Goudmyn. Wilbur Smith

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Goudmyn - Wilbur Smith страница 9

Goudmyn - Wilbur Smith

Скачать книгу

met weersin wat nog ná vyf jaar net so vars is as op dag een. Wat het hulle gedink, dat hy ’n verdomde vrouehaarkapper is?

      Die paneeldeur gly geluidloos opsy en doktor Manfred Steyner tree netjies in die vertrek in. “Goeiemore, Oupa,” sê hy.

      Tien jaar lank al, vandat Terry so besimpeld was om met hom te trou, noem Manfred Steyner hom só, en Hurry Hirschfeld haat dit. Hy onthou nou dat Manfred Steyner ook verantwoordelik is vir die ontwerp en binnehuisversiering van Reef House, en daarom moet pa staan vir sy huidige irritasie.

      “Wat jy ook al wil hê, die antwoord is nee,” sê hy en hy loop na die lugreëling se beheerpaneel toe. Die termostaat is reeds hoog gestel, en nou draai Hurry dit so hoog as kan kom. Binne ’n paar minute sal die vertrek die ideale temperatuur hê om orgideë te kweek.

      “Hoe gaan dit vanoggend, Oupa?” Dis asof Manfred nie gehoor het nie, sy uitdrukking is vaal en neutraal toe hy tot by die lessenaar kom en sy papiere daarop uitsprei.

      “Verdomp aaklig.” Dis onmoontlik om die klein twak van stryk te bring, dink hy. Jy kan netsowel vir ’n stuk masjinerie beledigings toesnou.

      “Ek is jammer om dit te hoor.” Manfred haal sy sakdoek uit en klad sy ken en voorkop. “Ek het die weeklikse verslae.”

      Hurry hendsop en gaan na die lessenaar toe. Dis besigheid. Hy gaan sit en lees vinnig. Sy vrae is kortaf, priemend en word dadelik geantwoord. Manfred se sakdoek werk nou oortyd, hy klad en mop en vee op. Twee keer haal hy sy bril af en vryf die stoom van die lense af.

      “Kan ek die lugreëling ’n bietjie koeler draai, Oupa?”

      “As jy daaraan raak, skop ek jou gat,” sê Hurry sonder om op te kyk.

      Vyf minute later staan Manfred Steyner skielik op. “Verskoon my, Oupa.” En hy flits oor die vloer en verdwyn in die badkamer langsaan.

      Hurry spits sy ore om te luister, en dan hoor hy die krane ruis en grinnik tevrede. Ná tien jaar van leer en probeer is die lugreëling die enigste manier wat hy nog kon kry om Manfred Steyner te ontstig.

      “Moenie al die seep gebruik nie,” roep hy, en verkneukel hom. “Jy’s die een wat altyd aangaan oor kantooruitgawes!”

      Dit tref nie vir Hurry as belaglik dat een van die welvarendste en invloedrykste mense in Afrika soveel tyd en energie daaraan bestee om sy persoonlike assistent se lewe te versuur nie.

      Om elfuur maak Manfred Steyner sy papiere bymekaar en begin hulle versigtig in sy varkleer-aktetas met die monogram terugpak.

      “Oor die aanstelling van ’n nuwe hoofbestuurder vir Sonderkloof in meneer Lemmer se plek … U sal my memo onthou oor die aanstelling van jonger mans in sleutelposisies …”

      “Nooit die verdomde ding gelees nie,” lieg Hurry Hirschfeld. Hulle weet albei hy lees alles, en onthou dit ook.

      “Nou ja …” Manfred brei ’n ruk lank uit oor sy opvattings, en sluit dan af: “In die lig hiervan stel my departement, met my volle steun, voor dat ons vir Jakobus Joubert Stapelberg, die huidige ondergrondbestuurder, in die pos aanstel. Ek het gehoop dat u die voorlopige aanbeveling sal teken, en dat ons dit by Vrydag se vergadering ter tafel kan lê.”

      Vernuftig laat gly hy die geel memo tot reg voor Hurry, skroef sy pen se doppie af en bied dit vir die ou man aan. Hurry tel die memo tussen sy duim en voorvinger op asof dit iemand anders se vuil sakdoek is, en laat val dit in die snippermandjie.

