Pienk is nie vir sissies nie. Christien Neser

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser страница 2

Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser

Скачать книгу

is geskiedenis. Sy het begin fietsry saam met die manne. En sy is mal daaroor.

      “Ja, pas op vir my suster. Ek vat niemand hospitaal toe wat by haar probeer bly nie,” sê Ben knorrig.

      Hy glo dis hý wat haar leer fietsry het. Elke keer wat sy ’n wedren wen, eien hy die krediet vir hom toe. Haar afrigter, nogal. Bwa-ha-ha.

      “Ag, ek sal maar sien hoe ek voel. Ek wil my nie voor die proewe te moeg maak nie,” lieg sy vlot. Al is die proewe regtig belangrik, gaan sy die manne vandag laat ry dat hulle longe uithang. Sy gaan die hele pad in hulle nekke blaas en dan, op Heartbreak Hill, sal sy verbygaan.

      Niemand vang haar teen ’n opdraande nie! Hoe sê John Olsen nou weer?

      “Ons het g’n benul nie: Ons ry net!”

      2

      What women lack in muscle mass can be compensated for by savvy, willpower and endurance. – Susan Carpenter

      Die modder spat in strale teen Nicci se kaal bene op. Haar fiets se bande byt diep in die papnat paadjie in. Sy hoor die gekrys van modder teen staal elke keer wat sy die remme liggies trek: Vandag skryf sy ’n splinternuwe stel briekblokkies af.

      Maar sy glimlag breed. Sy is loshande voor die res van die groep. Sy het hulle moedeloos gery teen die skerp opdraande net na die laagwaterbruggie.

      Spikkelsproei piets haar wange toe die voorwiel deur ’n diep waterplas ploeg. Met die agterkant van haar handskoen vee sy haar mond af. Sy proe net grond. Blegg. Dis sleg!

      Sy sal vandag lag-lag hande vol modder eet net om die manne se gesigte te sien as sy eerste onder by die Engen stop. Sy gooi ’n rat af. Die volgende klim is ’n monster. Sy ken hom goed: Heartbreak Hill. Mens moet net betyds vir hom regmaak. Regte rat op die regte oomblik; behou jou momentum; lig jou sitvlak uit die saal. En dan dans jy! Jy samba die bult uit tot heel bo!

      Dís hoe sy elkeen van die steil bulte op hul Sondagoggend-roete mak maak.

      “Yaaaay!” gil Nicci en storm teen die klipperige voetpaadjie uit.

      “Single track heaven,” sê oom Ned elke keer wanneer hy by hierdie deel van die roete kom. Dis net hier waar die manne van die muise geskei word, want nou kronkel die paadjie soos ’n luislang teen die agterkant van die Melville-koppies uit. En as sy eers heel bo is, lê Johannesburg se vervalle middestad in al sy grys mistigheid vér onder haar.

      Van hier af is dit kophou tussen die groot klippe en die boomwortels deur, die remme net liggies op die skerp afdraande trek en dan met die lekker breë grondpad jaag tot onder in die Botaniese Tuin.

      Daarvandaan is dit net ’n vinnige straatblok of drie en sy is by die garage. Wanneer die manne daar aankom, wil sy al langbeen met ’n stomende megakoppie Wimpy-koffie sit, besig om haar moddervuil bril skoon te maak.

      “Hoesit, Ben?” Lui-lui sal sy hulle met so ’n skuimsnorretjie groet: “Pap wiel gehad, hmmm?”

      Haar boetie sal dit haat. Hy en ou langeraat Evan sal dan een of ander storie spin; hulle en Godfrey en die twee niewies.

      Daar’s geen rede hoekom hulle Ben en Evan behoort terug te hou nie. Inteendeel. Sy het die spierdefinisie van hul bobene één kyk gegee en geweet: Dié ouens kán fietsry.

      Maar hul tegniek? Kan hulle spring en balanseer? Dis nou net hier waar Nicci haar klubnaam van Nix gekry het. Sy kan die ouens uitoorlê. Hoe slegter die pad, hoe dieper die dongas, hoe losser die gruis, hoe lekkerder ry Nicci. Dan word sy Nix, verwoester van die veldpaadjies. Sy’s lig en sy’s nie bang nie.

