Die Poort 4: Krygers. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Poort 4: Krygers - Nelia Engelbrecht страница 4

Die Poort 4: Krygers - Nelia Engelbrecht Die Poort

Скачать книгу

en modder begrawe is.”

      Tara staan op. “We can’t postpone it any longer. Ons moet gaan kyk of die hotel nog staan.”

      “Terug na daai gogga-infested modder?” Nomsa vou haar arms voor haar en skud haar kop. “No bloody ways!”

      “Wag julle hier,” sê Leonardo terwyl hy regop kom. “Dis my probleem. Ek sal gaan kyk en my oupa face as dit moet.”

      “Nee,” sê ek, druk my nat hare agter my ore in en staan ook op. “Ons is saam in die gemors. Ons moet dit saam gaan uitsort.”

      Uitsort. Régtig? Jis, Dapper Kali laat dit so maklik klink.

      “It’s getting dark,” sê Tara terwyl sy na Nomsa kyk. “Jy kan nie alleen hier bly nie.”

      “Not to worry,” sê Leonardo. “Die spoke van Poveglia sal haar geselskap hou.”

      Duisende mense wat in die Middeleeue aan builepes dood is, se lyke is hier op die eiland in putte gegooi. En later was daar boonop ’n inrigting vir sielsiekes op die eiland.

      “H’m,” praat Leonardo verder, “hulle sê veral daai mal dude wat uit die kloktoring gespring het, dwaal snags hier by die brug rond.”

      Nomsa kyk vinnig oor haar skouer. “Maybe moet ek saamgaan. Dit is mos after all een vir almal en almal vir een – daai Musketier-ding, julle weet?”

      Leonardo glimlag skeef en hou sy hand uit na haar. “Jip, nes jy daar sê, Porthos.”

      “Porthos? Hoekom kan ek nie Aramis wees nie? Hy’s baie sexier,” sê sy en vat sy hand. “En by the way, jou GPS beter reg werk, want as ons weer in daai modder beland, vergewe ek jou nooit nie, hoor jy?”

      Gelukkig, toe die Portaal se mis begin verdwyn, is daar nie ’n teken van modder agter die hotel nie.

      “So far, so good,” sê Leonardo, terwyl ons om die hotel tot aan die voorkant loop.

      Daar steek ons almal vas. Die stuk grond waarop ons geoefen het, is weg. Die kaai waar die bote voor die hotel vasgemeer het, ook. Die nice tuin ook.

      Maybe moet ek dit so stel: Leonardo se oupa het nou sy eie private beach reg voor die hoteldeur. Net jammer dis bietjie modderig.

      5

      My kop jeuk. Mens sal nie sê ek het my hare gisteraand omtrent vyf keer gewas om die laaste modder uit te kry nie.

      Ons is vanoggend net ná ontbyt Raadsaal toe georder waar ons vir die uitvoerende komitee van die Internasionale Raad van Bewakers oor gister se “ongelukkige voorvalle” – soos hulle dit noem – moes please explain.

      Ek krap my agterkop en skuif op die wit stoel rond. Jis, hoe lank moet ons nog wag? Hulle sit al amper ’n uur daar voor op die verhoog en praat.

      “I want to go home,” fluister Nomsa met ’n klein stemmetjie langs my.

      Ek kyk na haar. ’n Traan het onder haar wit masker uitgerol en blink op haar wang.

      Moenie worry nie, ons ma’s en pa’s sal sorg dat niks slegs met ons gebeur nie, sein ek vir haar.

      En as dié spul ons baie grief gee, Reis ons terug Bospoort toe, voeg Leonardo by.

      It won’t work. Our parents were told to send us right back if we tried that, sein Tara.

      Dis ongelukkig waar. Oom Giovanni was glad nie beïndruk met die landscaping wat ons vir hom gedoen het nie. As die Amerikaanse tweeling se ma, tannie Awenasa, nie gekeer het nie, het hy ons almal in sy donker tonnel in gestuur en die hele nag daar laat bly.

