Die Poort 4: Krygers. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Poort 4: Krygers - Nelia Engelbrecht страница 5

Die Poort 4: Krygers - Nelia Engelbrecht Die Poort

Скачать книгу

      Dan kom tannie Awenasa regop. “Dit was Chikawa, die arend.”

      Nee, hel, iewers het ek die plot verloor. Waarvan praat sy? sein ek vir Leonardo.

      Shit weet, maar goeie werk, Kali; jy’t my oupa bietjie van sy eie medisyne gegee, sein Leonardo terug.

      Yes, thanks, Kali, sein Tara wat intussen op haar stoel neergesak het.

      “Hoekom kyk hulle so vir ons?” fluister Nomsa benoud langs my.

      “Ek weet nie …” Dan drop die een helfte van die pennie. Chikawa is my totemdier – iets soos ’n power animal. ’n Paar dae gelede het tannie Awenasa my na ’n plek gevat waar ek my totemitems gekry het en toe het Chikawa, die arend, uit die vuur voor ons opgevlieg.

      “Wonderlik, Kali!” roep tannie Awenasa uit. “Jy het dit reggekry om die krag van jou totemdier in te span.”

      Nee, jis, die ander helfte van die pennie wil nog steeds nie drop nie. Waar pas Chikawa in die plot in?

      “Terwyl jy jou Kragte gebruik het, het Chikawa vir ’n oomblik agter jou verskyn,” sê tannie Awenasa.

      Wow, sy’t sowaar my gedagtes gelees. Ek kyk vinnig oor my skouer, maar sien net wit stoele in die skemer agter ons.

      “Ongelooflik!” roep die ou van Peru uit. Die man van Zimbabwe glimlag en knik sy kop.

      Selfs die Russiese Hagrid lyk taamlik impressed. Net jammer oom Giovanni lyk of hy enige oomblik ’n aar gaan bars.

      Shitters, sy pers gesig sê ek is in baie diep dinges.

      6

      “Wow, dis absoluut incredible, Kali!”

      Vir ’n oomblik weet ek nie watter een van die sexy Native American tweeling dit is wat met bewondering na my staar nie. Totdat Adriana onder sy arm inskuif. Right, dan moet dit Caleb wees.

      “Dis gewoonlik net sjamane wat hulle power animals so kan manifest,” praat Caleb verder. “En veral Chikawa verskyn nie sommer waar ander mense by is nie.”

      “Net jammer ek het hom nie eens gesien OF gesense nie.” Ek vat ’n sluk koeldrank voor ek die glas weer op die tuintafeltjie se marmerblad neersit. Omdat ons op die oomblik nie eintlik die grootmense se favourites is nie, het ons klomp ná middagete in die tuin agter die hotel kom sit en chat.

      “My ma sê Chikawa het nes ’n regte arend gelyk,” sê Jason, die ander helfte van die tweeling. “Hy was of course net baie groter en dit het gelyk of daar ’n goue lig uit hom straal.”

      “This is totally unfair,” sê Nomsa terwyl sy haar bene kruis en haar een voet op en af wip. “Kali kry al die nice Magte en Kragte soos om goed aan die brand te kyk en goue arende te manifest en al wat ek kan doen, is om Mitigons te verstaan en grond rond te skuif.” Haar voet word stil. “Ugh. Weet julle hoeveel bakterieë en fungi is daar in grond? Dit kan mens honderde siektes gee. Goed soos klem-in-die-kaak. Mind you, my kakebeen voel juis so stywerig.” Sy maak haar mond oop en wikkel haar kakebeen heen en weer.

      “H’m, ek kan sien dit is besig om te gebeur,” sê Leonardo fronsend.

      Nomsa se oë rek. “Wat?”

      “Jy’s besig om Vistridium tetani te kry. Shame, hulle sê die victims se monde hang so oop en hulle lyk nes visse wat op droë grond probeer asemhaal.”

      Jeez, maar jy kan nonsens praat, sein ek vir Leonardo. “Relax, Nomsa, hy smokkel met jou kop.”