      “Wil jy hê ek moet in besonderhede verduidelik wat jy en jou beplanningsdepartement met julle voorstelle kan doen?”

      “Oupa,” vermaan Manfred hom sagkens, “u kan nie die maatskappy bestuur asof u ’n bendeleier is nie. U kan nie die span hoogsgeleerde manne ignoreer wat u van raad bedien nie.”

      “Ek het dit vyftig jaar lank só bestuur. Wys jy vir my wie gaan dit verander?” Hurry leun genoeglik agteroor op sy stoel en vis ’n allemintige sigaar uit sy binnesak.

      “Oupa, daardie sigaar! Die dokter het gesê …”

      “En ek sê Fred Plummer kry die pos as Sonderkloof se bestuurder.”

      “Hy gaan volgende jaar op pensioen,” protesteer Manfred Steyner.

      “Ja,” stem Hurry in. “Maar wat maak dit saak?”

      “Hy’s ’n ou ploeteraar,” probeer Manfred weer, met ’n desperate klankie in sy stem. Hy het nie verwag dat die ou man se hardkoppigheid sy planne in die wiele sal ry nie.

      “Hy is twaalf jaar jonger as ek,” grom Hurry dreigend. “Hoe maak dit van hom ’n ou ploeteraar?”

      12

      Noudat die naweek verby is, vind Jak die woonstel neerdrukkend en hy wil net daar wegkom.

      Hy skeer, kaal voor die spieël, en kry ’n walm van die asbakke en halfvol glase wat in die sitkamer staan. Die bediende sal soos gewoonlik op ’n Maandag deur chaos begroet word wanneer sy inkom. Die verkeergedruis van Louis Bothalaan af begin al opbou en hy loer na sy horlosie – sesuur in die oggend. ’n Goeie tyd vir selfondersoek, besluit hy, en leun nader aan die spieël om diep in sy eie oë te kyk.

      “Jy’s te oud vir hierdie manier van lewe,” betig hy homself hardop. “Jy het nou al vier jaar hiervan gehad, vier jaar sedert die egskeiding, en dis nou genoeg. Dit sal lekker wees om twee nagte agtermekaar met dieselfde vrou bed toe te gaan.”

      Hy spoel sy skeermes af, en draai die stortkrane oop.

      “Ek sal dit dalk selfs kan bekostig, as die nimlike Manfred sy kant bring.” Jak wil nie te veel waarde aan Manfred Steyner se belofte heg nie, maar die afgelope twee dae is daar tóg ’n mate van opgewondenheid onder sy wantroue.

      Hy klim in die stort en seep hom in, dan draai hy die kouekraan voluit oop. Snakkend na asem draai hy dit weer toe en reik na sy handdoek. Terwyl hy hom afdroog, loop hy deur na die bed se voetenent toe en bestudeer die meisie wat tussen die deurmekaargewoelde lakens lê.

      Die son het haar vel ’n donker toffiebruin gekleur, sodat dit lyk asof sy ’n deurskynende bra en broekie aan het waar die son nie bygekom het nie. Haar hare is blond – tuimelend goud oor haar gesig en die kussing, in kontras met die pikswart driehoek lyfhare. Terwyl sy slaap, tuit haar lippe sag en pienk, en sy lyk ontstellend jonk. Jak moet hard probeer om haar naam te onthou; dis nie die meisie saam met wie hy die naweek begin het nie.

      “Lucille,” sê hy en gaan sit langs haar. “Wakker word. Dis tyd om te tjaila.”

      Sy maak haar oë oop.

      “Goeiemôre,” sê hy en soen haar liggies.

      “H’m.” Sy knip haar oë. “Hoe laat is dit? Ek wil nie afgedank word nie.”

      “Sesuur,” sê hy vir haar.

      “O, goed dan. Daar’s nog baie tyd.” En sy rol om en trek die lakens knus om haar vas.

      “Dit sal die dag wees.” Hy raps haar boude liggies. “Roer jou, meisie. Kan jy kos maak?”

      “Nee …” Sy lig haar kop op. “Wat’s

Скачать книгу