Raaiselkind. Annelie Botes

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Raaiselkind - Annelie Botes страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Raaiselkind - Annelie Botes

Скачать книгу

moet heeltyd by my bly, Dawid.”

      “Ek sal.” Hy het haar vasgehou sodat haar geswolle maagbult pynlik teen hom aangedruk het. “Alles sal reg wees, jy sal sien.” Sy vingers deur haar hare laat gly. “Ek is lief vir jou, Ingrid.”

      Dertien minute oor ses op ’n verskriklike koue wintersoggend het Alexander met ’n deurborende skree uit haar losgeglip. Volmaak.

      Dawid het die vetterige gesiggie gesoen; sy voorvinger oor die slymhaartjies gevee en die bloednat bondeltjie in sy nekholte vasgedruk. Oor die skouertjie na haar gekyk. Sy stoppelwange was nat van trane en geboortevog.

      “Ja, ek wou Alexander hê.”

      “En toe die moeilikheid begin, wou jy hom toe steeds hê?”

      “Ja, ek wou.” Haar voete pyn. Haar mond is taai. Sy wens sy het nooit die slaappil gedrink nie.

      “Wanneer het jy die eerste maal vermoed daar is fout met die kind?”

      6 Sy vee die los meel van die tafel af en spoel die botterpiering met warm water uit. Here, haar maag wil omdop. Miskien moet sy ’n halwe koppietjie koffie drink voor sy loop. Nee, netnou is sy laat vir die lorrie.

      Snaaks hoedat sy doerie nag toe Boetatjie gebore is ook so ’n draaispul in haar derms gehad het. Toe master Dawid haar teen vieruur wakker klop, was sy dadelik regop. Skaars tien minute dat hy hoef te gewag het vir haar om aangetrek te kom en kop te kam. Dat sy nou weer daaraan moet dink …

      “Jeremia,” het sy die vorige aand gesê nadat sy die hoenders ingejaag en die hok op slot gesit het, “môre moet jy jou handig maak in die huis wyl ek in die werk staan. Miss Ingrid se tyd kom nader en alles hierso by my huis kan nie maar net hooplê tot dan toe nie.”

      Daar was klompe dinge by haar eie huis wat moes klaar voor miss Ingrid se bybie kom. Huis skoonmaak, komberse uithang. Die stoof moes ordentlik geskuur kom. Daar was ’n stukkende ruit in die voorkamer waar die wind snags yskoud ingewaai het wat moes reg. En Jeremia is ’n tydsamige man. As sy teen September wil groenbone plant, moet sy hom al teen Junie laat beginte spit en riete kap vir oprank. As sy rug nie driekwart afgeknak is nie, is hy dronk in sy kop. Of hy hou hom kruppel. Of doof.

      “Jy moet by ’n winkel kom en putty en ’n ruit koop. Staalwol vir die stoof se skuur ook. Ek sal die geld vir die goed in die Bybel neersit, by Rigters.” Ou manier van haar om die geld in die Bybel te sit. Al hoe sy Jeremia sover kry om in die Bybel te blaai. “Dan moet jy …”

      Hy het haar vinnig stilgepraat. “Wil jy hê ek moet die stoof skuur?”

      “Ja, of lyk dit altemits vir jou of ek vier hande het?”

      “Ek gaan mÔre velle brei en as ek daar klaar is …”

      “Velle brei? Dit lieg jy, Jeremia! Moenie my vir onnooslik vat nie! Jy meen seker jy gaan heeldag by ’n vyfgellingdrom sit en domino’s speel. Vergeet dit, Jeremia. Môre loop koop jy putty en staalwol. En die Here help jou as ek by die huis kom en die stoof is nie …”

      “Ag gottatjie, Miriam. Vir wat kan jy nie selwers die stoof Saterdag skuur nie? Kry end met jou ongedurigheid! Mens sal sweer dis jy wat ’n bybie moet kry!”

      Hy weet haar Kristelikheid kan dit nie uitstaan as hy so gottatjie nie. Teister haar daarmee; soek haar bloed. Want hy weet as hy haar eers eenmaal die kwade in het, ruk sy haar maklik op. Sê sommer vir hom hy’s kaksleg en goddelooslik en dat haar twee hande sterk genoeg is vir sy deel van die werk ook. Lei haar tot binne-in die sonde van kwaadword, sodat hy kan agteroorsit en sy twee hande bymekaarvou vir niksdoen.