      Dit lyk nie of Nomsa my hoor nie, want sy wikkel nog steeds haar kakebeen heen en weer. “Oee-ee, dis waar, ek het daai vis-siekte, ek kan dit voel. My kakebeen word al hoe stywer,” sê sy. “Julle moet 911 bel. Hulle moet ’n helikopter of iets stuur om my hospitaal toe te vat.”

      Langs Nomsa kyk Jason fronsend na Leonardo. “Joke jy, of is jy serious?”

      “Of course is dit ’n grap,” chip Adriana in. “Nomsa, jy makeer niks nie. Jy weet mos al my neef is famous vir sy liegstories.”

      “Dis omdat ek omring word deur easy targets,” sê Leonardo en strek sy lang bene voor hom uit. “Of wat sê ek, my African queen?”

      “Sies, mens spot nie met siekte nie,” brom Nomsa, maar haar kieste blaas darem af toe Jason haar hand vat en vir haar glimlag.

      Vir ’n oomblik flits daar selfs oor Tara se bewolkte gesig ’n skewe glimlag.

      Dis beter, sein Leonardo vir haar. Ons Irish beauty kan darem nog glimlag.

      Tara vou haar arms voor haar. When you meet Séamus O’Flannagan’s spoilt brat tomorrow, you won’t feel like smiling any more.

      Vandat oom Giovanni-hulle vanoggend besluit het ons moet môreoggend Dublin toe vlieg, het Tara nog nie veel gepraat nie. Van die bietjie inligting wat ons uit haar kon kry, is dat die O’Flannagans in ’n kasteel bly en dat oom Séamus jare gelede geskei is.

      Verder het sy net woorde soos “deceitful skunk” en “spineless pretender” gebruik om Patrick O’Flannagan mee te beskryf. Hoe presies die ou haar afgepiss het, wil sy nie sê nie, maar dat hy haar least favourite person op die planeet is, is obvious. Dis probably net die idee om weg te kom van oom Giovanni en sy la notte oscura wat maak dat sy nie meer haar poppe uit die cot gooi omdat ons Dublin toe moet gaan nie.

      Adriana koes onder Caleb se arm uit en staan op. “Ons moet seker gaan inpak. Met die afskeidsete wat my oupa vanaand vir ons gaan hou, gaan ons nie baie tyd kry daarvoor nie.”

      “Jip,” sê Leonardo, “want ná my liewe oupa se boring party gaan ons ons eie after-party in Venesië hou.”

      Vir ’n oomblik is almal tjoepstil.

      “Seriously, Leonardo?” sê Adriana toe. “Laas toe ons in Venesië gaan uiteet het, het die Ander ons aangeval en amper doodgemaak.”

      Ek trek my asem in. Die middag ruik skielik na warm staal en nog warmer bloed.

      “Dis juis hoekom. Ons gaan vir my pelle uit far-away Africa nicer memories gee om terug huis toe te vat.” Hy lig sy ken. “Daai idiot, Chanda-Mundia, gaan nie vir my sê wat ek mag doen en wat nie.”

      Chanda-Mundia. ’n Naarheid stoot in my keel op. Van al die Ander op die planeet Mitigon is hy ons grootste vyand.

      “Oupa gaan ons vermoor as hy van ons trippie moet uitvind,” sê Adriana fronsend.

      “Niemand gaan weet nie – ook nie Chanda-Mundia se cronies wat laaskeer geweet het ons gaan na Hotel Danieli toe nie.”

      Ek word yskoud. “Almal wat op Poveglia bly en werk, is Bewakers. Jy dink tog nie een van hulle is ’n spioen vir die Ander nie?”

      “Hoe anders het hulle van ons planne geweet?” Anyway, sein Leonardo verder vir my, as jou boyfriend en sy ma-hulle wat al hoe lank langs julle in Bospoort bly, nog al die tyd vir die Ander spy, is dit seker nie rocket science om hier ook ’n spy te plant nie?

      Net daar wip ek my sky high. Zak is nie een van die Ander

Скачать книгу