Die A tot Z van Klassieke Musiek. Koos Human

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die A tot Z van Klassieke Musiek - Koos Human страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Die A tot Z van Klassieke Musiek - Koos Human

Скачать книгу

(77 min) Ballet in twee bedrywe. Bedryf I. Giselle (’n boeremeisie) en Albrecht (’n edelman) is op mekaar verlief. Giselle is onbewus van Albrecht se stand. Albrecht se verloofde, prinses Bathilde, is in ’n jagparty en daag by Giselle se huis op. Hilarion, die boswagter, verlief op Giselle, verklap Albrecht se geheim. Giselle sterf in waansin. Bedryf II. By Giselle se graf kom Hilarion te staan voor die Wilis, die geeste van jong vroue wat gesterf het voor hulle kon trou. Hulle dwing hom om tot die dood te dans. Daarna kom Albrecht en dieselfde eis word aan hom gestel. Giselle se gees verskyn uit die graf en dans in sy plek wanneer hy uitgeput raak. Met dagbreek is die Wilis se mag gebreek, maar Giselle moet ook na haar graf terugkeer.

      Ad libitum Soos die uitvoerder wil, wat betref tempo, weglating van ’n deel, ens.

      Affetuoso Met gevoel.

      Agitato Opgewonde, nerveus.

      Agnus Dei Lam van God, onderdeel van die *Mis.

      Air Wysie, lied, aria, vokaal en instrumentaal.

      Akoestiek Geluidsleer. Ook die kenmerk van ’n konsertsaal, operahuis e.d.m. wat die reproduksie van klank betref.

      Akkoord ’n Aantal tone wat gelyk gespeel word.

      Akkordeon Musiekinstrument met klawers en ’n bas (knoppies) wat op die blaasbalkbeginsel berus. Soms word die klawers ook deur knoppies vervang.

      ALBÉNIZ, ISAAC (29 Mei 1860–16 Jun 1909) Spaanse komponis. Hy was ’n wonderkind wat as sewejarige toegang tot die Paryse Konservatorium geweier is omdat hy te jonk was. Later het hy, danksy hulp van die Spaanse koning, klavierlesse by Liszt geneem. Hy het self onderrig in Barcelona en Madrid gegee, maar later na Parys verhuis waar hy o.a. met Debussy bevriend geraak het. Sy bekendste werk is die klavierreeks Iberia, waarvan enkele dele georkestreer is.

      ALBINONI, TOMMASO (8 Jun 1671–17 Jan 1751) Venesiaanse komponis wat 48 operas gekomponeer het, maar vandag om sy instrumentale musiek bekend is. Die gewilde Adagio (7 min) vir orrel en strykers wat dikwels aan Albinoni toegeskryf word, is in 1958 deur Remo Giazotto gekomponeer, gegrond op ’n vermeende fragment van Albinoni.

      Allargando Geleidelik stadiger en harder.

      Allegretto Lig en opgewek, nie so vinnig as allegro nie.

      ALLEGRI, GREGORIO (1582–17 Feb 1652) Italiaanse komponis. Sy beroemdste werk is ’n negestemmige Miserere wat soos ’n kleinood in die Sixtynse kapel bewaar is en wat op straf van ekskommunikasie gekopieer sou word. Mozart as seun het dit gehoor en agterna uit herinnering neergeskryf.

      Allegro Vinnig.

      Allemande Duitse dans in tweeslagmaat en rustige tempo.

      Alt Die laagste vrouestem; ook ’n sleutel waar die C-noot op die derde streep van die notebalk verskyn.

      Altviool ’n Strykinstrument met vier snare in die vioolfamilie. Dit is iets groter as die viool met ’n register wat vyf tone laer lê as die viool, van C onder middel-C tot sowat drie oktawe hoër. Die instrument is ook effens groter as die viool. Vir tekening, sien Strykers.

      Amabile Liefdevol.

      Andante “Wandelend”; matige, rustige tempo.

      Andantino Verkleinwoord van andante; soms beteken dit stadiger, soms vinniger as andante.

      Anglaise Engels.

      Animato Skielik vinniger tempo.

      Anthem Ernstige, meestal gewyde Engelse koorwerk in die styl van ’n *motet of *kantate.

      Antifonaal Die styl van wisselsang tussen twee kore, hoofsaaklik in kerkmusiek.

