Christine le Roux Keur 3. Christine le Roux

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Christine le Roux Keur 3 - Christine le Roux страница 29

Christine le Roux Keur 3 - Christine le Roux

Скачать книгу

kry nie. In die hoek van die kamer is ’n outydse lessenaartjie wat sy nooit gebruik nie en in een van die laaitjies lê die sigaardoos. As sy gehoop het om ’n dik pak briewe te kry wat alles sal verduidelik, word sy teleurgestel. Daar is net twee briewe. Die een is van oom Septimus self waarin hy by die onbekende Elisabet pleit om hom toe te laat om haar weer te sien. Dis nie ’n liefdesbrief nie; sy taalgebruik is formeel en hoflik en Julia besluit misnoeg dat sy ook nie op so ’n brief sou gereageer het nie.

      Die ander brief is van Elisabet waarin sy haar redes uiteensit vir haar besluit en byvoeg dat sy sy brief terugstuur omdat sy geen verdere kontak met hom wil hê nie. Ons is nie dieselfde soort mense nie, skryf sy. Jy sal met iemand anders trou. Dis beter om dit nou te besef.

      Julia sit lank met die briewe op haar skoot voordat sy hulle weer bêre. Al wat die briewe wel bewys, is dat André se ma oom Septimus geken het, dat hulle ’n verhouding gehad het en dat sy dit baie beslis verbreek het. Moet my nie probeer opspoor nie, sê sy in haar brief. Dis verby en ek gaan weg. As dit moet, sal ek my naam verander. Ek wil nie skande oor jou bring nie.

      Die laaste sin sê die meeste, dink Julia, en maak sommetjies in haar kop. Elisabet het toe al geweet sy is swanger. Was sy te trots om oom Septimus te vertel? Was sy bang hy verwerp haar? Maar hy sou tog nie, redeneer sy, sy brief maak dit duidelik. Of was hy die soort man wat tog geskok sou gewees het? Sy weet nie, sy het hom nie so goed geken nie.

      ’n Week lank loop sy en tob oor die saak. Sy kan nie besluit of sy vir André moet vertel of nie. As sy gekrenk voel oor oom Septimus se gedrag en die feit dat hy so ’n belangrike stukkie inligting van sy seun weerhou het, hoeveel te meer gaan dit vir André seermaak? Aan die ander kant, besluit sy toe sy een aand al in die bed lê, sal dit sekerheid bring. Sy spring uit die bed uit, haal die briewe uit en loop langsaan na André se kamer toe. Senuagtig klop sy aan die deur en rittel van die koue, omdat sy nie eers haar kamerjas gevat het nie.

      Hy kyk haar verbaas aan toe sy binnekom. Hy lê in die bed met ’n landboutydskrif wat hy laat sak. Gelukkig is daar ’n verwarmer in die kamer aan en sy gaan staan koulik daarby.

      “Waaraan het ek hierdie eer te danke?” vra hy. “Jou ouers is mos nou weg.”

      “Daar is iets wat ek jou wil vertel,” sê sy haastig.

      Hy lig sy wenkbrou. “En jy gaan ’n sigaar rook terwyl jy dit doen?” Hy kyk na die doos in haar hand.

      “Nee, man,” lag sy, en sy slaan haar arms om haar lyf.

      Hy sit regop en vou die beddegoed aan die voetenent van die ongebruikte deel van die bed terug. “Klim maar hier in, jy gaan verkluim as jy daar bly staan.”

      “Dis nie nodig nie,” sê sy vinnig.

      “Ek sal nie aan jou raak nie,” verseker hy haar. “Jy sal veilig wees.”

      Sy gehoorsaam en kruip dankbaar in, haar rug teen die bedstyl aan die voetenent.

      “H’m, dis beter,” sê sy, en kyk hom dan doelgerig aan. “Jy het my eenkeer vertel jy weet glad nie wie jou pa is nie,” begin sy. “Is dit so?”

      “Ja.”

      “Het jou ma nooit iets gesê nie?”

      “Nee. Ek was maar ses toe sy dood is; ek het nie eintlik vrae gevra nie.” Hy kyk haar ondersoekend aan. “Waarheen lei hierdie vrae?”

      Sy skud haar kop. “Iets wat my ma gesê het en wat ek moeilik vind om te glo.”