      Maar doerie aand voor Boetatjie gebore gekom het, het sy haar nie van Jeremia se skelmte laat insuig nie. Want daardie aand toe sy teen skemerte die sleutel in die hoenderhok se slot draai, had sy ’n hellere voorbode van iets wat nie reg was nie. Skoon asof miss Ingrid in grote nood na haar roep. Net een harde roep. Toe sy omdraai om te kyk of miss Ingrid straks agter haar staan, toe sien sy miss Ingrid se gesig in die aandwolke. Maar waar haar oë moet gesit het, was twee troewele glasalbasters. Skoon melkerig.

      Heretjie, sy’t geskrik.

      Skaars had sy die sleutel uitgetrek, of haar maaghelm het aan die prate gegaan.

      Sy het in die halfdonker omgeloop na ant Maria en ’n bondel staalwol gaan leen. Daardie nag het sy nie haar kop op ’n kussing neergelê voor die stoof sillerskoon geblink het nie.

      “Ek loop nou, Jeremia, voor die lorrie vir my wegry. Moet nou nie vergeet van die hoenders nie.”

      “Jy’t dit al duisend maal gesê, Miriam! Loop, ek sal niks vergeet nie.” Skurf van die ongeduldigheid.

      Sy los die brandende kersstompie op die tafel en trek haar baadjie aan. By die voorhekkie draai sy om en loop t’rug tot in die kamer. “Jeremia, as die reent nie uitsak nie, moet jy na miss Ingrid toe loop, vanoggend nog. Gooi jou oog oor die jaarts en kyk of alles reg is. Vra vir miss Ingrid of sy regkom.”

      Snork deur sy neus. “Jy’s seker kerjaans in jou kop, Miriam! Vir wat moet ek in die koue al die pad soontoe loop?”

      “Ek sal vir jou van my godsbotteltjie se geld in die Bybel los. By Esegiël. Maar dan moet jy eers ’n eed vat jy sal na miss Ingrid toe loop.”

      “Sit die geld heel voor in die Bybel. Dan sal ek loop.”

      Sy lig met die kersvlam, sit die geld by Esegiël in. Ampers ’n kwart van al die botteltjiegeld. Die Here sal haar nie daaroor bestraf nie, want al is dit met ’n ompad langes, weet Hy dis vir miss Ingrid. En vir Boetatjie.

      Toe loop sy.

      7 “Antwoord my, mevrou Dorfling.”

      Sy moes regop aan die slaap geraak het. “Ek kan nie onthou wat jy gevra het nie.”

      “Ek vra: wanneer het jy vir die eerste maal vermoed daar is fout met die kind?”

      Net een maal vantevore was sy in die dorpshospitaal, die tyd toe haar bors toegetrek het van vlieëspuitgoed. Meer van ’n huis as ’n hospitaal. Besoekure bestaan nie. Loop rond soos sy wil. Teresa en Zettie kom tydig en ontydig in en uit. Gesellig en informeel, die dorpshospitaal.

      Daarom het sy lank voor die geboorte al vir Dawid gesê sy gaan soos die ou mense maak en agt dae in die hospitaal bly. In haar hart het sy dit bedoel, want sy wou nie gedurig regstaan met tee vir almal wat Alexander wou bad en optel en droogmaak nie. In die hospitaal sou sy goed kon uitrus. Lees, slaap wanneer sy wou. In die winterson op die hospitaalstoep sit en na die spreeus in die Kaapse kanferfoelie luister.

      Maar toe werk die realiteit nie só nie.

      Op die oggend van die tweede dag het Alexander begin skree. Onophoudelik en traanloos.

      Een oomblik het sy nog in ’n tydskrif geblaai. In die gang was die skoonmaker met die poleerder besig. Iewers het teekoppies gerinkel. Die volgende oomblik het sy haar skoon uit die bed uit geskrik vir die onaardse skree wat die kind gelos het. Toe sy oor die babawiegie buk, was hy rooi in die gesig, sy tong het soos ’n soplepel in sy mondholte gestaan. Hy het sy hande onder die komberse uitgewriemel, wild in die lug gegryp met sy benerige vingertjies. Verwilderd van skrik het sy die klokkie gedruk vir iemand om te kom help. Sê nou hy was besig om te verstik?

      “Nee

Скачать книгу