      Ek ril. La notte oscura – die donker nag. Oom Giovanni het dit al met my gedoen toe ek hom afgepiss het. Dit voel of jy in ’n bodemlose swart gat ingesuig word – baie scary. Mind you, hierdie Raadsaal is amper net so grillerig. Die rye sitplekke loop in ’n halfmaan op boontoe, amper soos ’n amfiteater. Die enigste ligte in die plek is die silwer, goue en pers ligte wat al langs die reusevertrek se mure in pilare op en af beweeg om te wys of die Poorte oral op die aarde oukei is.

      Why is that Russian guy staring at us like that? sein Tara.

      Die grootste van die Swartmantels, Dimitri Bulakov, kyk fronsend na ons terwyl hy aan sy doringbos van ’n baard trek. Nomsa was reg: sy’t gesê hy lyk nogal soos Hagrid in die Harry Potter movies. Op die oomblik lyk hy na ’n erg befoeterde Hagrid. Die twee Swartmantels aan weerskante van hom, Velasco Alva-something van Peru, en Takunda-watsenaam van Zimbabwe, lyk ewe suur. Dis net tannie Awenasa wat nie lyk of sy ons vir altyd na ’n ander galaxy toe wil verban nie.

      Jisterday, as ek net tot in hulle koppe kon zoom om uit te vind wat hulle dink, maar nee, hulle het van die begin af seker gemaak daar is ’n yslike muur tussen ons en hulle gedagtes.

      Toe oom Giovanni, die voorsitter van die Raad, opstaan, lyk dit of die rooi kleur van sy mantel soos dik vloeistof beweeg. Amper soos half-gestolde jellie. Of bloed. Ek ril en ’n ry onsigbare miere march teen my rug af.

      “Nuwelinge,” dreun oom Giovanni se stem, “ons het julle situasie deeglik bespreek en tot die gevolgtrekking gekom dat julle tekort aan Beheer oor die ongewone Kragte en Magte wat julle het, ’n gevaar vir julleself en vir ander inhou. Ons het gehoop dat julle sonder hulp julle Kragte en Magte hier op Poveglia kan verken en ontwikkel, maar julle het bewys dat julle streng toesig nodig het.”

      Streng toesig. Régtig? Hoekom klink dit vir my so tronkerig?

      I have a bad feeling about this, sein Tara.

      “Daarom,” praat oom Giovanni verder, “het ons besluit dat julle die res van julle skoolvakansie in Dublin sal deurbring, waar Séamus O’Flannagan sal seker maak dat julle …”

      Oom Giovanni bly stil toe Tara opspring.

      “No! I refuse!” roep sy uit.

      Nou kyk, as ’n mens klaar in die dog box is, is dit maybe nie baie slim om op die voorsitter van die Internasionale Raad van Bewakers te skree nie. Sjoes, Tara! sein ek en pluk aan haar wit mantel.

      “Los my, Kali! I’m not going to …”

      Haar woorde vries op haar lippe en haar oë rek. “No, please …”

      Die oomblik toe sy begin kerm, ruik ek die nat klipmure van die tonnel. La notte oscura.

      “Hou op!” skree Leonardo en spring ook op.

      “Giovanni!” roep tannie Awenasa uit, maar dit lyk nie of oom Giovanni haar hoor nie. Sy swart oë staar stip na Tara.

      Jis, waarom hou hy nie op nie?

      “Kali, do something!” roep Nomsa uit.

      Dit begin soos fyn speldeprikkies op die krop van my maag. Ek probeer dit keer, maar dit groei saam met die woede in my. Hel, dis SO unfair. Hulle het gesê ons moet ons Magte en Kragte oefen. Kan ons nou help as dit gebackfire het?

      Die speldeprikkies word skerppunt ligsplinters wat deur my lyf swiep en by elke sweetgaatjie uitbars. Die wit lig pyl reg op oom Giovanni af. Hy steier agteruit

Скачать книгу