      “Nie ’n bang haar op haar kop nie,” het haar pa een keer trots aan tafel gespog, terwyl haar ma gesug het: “Sy hét omtrent nie ’n haar op haar kop nie! Maggies, Nic, die kind moet meer vroulik begin optree. Mense praat al. Sy’s amper sestien, nie ses nie!”

      Sal die dag wees! snork Nicci nou minagtend. Girlie-goed gee haar ’n pyn. Haar hare is superkort en dit pas haar. Haar lang vlegsel het gewaai daardie dag toe sy alles afgesweer het wat pienk is.

      Ma Helene bêre die string hare steeds in ’n sakkie in haar kas. Dis asof haar ma hoop dat die ding een nag sal opstaan, die gang af sal loop en weer op Nicci kop sal gaan vasgroei.

      En ta-daa! Dán sal Nicci in haar kortbroek-pajamas weer terugverander in Nicolene: vroulik in ’n wasige wit nagrokkie.

      Siestog. Haar ma het ’n poppie vir ’n dogter begeer. Toe kry sy ’n Tawwe Tienie, lag Nicci bitter. “Tomboy,” sê haar ouma. “Garçon manqué,” sê haar ma se suster wat haar graag in onverstaanbare Frans uitdruk. Dit beteken iets soos ’n geflopte seun, moes sy op Google ontdek.

      Sy snork weer, aspris nog harder en onvrouliker, spesiaal vir tannie Adèle wat tog só ’n snob is.

      Geflopte seun? Ha! Tannie Adèle maak ’n fout.

      Sy is honderdpersent-meisie. Net een wat haar doodgril vir pienk valle. En vir patetiese poppe wat dink dat fietsry net vir seuns gereserveer is. Sy het ’n sustertjie dood aan prinsesse wat glo dat hulle met slap polse moet sit en wag totdat ’n prins hulle eendag kom red. Van wat? Van verveling? Gmpff. Mens kan jouself red, dankie! Sy is nie Helma in ’n pienk leotard en met ’n stywe bollatjie op haar kop nie.

      En as sy die dag wel ’n prins begin soek, sal sy soek tot sy een kry wat saam met haar kan fietsry; verkieslik sommer reg rondom Afrika.

      Haar pa verstaan haar. Hy hou van ’n meisie met zir, sê hy gereeld. Dis nou een wat ’n bietjie ruggraat en houding het.

      Haar ma? ’n Ander storie. Ma Helene se skimpe val soos klippe. Nicci het gehoor toe sy en tannie Adèle laas Kersfees in die kombuis staan en skinder het: “Hemel, Adèle, die kind se naam is tog ’n samestelling van ons albei se name! Nic en Helene: Nicolene! Ma en Pa in gelyke mate, maar mý naam word deesdae mos afgekap. Sy’s nou Nicci. Net haar pa se kind!”

      En dan is daar die fyn onderkleertjies in Nicci se kas wat elke maand maatjies kry. Dis asof haar ma glo dat die suikerpienk pantietjies en bra’s, die ene hartjies en strikkies, haar van die fietsry-gogga sal laat vergeet. Sy dra die goed maar.

      En toegegee, wanneer hulle voor netbaloefening in die skool se kleedkamer aantrek, kry sy lekker wanneer sy die spul katte in haar klas na haar supersexy onderklere sien staar.

      Sy weet mos hulle praat. As jy nie oor die regte ouens loop en fantaseer nie, en as jy jou hare boonop kort sny, dan word jy in daardie hokkie geprop wat sê: Pas op! Hierdie een speel dalk vir die ander span.

      Dankie tog vir Felicity. Haar bondgenoot en beste vriendin. En Godfrey se sussie.

      “As ek jy is, dan geniet ek my dun boudjies solank ek kan. Jy sal vet op al die regte plekke kry wanneer jy die dag ophou om saam met die seuns rond te jaag.”

      Felicity het haar eie heup ’n sensuele kloppie gegee. “Maar voor jy nou die dag dik raak, doen my net één guns. Ry een Sondag vir Godfrey weg, heeltemal weg. Jy sal my dag maak. Ek is so sat vir sy grootbek.”

      En dis presies wat sy vandag gaan doen. Sy gaan Felicity se dag máák.

      Met videobewyse daarvan!

      3

      That

Скачать книгу