      “Ek weet nie wie my pa is nie, Julia,” sê hy en daar is geen emosie in sy stem nie. “Dit is die hoofrede waarom ek nog nie getroud is nie.”

      “Jy is,” sê sy. “Met my.”

      “Nie regtig nie. Jy weet wat ek bedoel. Ek het nog nooit gevoel ek kan dit doen nie. Dit sal nie regverdig wees teenoor die vrou nie.”

      Sy frons. “Hoekom? Sy trou met jou, nie met jou pa nie.”

      “Dink,” sê hy gelykmatig, maar in sy oë sien sy tog iets wat brand. “Ek het geen benul wat my genetiese agtergrond is nie. Ek kan die draer wees van allerhande vreeslike siektes.”

      “Ag, kom,” protesteer sy. “Jy is gesond en sterk en … alles. ’n Mens kan dit mos sommer sien.”

      Hy maak ’n beweging met sy skouers. “Wat wil jy vir my vertel, Julia? Hoekom is dit vir jou so belangrik om te weet wie my pa was?”

      “Dis nie wat ek gesê het nie,” sê sy gebelg. “En ek weet. Ek wou bloot weet of jy ook weet.”

      Hy antwoord nie dadelik nie, leun net terug en kyk haar uitdrukkingloos aan. “Jy weet?” vra hy uiteindelik.

      “Oom Septimus. Die mees voor die hand liggende persoon.”

      Hy skud sy kop, gee dan ’n laggie. “Waar kom jy daaraan? Hy het ander kinders in die weeshuis ook gehelp.”

      “My ma het my vertel.” Sy tik teen die sigaardoos. “Hulle, jou ma en oom Septimus, het ’n verhouding gehad, maar toe sy uitvind sy is swanger, het sy uit sy lewe uit verdwyn en alle kontak met hom verbreek.” Sy haal die twee briewe uit en gee dit vir hom om te lees.

      Hy lees eers die een, dan die ander, dan weer die eerste een. Sy sit hom besorg en aankyk.

      “Hoekom het hy nie vir my gesê nie?” vra hy sag, sy kop nog geboë oor die briewe. “Hoekom het sy nie vir my gesê nie?”

      “Ek weet nie,” sê sy sag. “My ma ook nie. Kyk na daardie laaste sin in jou ma se brief. Sy moet ’n baie eerbare mens gewees het; sy was bang die skande is vir hom te veel. Ek is seker as hy geweet het, sou hy met haar getrou het. Kyk na sy brief. Al is dit nou nie eintlik wat ek ’n liefdesbrief sou noem nie, is dit tog duidelik dat hy baie vir haar omgegee het. My ma reken hy was ongemaklik met gevoelens, met intimiteit. Miskien was hy van plan om jou te vertel en is hy dood voordat hy dit kon doen.”

      “Nee,” sê hy. “In die laaste weke het ons oor alles gepraat.”

      Sy leun effens vorentoe. “Die belangrikste is dat hy jou opgespoor het, dat hy jou hierheen gebring het, die plaas aan jou nagelaat het. Aan die einde het hy soos ’n vader opgetree.”

      “Hy het dit altyd gedoen,” sê hy, sy stem dof. “Hy het my altyd aangespreek as sy seun.”

      Haar hart is seer terwyl sy na hom kyk. Sy kan haar nie keer nie – sy gooi die komberse eenkant toe, kruip vorentoe en slaan haar arms om hom, sy kop teen haar bors.

      “Nou weet jy hy het dit regtig bedoel,” fluister sy vir hom. “Hy het net nie geweet hoe om dit te sê nie. Party mense is so.”

      Sy kan voel hoe hy ruk, maar hy stoot haar nie weg nie. Na ’n ruk laat sy hom gaan, klim sy uit die bed uit.

      “Ek gaan nou slaap,” sê sy. “Is jy … sal jy …? Kan ek vir jou iets bring om te drink?”

      Hy skud net sy kop sonder om op te kyk. Sy loop saggies uit en druk die deur agter haar toe. Terug in haar eie bed lê sy nog lank wakker, verras deur haar eie gevoelens. Sy wou nie vir hom jammer wees nie, dink sy, en sy is nie, verseker sy haarself. Wat sy vir hom voel, is net … vriendskap. Sy is vir hom lief soos sy vir ’n vriend lief is, ’n

Скачать книгу