te ry, Mynie?”

      “Asseblief,” antwoord Mynie dadelik.

      Elma kyk op haar horlosie, sien dat daar nog tien minute van haar vry periode oor is, sug en trek ’n volgende stapel skrifte nader. Dan glimlag sy tergend vir Mynie.

      “Ek weet wat jy brand om te vra, my vriendin.”

      “Wat?”

      “Of ek die blondine sal herken as ek haar weer sien. Die antwoord is ja. Is dit waarom jy wil saamgaan lughawe toe? Om te gaan kyk of jy dalk die opposisie te siene kan kry?”

      Mynie lyk verleë. Sy knik, voeg dan by: “Sy is nie meer die opposisieparty nie, Elma. Heinz was wel ’n betwiste setel, maar die een kandidaat het uitgeval en nou is daar ’n ander regerende party in die kiesafdeling.”

      “Het jy hom nog lief, Mynie?”

      Mynie tuur deur die personeelkamer se venster.

      “Ek weet nie. Toe ek Heinz ontmoet het, het hy my voete onder my uitgeslaan. Ek het geglo hy is die mees fantastiese man op aarde. Die mooiste, slimste, wonderlikste ou wat bestaan. Of dit ware liefde was – die gevoel wat ’n vrou vir haar man moet hê – weet ek nou nog steeds nie. Heinz wou dat ons in Desember trou, maar ek het bly twyfel. En nou – noudat my vertroue in hom geskok is – weet ek nie meer nie. Waaraan kan mens jou gevoel vir ’n ou meet?”

      “Ja, dis jammer daar bestaan nie ’n instrument soos ’n termometer om liefdeskoors mee te meet nie, nè? Ek dink jy het hom lief, Mynie. Hoekom anders was jy so gegrief om van Annette uit te vind?”

      “Moontlik is jy reg. Maar aan die ander kant, as dit ware en opregte liefde is wat ek vir Heinz gevoel het, sou ek nie bereid gewees het om hom te vergewe nie? Sou ek hom nie kans gegun het om te verduidelik nie?”

      Daarop het Elma Visagie egter ook nie ’n antwoord nie. Sy haal haar skouers op. “Dalk ontmoet jy binnekort ’n ander ou, dan sê jou hart vir jou: ‘Maryna, hierdie een is die ware Jakob. Die gevoel wat jy vir Heinz du Preez gehad het, was niks meer as kalwerliefde nie.’”

      Mynie wonder: Dalk Wewenaar? Gaan sý naam dalk Jakob wees? Hy het seker reeds haar brief ontvang. Is daar dalk al ’n antwoord op pad?

      “Kalwerliefde?” Mynie glimlag. “Op drie en twintigjarige ouderdom?”

      “Goed, heldeverering dan. Niemand kan stry dat Heinz ’n oulike ou is nie. Jy het self erken dat hy jou asem weggeslaan het die eerste keer toe jy hom ontmoet het. Dis maklik om heldeverering, jammerte, vriendskap of kameraadskap met liefde te verwar. Ou Cupido kom in vele gedaantes. Maar die dag as hy sy pyl deur jou hart skiet, herken jy dit dadelik. Dan twyfel jy nie meer nie.”

      “Dus, as ’n mens twyfel, is dit nie ware liefde nie?”

      Elma is verlig toe die klok lui om ’n einde aan die gesprek te maak. Sy het nie antwoorde op al Mynie se vrae nie. Sy weet nie watter raad om te gee nie en soms was sy al spyt dat sy Mynie van die soenery op die lughawe vertel het. Moes sy nie liewer stilgebly het en die verhouding tussen Mynie en Heinz sy eie gang laat gaan het nie?

      “Watter sadistiese klein monstertjies het jy nou?”

      “Die dierbare klein 7F’s,” sug Mynie.

      Elma lyk simpatiek. “Sterkte. Onthou van ons afspraak Sondag.”

      “Dis te belangrik om te vergeet. Hoe laat kom jou tante se vlug aan?”

      “Sewe-uur. As jy wil, kan ons vroeër uitry lughawe toe, dan skiet ek jou vir koffie.”

      “Dankie. Jy sal egter verstaan as ek in die omstandighede tee sal verkies?”

      3

      Op die lughawe is daar ’n malende mensemassa. Daar is hordes blondines, dosyne van hulle. Almal ewe eksoties en beeldskoon, maar nie een van hulle Annette Basson nie. Al bekende op die lughawe is tant Dollie Visagie, hoogs ontsteld en erg ontstoke.

      “My … my geld is weg,” stamel die ou dame toe sy by Elma en haar ouers kom. “Ek het daardie antieke stinkhoutkas in die Kaap vir vyfduisend rand verkoop. En netnou, toe ek die kruier ’n fooitjie wou gee, sien ek my geld is … gesteel. Kyk … !” As bewys hou sy haar beursie uit. Binne-in is geen geld nie, slegs ’n paar stukkies opgevoude koerantpapier.

      “Wanneer laas het jy gekyk of die geld nog daar is, Ousus?” wil meneer Visagie weet.

      “Tien minute gelede, toe daardie gawe jong man my tas van die vervoerband afgehaal het. Toe was my beursie met die geld nog daarin.”

      Almal is ’n paar oomblikke sprakeloos terwyl hulle na die leë beursie en koerantpapier staar. Dan vra Elma se pa skerp: “Watter gawe jong man?”

      “Die een wat agter my by die vervoerband

Скачать книгу