Krismis van Map Jacobs. Adam Small

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Krismis van Map Jacobs - Adam Small страница 5

Krismis van Map Jacobs - Adam Small

Скачать книгу

style="font-size:15px;">      Stilte.

      MAP: Sal Ma vir haar sê?

      Sy knik “ja”, maar is die ene ontsteltenis.

      MAP: Promise …

      Sy knik.

      MAP: Ek het nooit gewiet dit kan só wies nie. Die Here Jesus, Hy maak vir jou werklik vry! Apostel George, hy’t vir my gewys, die lig! Ma moet vir my glo, lat ek ’n kind van die Here Jesus geword het hierso … Ek wiet hulle sê ons ammal praat maar so ná so ’n lang tyd hierso binnekant, maar ’is nie waar nie, Ma, ’is nie waar nie!

      Geluide.

      MAP: ’Is in die kombuis, die skottelgoed. Dis net om die hoek, in die gang af …

      Stilte.

      MAP: Ek sweer alles sal nou regkom, Ma … Hulle moet my net ’n kans gee, daar buitekant … Die social worker, Miss Africa, sy’t moet my gepraat, sy meen hulle sál vir my ’n kans gee. Ek moet ’n werk kry, sy sê sy’s besig om vir my yt te vind, ek het gesê vir haar enige soorte werk, ’it maak nie saak wat nie … Dit maak nie saak nie … Ek wil net daai kans hê, om te wys … lat ek ’n annerste man is … Ma … Sê tog vir Blanchie wat ek sê …

      Sy knik. Stilte.

      MAP: Ma lyk goed. Hoe gaan ’it moet Oompie Paulsen-hulle? Die band practise seker al vir Krismis. Ek onthou … Dis regte mense daai, Oompie Paulsen-hulle. Oompie Paulsen en Kaffi’tjie Arries, en Boytjie Louw, ek onthou al hulle name even! Sê vir hulle sewe jaar is ’n lang tyd, maar ’is oek ’n kort tyd, ek onthou al hulle name even … en Danny Delcarme, en Bêrend Oliphant, en Freddy, wat is sy van nou weer … en Tommy Sobotker, Tommy moet sy goetertjies! … Kan Ma gló, ek kom ýt, op die sewende … O ja, Freddy la Vita …

      Sy knik.

      MAP: Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie, maar sê vir hom ek het ge-veranner, Ma … Hy hoef nie meer te worry oor my moet Blanchie nie … Sewe jare. Onthou Ma nog vir Uncle Cavernelis moet sy suitcase moet die soft goods (lag ’n bietjie), die overtime-werk om ekstra te verdien, geld, geld, geld … vir ’n plot grond en ’n huis in Grassy Park, of even in Belhar, weg van die township af … (Hy lag.)

      Antie Grootmeisie ontsteld.

      MAP: Ek het vir Uncle Cavernelis alles vergewe, sê vir hom … Hy’t later gedink ek is rubbish, ek wiet. Sê vir hom ek wás rubbish, Ma, maar ek is annerste! (Hy pleit.)

      Stilte.

      MAP: Maybe glo Ma oek nie vir my nie … Die Apostel van die Kerk, Apostel George, hy kom elke Sondag … Partykeers ook in die week in … lyster Ma? Die social worker, Miss Africa, sy sê ek moet ytpraat moet iemand, ek moet once an’ for all vir iemand wat ek kan trust, sê exactly wat gebeur het daai nag … Maar Miss Africa, sê ek, ek hét dit mos al, sewe jaar gelede, in die hof in ge-vertel, hoekom wéér? Moet ek nou weer … Ek kán nie, dis ou dinge, so hoekom … Maar Miss Africa sê, nee, dis ou dinge, maar destyds het jy dit vir ’n judge ge-vertel, Map Jacobs, so jy was ge-fórce om’t te vertel, en jy sal’t ook nie ge-vertel het as jy nie ge-force was deur die gereg nie! Maar jy sal nooit tot rus kom voordat jy dit vertel vir iemand wat jy werklik trust nie … Nee, sy’t nie gesê trust nie, maar iemand, sy’t gesê iemand wat jy werklik … well … liefhet, Ma …

      Stilte.

      MAP: Maar die social worker, sy praat … mos … dis mos nonsens, Ma. Hoe kán ek weer …

      Antie Grootmeisie kyk na hom.

      MAP: Maybe …

      Stilte.

      MAP: Ek weet nie, maybe … Maar ek wil nie wéér nie … Sy sê vir my, ek meen Miss Africa, die social worker, jy dink jy’s ge-bekeer, jy dink jy’s ge-change, Map Jacobs, en miskien, ek weet nie, miskien is jy – to tell the truth, ek dink jy is, maar lyster, jy sal nooit kan rus voorlat jy alles … ýtge-praat, en ge-vertel het vir iemand wat jy werklik liefhet nie … Sy bly aan karring aan my. Ma …

      Stilte.

      MAP: Maar Apostel George sê ook vir my, Miss Africa is reg …

      Weer geluide in die tronk.

      MAP: ’Is in die kombuis …

      Stilte.

      Map se oë reis.

      MAP: Die warder sê visiting tyd is verby, so … Ma moet seker weer gaan …

      Antie Grootmeisie knik.

      MAP: Sê tog vir Blanchie …

      Sy knik.

      MAP (roep): Okay, warder …

      Antie Grootmeisie het opgestaan om te gaan, maar bly kýk na Map, en wanneer sy omdraai, roep hy agter haar aan.

      MAP: Ma sal nie vergeet om vir Blanchie te sê nie … Ma!

      Stilte.

      MAP: Vir Blanchie! … (Hy skreeu dit agterna. Dan hartstogtelik, sy oë opgeslaan.) Blanchie … Ons het saam skoolgegaan, in die Elsiesrivier … Ek het … vir haar … liefgehad … Kan Ma nog onthou?

      Maar Antie Grootmeisie is reeds weg. Die lig verander, die tronkmure verdwyn.

      Vier

      In ’n terugflits, Map en Blanchie as tienderjarige seun en dogter, nog op skool. Blanchie op ’n afstand, kom nader. Map sit, miskien op ’n bankie in ’n speelpark. Blanchie het haar skooluniform aan.

      Hulle glimlag vir mekaar.

      MAP: Haai, Blanchie …

      BLANCHIE (skaam): Johnnie …

      MAP: Jy all right?

      BLANCHIE: Ja …

      MAP: Kom sit …

      BLANCHIE: Ek’s al laat al, Johnnie …

      MAP: Hoe mien jy laat?

      BLANCHIE: Daar was so baie mense in die winkel, man …

      MAP: O …

      BLANCHIE: Ek het cigarettes gaan koep, vir Antie Maud …

      MAP: O ja?

      Hulle sit nou, langs mekaar, skamerig.

      BLANCHIE: Aag, sy’s all right, al is sy my stiefma …

      MAP: Ja …

      BLANCHIE: Sy’s eintlik … baie all right moet my …

      MAP: Julle … kom aan …

      BLANCHIE: Mmmm …

      Stilte. Hulle sit net, skamerig. Dan wil Map Blanchie se hande vat en haar soen.

      BLANCHIE

Скачать книгу