      Appassionato Hartstogtelik, passievol.

      Arabesk Ligte, speelse komposisie. Ook geskryf Arabesque.

      ARENSKI, ANTON (12 Jul 1861–25 Feb 1906) Russiese komponis wat op 21 professor aan die Moskouse Konservatorium geword het. Hy is veral bekend om sy Klaviertrio in D min op 32.

      Aria Lang begeleide solostuk vir een stem in ’n opera, oratorium, passie, e.d.m., of ’n alleenstaande werk vir solostem met orkes (bv. Mozart se konsertarias) of ander begeleiding (bv. Handel se Deutsche Arien). Word ook t.o.v. instrumentale werk gebruik. Sien ook Air.

      Arietta Kort aria. Ook instrumentaal, bv. tema van die slotdeel van Beethoven se Klaviersonate op III.

      Arioso ’n Sangstuk wat ongeveer tussen die styl van die *resitatief en die *aria lê. Ook ’n kort, sangerige instrumentale werk.

      ARNE, MICHAEL (ong. 1740–14 Jan 1786) Engelse komponis. Seun van Thomas Arne, veral bekend om sy lied The lass with the delicate air.

      ARNE, THOMAS (12 Mrt 1710–5 Mrt 1778) Engelse komponis. Hy was een van die vooraanstaande komponiste van sy tyd en het talle operas, masques e.d.m. gekomponeer, asook bykomstige musiek tot dramas, o.m. sewe van Shakespeare. Die lied Rule Britannia kom uit een van sy masques.

      ARNOLD, MALCOLM (21 Okt 1921) Engelse komponis. Hy is ook ’n trompetspeler en het verskeie concerto’s vir blaasinstrumente geskryf.

      Arpeggio Die tone van ’n *akkoord word na mekaar gespeel, soos op ’n harp.

      Assai Baie.

      A tempo Op maat, gewoonlik ’n terugkeer tot die vaste tempo na ’n vinniger of stadiger passasie.

      Atonaliteit Die afwesigheid van ’n spesifieke toonaard, soos bv. C majeur, wat meebring dat die tone in ’n werk nie aan ’n sentrale toon gebonde is nie.

      Aubade Oggendlied; ’n komposisie (vokaal of instrumentaal) wat die oggend verheerlik.

      AUBER, DANIEL (29 Jan 1782–12 Mei 1871) Franse komponis wat ’n tyd lank in Engeland gewerk het. Sy bekendste opera was La muette de Portici (Die stom meisie van Portici) terwyl sommige van die ouvertures tot sy talle operas vandag nog gehoor word, o.m. Fra diavolo (Broer duiwel) en Le cheval de bronze (Die bronsperd).

      AURIC, GEORGES (15 Feb 1899–23 Jul 1983) Franse komponis. Hy het heelwat orkes-, instrumentale en vokale musiek geskryf. Sy bekendste komposisie is die wals vir die film Moulin rouge.

      Ave Maria Die begroeting van die engele aan Maria, waarvan die eerste woorde in Luk 1:28 verskyn. Getoonset deur talle komponiste. Die Latynse teks lui soos volg:

Ave Maria, gratia plena.Dominus tecum.Benedicta tu in mulieribuset benedictus fructus ventristui, Jesus.Sancta Maria, Mater Deiora pro nobis peccatoribusnunc et in hora mortis nostrae.Amen.Gegroet Maria, vol genade.Die Here is met u.Geseën is u onder die vroueen geseën is die vrug van uskoot, Jesus.Heilige Maria, Moeder van Godbid vir ons, sondaars,nou en in ons sterwensuur.Amen.

      Ave verum Motet van onbekende herkoms wat soms gesing word tydens die benediksie in die Rooms-Katolieke kerkdiens. Daar is toonsettings deur o.a. Mozart, Gounod en Elgar. Die Latynse teks lui soos volg:

Ave, verum corpusnatum de Maria virgine;vere passum,immolatum in cruce pro homine;cujus latus perforatumunda fluxit et sanguine.Esto nobis praegustatumin mortis examine.Gegroet, ware liggaamgebore uit die Maagd Maria;wat waarlik gely het,aan die kruis vir die mens geoffer is;wie se deurgesteekte sygevloei het met water en bloed.Wees met ons in wat U vooruit gesmaakhet,die beproewing van die dood.

      B

Скачать книгу