Krismis van Map Jacobs. Adam Small

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Krismis van Map Jacobs - Adam Small страница 7

Krismis van Map Jacobs - Adam Small

Скачать книгу

vir die Sondag nie?

      CYRIL: Monde? Sê maar bekke, missies Cavernelis! En Sondag? Missies Cavernelis praat van die Sondag? En wat van missies Cavernelis se step-daughtertjie Blanchie miskien? Het sy oek respect vir die Sondag? En haar daddy? Het hy oek respect vir die Sondag? Nei, because haar daddy stuur vir haar yt op die lonely hearts biesagheit, even op die Sondag!

      RICHIE: Hê, hie’ kom Tommy …

      CYRIL: Tommy se gat, man, hy cover oek up, net soes al die anner …

      MAUD: Sukke scum! Sukke scum!

      TOMMY: Wat’s ’it nou weer van Blanchie?

      MAUD: ’Is dié ontydige …

      CYRIL: … bekke, missies Cavernelis! En noudat missies Cavernelis onse bekke al drie keer sleg gesê het, shuddup! ’Cause three, says de Bible, is enough!

      RICHIE: Hél, ou Cyril, watte’ translation is daai?

      MAUD: Three says the Bible? You? What will you ever know about the Bible?

      CYRIL: Missies Cavernelis is reg oek, what will we ever like know abou’ de Bible, kôs ons is dan Moslem-outjies!

      Hulle skaterlag.

      RICHIE: Los die vrou, man! Jy wiet ons is ordinary Christian robbiese, net soes sy!

      Hulle lag.

      TOMMY: Wat issit moet julle, man?

      CYRIL: Jy al weer ge-worried oor Blanchie, hè?

      RICHIE (speel): My kinners wil oek nie lyster nie! Tóé, in! In! Bastards!

      TOMMY: Blanchie is haar eie mens, man, en Blanchie se biesagheit is Blanchie se biesagheit … En al die stories wat julle hoor, dié is ’n louter lieg! En Map selwers, sê ek vir julle, is ’n ge-change-de man.

      CYRIL: Hê, vryf jou ringetjies, ou Tommy … Moenie vi’ ons kom lecture nie!

      MAUD: Tommy is reg, julle …

      CYRIL: … township-robbiese! Sê ’it maar, missies Cavernelis, missies Cavernelis en mister Cavernelis is mos ’n cut above onse township-robbiese! Would-be Glenhaven-mense … Ha, ha, ha … Mos nie working class soes ons nie!

      MAUD: What a bloody joke! Working class! Wanner het julle robbiese al ordentlik gewerk in julle lewe in, tell me! Working class! (Proes.)

      CYRIL: Wil missies Cavernelis dan hê ons moet oek vi’ die lonely hearts ingaan, of maybe vi’ die soft goods?! (Lag.)

      Maud verdwyn.

      TOMMY: En wat het Blanchie nou moet dit alles te doen?

      RICHIE: Hel, ou Tommy, so jy’s sweet op haar, nè … Map Jacobs gaan ’it nie like nie!

      CYRIL (aan Tommy): Maak jou oë oep, man! Sy allow haar om ge-use te word deur daai ou dêrre van haar, ou haitie-taitie bliksem van ’n Cavernelis … Om geld te maak, geld, geld, geld … Beauty competitions, like, vi’ Blanchie … en dan kry sy mos so-called contracts … Modelling, like! Maar dink jy ons is stupid, ons wiet nie van al die sidelines wat daarmee same-gaan nie? … Massage parlour, lonely hearts, you name it! Daar’s mos geld in daai, man, daar by die whiteys se kant … ammal daai wit varke wat like annerkant die colour line sit, en neerkyk op ons, maar onse township-girlies is mos net so lekke’ soes enige anner, man, an’ so Constantia meets the township, please to meet you, liberal-like, etcetera, etcetera … Sukke kak!

      TOMMY: Jy praat nou sommer net, man!

      CYRIL: Really? Daai Ingilse liberal moffies, jy dink ons vat hulle serious? …

      RICHIE (aan Cyril): Hê, jou bloues is vi’ jou kwaad, hulle vra vi’ jou attention!

      CYRIL: Die hele spul, blêdie whiteys wat kamma hierso innie township kom visit, asof hulle belong, moet hulle nice and kind wit gevriete! Smiling fokken hypocrites! Map Jacobs gaat hulle opfok as hy weer yt is, watch ’it net … En hy sil reg wies! Daai wit varke wat by Blanchie in en yt is … Bastards!

      RICHIE: Hê, wie’s nou sweet op haar? …

      CYRIL: Fok-off, man!

      TOMMY: Shut up, shut up! Ek sê vir julle Map is ’n ge-change-de man!

      CYRIL: Fok-off jy oek! Het jy nou skielik nerves oor Map? Ek hoor hy’s gou bytekant, nog net ’n paar dae …

      RICHIE: Die storie lê hier rond …

      TOMMY: So wat daarvan?

      CYRIL: Ja, so what!? (Hy lag.) … Wanner?

      TOMMY: Die sewende …

      CYRIL: Aha!

      Hulle speel.

      RICHIE (aan Tommy): Wat sê Antie Grootmeisie, ek mien, jy’s mos in daar by hulle …

      Hulle speel. Tommy is besig met sy ware.

      CYRIL: Silence is golden, hê?

      TOMMY: Jy wiet sy kannie praat nie.

      RICHIE: Okay, moenie so touchy wies nie!

      Hulle speel. Dan verskyn Cavernelis met sy fiets, weer op pad huis toe ná een van sy uittogte met die soft goods. Hy huiwer wanneer hy verby kom.

      CYRIL: Hie’ kom die ou vrek. (Stilte.) Weer overtime, ja! Skaars by die hys van sy job af, dan’s hy al weer weg op sy bike, met die soft goods, tot Sondae oek … Géld! Hoegdrawende ou stront!

      TOMMY: Laat staan die man, dis nie ons biesagheit nie!

      Cavernelis wil net van sy fiets af, dan praat Cyril.

      CYRIL (skoorsoekerig): Is mister Cavernelis darem t’rug? Weer by die hys?

      CAVERNELIS: Ja. (Half van die fiets af.)

      CYRIL: Hoe’s die biesagheit, mister Cavernelis? Okay?

      CAVERNELIS: Ja. Maar gee tog pad, asseblief …

      CYRIL: Ek sien mister Cavernelis, en Blanchie oek, en missies Cavernelis, julle ammal slyt julle deur so elke keer agter julle toe, soes julle kom en gaan. Trust julle dan nie die mense hier in onse area nie? Mister Cavernelis maak even mister Cavernelis se bike aan die tralies vas! Moet kettangs!

      TOMMY: ’Is nie onse biesagheit nie, man, wat mister Cavernelis-hulle doen nie!

      CAVERNELIS: Ja … Dit het met niemand niks te make nie. Ons meng met niemand in nie. Ons gaan net ons eie gang, so asseblief, laat staan vir ons …

      CYRIL (spottend): “Meng met niemand in nie”; “gaan net ons gang!” … Mister Cavernelis praat darem mooie taal, nè. “Meng met niemand in nie.” Hoge Afrikaans, en missies Cavernelis gooi net weer Ingils! Smárt. Ons ken mos nie sukke tale hierso in onse area, innie township nie! (Hy is nou bý mister Cavernelis, en klop die ouer man op die skouer.) Ma’ lyster, ou dêrre, ons kén die meaning van daai woorde.

Скачать книгу