Krismis van Map Jacobs. Adam Small

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Krismis van Map Jacobs - Adam Small страница 6

Krismis van Map Jacobs - Adam Small

Скачать книгу

Ek moet nou loop …

      MAP: Maar …

      BLANCHIE: Hulle wag vir my …

      MAP: Hulle?

      BLANCHIE: Daddy en Antie Maud …

      MAP: O …

      BLANCHIE: Daddy moet weer yt vanaand, man …

      MAP: Moet die canvassing?

      BLANCHIE: Ja …

      MAP: Hy’s ’n werksamige man …

      BLANCHIE: Aag, jy wiet hoe is Daddy …

      MAP: Ja, hy wil vir julle hierso ytvat, yt die township yt …

      Ek niem hom nie kwalik nie …

      BLANCHIE: Hy’s all right … Eintlik ’n goeie man …

      MAP: Blanchie …

      BLANCHIE: Ek … moet nou gaan …

      MAP: Blanchie …

      BLANCHIE: Mmmm?

      MAP: Ek … Ek … Het jy … Ek mien …

      BLANCHIE: Johnnie, moenie …

      MAP: Blanchie …

      BLANCHIE: Johnnie …

      Hy raak aan haar. Sy aan hom. Hulle soen mekaar. Breek.

      MAP: Blanchie …

      BLANCHIE: Johnnie … Ek … Antie Maud … Daddy … wag …

      MAP: Ja … Blanchie … Okay …

      BLANCHIE: Bye … Okay …

      MAP: Okay … Sien jou, môre-oggend … op die bus … by die busstop …

      BLANCHIE: Okay, Johnnie …

      Blanchie beweeg stadig af, terwyl sy bly terugkyk. Die lig verander. Ons is terug by Map in die tronk, waar hy afskeid geneem het van Antie Grootmeisie – en dan eers sien ons vir Blanchie heeltemal verdwyn.

      MAP (lag, sinies): Johnnie … Klink mooi, Johnnie … Johnnie … (Lag.)

      Die lig verander oor sy sagte maar bitter gelag.

      Doof uit.

      Vyf

      Die straat, sonder die orkes. Daar is Cyril en Richie-hulle wat kerrim speel; twee, drie voetbalspelers; en so meer.

      CYRIL: Hê, ek siet vir Antie Grootmeisie vi’effe …

      RICHIE: Ek ’t ge-notice …

      Hulle speel.

      RICHIE: Sy’t seker weer vi’ hom ge-visit …

      Stilte.

      RICHIE: Ek hoor hy kô nou yt, enige dag …

      CYRIL: Ja …

      RICHIE: Shit!

      CYRIL: God, hy’s lucky vir parole nou al!

      Hulle speel.

      RICHIE: Maar daa’ was mos extenuating circumstances, daai tyd, jy wiet …

      CYRIL: Ga!

      RICHIE: Anyway, ’is seker oek nie ons biesagheit nie …

      CYRIL: Shit, hoe praat jy dan nou nes ou Tommy! (Lag. Hulle speel hulle kerrim. Die kerrimskyfies is “kinders”.) Hê, my kinners is darem weer stout vi’dag!

      RICHIE: Stoot, jong, stoot!

      Hulle speel.

      CYRIL: Hê, die ou-lady het toe nooit weer eintlik gepraat nie, nè?

      RICHIE: Ja! Sy loep ma’ altyd so silent-silent …

      Hulle speel.

      CYRIL: Hulle sê sy’s stom, ek mien, lat sy haar praat ge-verloor het daai selfde aand nog toe dit gebeur het … Sy sê glo net ’n woord hier en daar, ma’ dis al …

      RICHIE: ’Is hearty …

      CYRIL: Ja.

      Hulle speel.

      RICHIE: Hê, my kinnertjies, kom dan nou, kom dan nou!

      Hulle speel.

      RICHIE: ’It was die shock van die ding, daai aand, sê hulle …

      CYRIL: Concentrate op die game, man!

      RICHIE: ’It kán so gebeur, sê hulle …

      CYRIL: Ek sil nie wiet nie, man, ek is nie ’n fokken psychiatris’ nie! Speel!

      Hulle speel.

      RICHIE: ’It was glo daai anner vark, Gappie Martin, se skuld eintlik … daai aand … Hulle’t altyd gesê ’is hý wat die hele ding begin het, daai aand …

      CYRIL: Ma’ Map was die leader, man … Hy was mos altyd die

      leader … Ennie leader moet die responsibility vat … Hulle

      ammal was vuil varke …

      RICHIE: Hel, wiet jy hoe bly was ek ek was nie daai aand saam nie!

      Hulle speel.

      CYRIL: Jy beter watch jou kinnertjies daarso!

      Maud Cavernelis verskyn by haar venster, bo.

      CYRIL (bewus van haar; aan Richie): Ky’ da’ da’ … Al weer afgelyster, of course. Spy op ’n mens! Loer deur die gidyne! Ba! Betere mense kamma as ons!

      RICHIE: Los die vrou af, man!

      CYRIL: Wat voor lyster sy ons af?

      MAUD: Nee, nie afgelyster nie, julle! Nie ge-spy nie. Net maar gehóór. Julle monde … is so groot en julle skree so hard, en sulke …

      CYRIL: Sê maar stront, missies Cavernelis, sê maar stront … Moenie mooie woorde soek nie! Ons verstaan!

      MAUD: Onbeskof!

      CYRIL: Praat maar Ingils oek, missies Cavernelis. Missies Cavernelis prefer mos Ingils! ’Is mos ’n superior language like!

      RICHIE: Los die vrou af, man …

      CYRIL: Okay, ons sil vi’ ons behave, antie … O, sorry, missies Cavernelis is mos nie my antie nie! Maar ons sil vi’

Скачать книгу