Krismis van Map Jacobs. Adam Small

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Krismis van Map Jacobs - Adam Small страница 8

Krismis van Map Jacobs - Adam Small

Скачать книгу

in nie.” Hoë woorde. Hoë mense …

      CAVERNELIS (hulpeloos): ’Is nie dit nie, man. Kan ek help hoe ek praat?! Kan ek help dat ek van die Boland … van up-country af … kom?

      CYRIL: Up-country … ja … En nou’s mister Cavernelis al weer t’rug … (Geniepsig. Slaan op die tas wat agter op die fiets vasgemaak is.) Soft goods innie suit-casie? Ekstra verdienste? Soft goods … Petticoats en panties … (Hy en Richie lag.)

      RICHIE (probeer paai): Ou Cyril, man, kom, speel …

      TOMMY: Moenie na hom lyster nie, uncle Cavernelis. Hy praat somaar net.

      CYRIL: Rus jy dan nooit, ou dad?

      CAVERNELIS (probeer vreedsaam verduidelik): Ek werk hard.

      CYRIL: Overtime, en Sondae oek. (Dan baie geniepsig.) Mister Cavernelis en Blanchie … Ja-nee, ’is true – julle is baie hardwerkende mense! Julle kyk mos neer op onse mense hier, julle wil mos hierso van ons af weg! Okay, ’is te verstane!

      TOMMY: Hê, stop ’it nou regtig, man! Stop ’it nou!

      CAVERNELIS (hulpeloos, maar dreigend): Julle laat staan vir Blanchie!

      CYRIL: En hoekom nogal? ’Is mos die waarheid. Blanchie werk oek mos overtime, even Sondae oek! Net soes jy, ou dad … jy moet jou soft goods en Blanchie, well … Maar nou ja, geld is geld – it knows no colour, creed or race, soes daai whitey-vrinne van julle oek sê!

      Mister Cavernelis staan net daar met die fiets, sy lippe beweeg, maar hy sê niks.

      RICHIE: Dis colour-blind, ja.

      CAVERNELIS (met lippe wat bewe): Wat het julle teen Blanchie, hê? Wat het julle teen haar?

      TOMMY, wat moeilikheid sien kom, kom nader en staan tussen Cyril en Cavernelis.

      TOMMY: Ek sê, stop ’it nou, man!

      CYRIL (oor Tommy se kop): Nee, nie tien Blanchie nie, ou dad, nie tien háár nie, dis tien jóú …

      TOMMY: Hê, kamaan, man …

      CAVERNELIS: Wat meen jy? Hê? Wat bedoel jy, teen my? (Hy sit die fiets stadig neer, plat op die grond, dreigend.)

      CYRIL: Mind jou suitcase, ou dad. Netnou kry die soft goods seer.

      CAVERNELIS: Jy’s ’n va … ’n bliksem, jy!

      CYRIL: Sê ma’ vark, ou dad. Dan praat jy mos onse taal, hierso vannie township, mister Cavernelis. Dán kan ons same praat …

      CAVERNELIS: Laat stáán julle vir Blanchie! Wat meen jy, teen my?

      TOMMY: Manne … Please, please …

      Stilte.

      CYRIL: Why? Because jy use vir Blanchie, jy, ou dad. Sy bring mos cash in, cash. Daai’s mos al waarin jy interested is, die … (Gebaar met sy vingers wat “cash” beteken.) Jou eie vleis en bloed, en jy use vir haar so …

      CAVERNELIS (lê half teen Tommy, huil half): Ons doen vir julle niks nie, so laat staan vir ons … (Hy skreeu nou amper.) Los vir ons! Laat staan vir ons! Ek werk vir my gesin …

      CYRIL: En Blanchie werk oek … ek meen, jy lat haar werk, nè, uncle … En wiet jy hoekô? Dink jy ons wiet nie? Ga! ’Is mos true, nè. Ons het die storie gehoor, en, after all, onse oë is nie in onse agterste nie! Haitie-taities!

      CAVERNELIS (nou opgewonde): ’Is nie julle saak nie! ’Is nie julle besigheid nie!

      CYRIL: Moenie so panic nie, ou dad. Ons verstaan. Dink jy ons verstaan nie? Jy en die missies (wys boontoe), julle wil vir julle ytkoep hierso yt die township yt. Julle spaar vir ’n plotjie grond en ’n hys, somewhere else. In ’n decent coloured area. (Beklemtoon “decent”.) Julle wil hierso yt onse township yt escape. (Wys na die geboue.) Right? Djulle fit mos nie in nie, dis nie julle soorte lewe nie! Nie onse types nie! (Wys na Richie, na Tommy, na homself.) … Fair enough! (Lag.)

      TOMMY: Los nou vir Uncle Cavernelis af, man!

      Dan verskyn missies Cavernelis bo.

      MAUD: Cavernelis, please, laat staan die rubbish and go your own way. Wat staan jy nog daar? Kry jou koers en kom in!

      CYRIL: Daar’s ’ie orders! Good luck, ou dad! Hoe sil jy sê, ou Tommy? To health, wealth, and happiness … and living like real persons! Hê! Living like real persons! Best of luck, mister Cavernelis, best of luck …

      Stilte, dan –

      CYRIL (venynig): En mister Cavernelis, mister Cavernelis wiet natuurlik lat Map Jacobs ytkom nou, die sewende vannie maand, op parole, ja … Map Jacobs … (Begin lag.)

      Net nou lat Blanchie sukke luck beginne strike!

      Cavernelis verstyf, staar. Cyril lag. Richie dan ook.

      CAVERNELIS (ongelowig): Map … Jacobs?

      CYRIL: Het mister Cavernelis dan nie gewiet nie? Ek mien van Map Jacobs, lat hy ytkom nie? (Hy lag en lag.)

      MAUD (roep): Cavernelis!

      CAVERNELIS: Map … Jacobs? (Hy staar.)

      CYRIL (lag): Onthou mister Cavernelis nog, vi’ Map Jacobs? Onthou mister Cavernelis nog? (Lag.)

      Die lig verander. Cyril-hulle verdwyn. Cavernelis alleen.

      Dan kom Blanchie in. Asof in die Cavernelisse se “flat”.

      ’n Terugflits.

      CAVERNELIS: Blanchie …

      BLANCHIE (huiwerend): Daddy?

      CAVERNELIS: Map … Jacobs …

      BLANCHIE: Daddy? … Daddy mien … Johnnie …

      CAVERNELIS (nog starend): Map Jacobs …

      BLANCHIE: Hoe … mien Daddy … Johnnie …

      CAVERNELIS (hard): Map!

      BLANCHIE (ook hard): Nee! Nie Map nie! … Johnnie …

      CAVERNELIS: Maar Blanchie … kind … het jy gehoor, het jy dan nie gehoor, wat gebeur het … Blanchie? …

      BLANCHIE: Maar … Daddy … (Dan huil sy.) … ’Is nie soes Johnnie nie … ’is nie …

      CAVERNELIS: Bly stil!

      BLANCHIE (ken haar pa nie só teenoor haar nie): Daddy!

      Stilte.

      CAVERNELIS: Ek is … jammer … Blanchie … Maar … Dis hy …

      BLANCHIE: Daddy! … Ag, Here, Daddy …

      CAVERNELIS (stukkend): Hy’s ’n … ’n misdadiger …

      BLANCHIE:

Скачать книгу