Pienk is nie vir sissies nie. Christien Neser

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser страница 5

Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser

Скачать книгу

seun kyk op.

      “Helmet!” Die man beduie met sy rewolwer en begin hardloop.

      Hy verdwyn tussen die bosse by die spruit.

      Die seun buk, knip haar helmet met bewende vingers af. Hy voel aan die BikePro. Skud die helmet. ’n Stuk van die kamera spat los en rol weg.

      Die stukkie wat oorbly, knip hy af en smyt dit in die bosse in. Sy handskoen vlieg saam af.

      “Donner!” Hy buk om die handskoen op te tel. Sy pinkienael is potblou.

      Het hy nou net Afrikaans gepraat?

      Nicci knipper haar oë. Hoor sy dinge? Sien sy gesigte? Sy probeer iets sê. Sy hand …? G’n spoeg in haar mond nie.

      Die outjie druk die helmet bo-oor die balaklawa op sy eie kop en maak die knip onder sy keel vas.

      “Sorry, man. Sorry,” mompel hy steeds hurkend langs haar.

      Dan gooi hy sy been oor Nix se saal en klik sy voete moeiteloos in haar pedale in. Hy lig die voorwiel van haar Specialized met gemak oor die rand van ’n rotsrif en sny kortpad deur die veld.

      Reguit grootpad toe.

      Nicci voel hoe haar maag opstoot. Suur brand haar keel. Sy gaan staan op haar hande en knieë.

      Sit still, boy.

      Hulle het gedink sy is ’n seun! Dis die enkele gedagte wat allesoorheersend in haar seer kop klop.

      Sy sak op haar sy neer, trek haar knieë op en vou haar arms teen haar lyf.

      Sorry, man?

      Sy vroetel aan die soom van haar sportbra. Kon hulle nie sien sy is ’n meisie nie?

      Lyk sy regtig soos ’n seun? Ook vir Evan?

      5

      You can’t train luck. – Eddie B

      “Nicci! Wat het gebeur? Het jy geval? Waar’s jou fiets?” Godfrey se stem klink hoog en benoud. “Waar’s jou helmet? Jou skoene …?

      “Waddehel?”

      “Verdomp, Godfrey. Sy’t nie geval nie. Sy’s besteel, pel!” Ben se stem bewe. Sy hoor hom vloek: ritse f-woorde. Hy kom buk by haar, vat lomp aan haar skouer. Dan vlieg hy op en hardloop verwilderd in die rondte.

      Hy spring op sy fiets, gereed om te ry. “Waarheen is hy, Nicci? Watter kant toe? Ek kan hom inhaal. Sê gou!”

      ’n Snaakse warmte vou in Nicci se bors oop. Haar boetie, wat haar net altyd terg en skel, is sowaar besorg oor haar. Dit klink of hy wil tjank. Oor haar …

      “Nicci, kyk vir my.” Godfrey se hande is op haar skouers.

      Haar oë wil nie fokus nie.

      Evan rits sy fietsryhemp oop en trek dit oor sy kop. Hy rol dit in ’n bondel en maak dit met water uit sy fietsrybottel nat. “Hou stil.” Hy kniel voor haar.

      Koel materiaal teen haar gesig. Met elke haal, ruk haar lyf. Hy trek haar teen sy kaal bolyf vas.

      O, jig, hy is besig om my skoon te maak. Wat ’n gemors! Modder, spoeg, bloed …

      Godfrey gee nog ’n waterbottel aan. “Gee haar bietjie water, Evan. Kyk hoe lyk sy! Wie de hel doen so iets aan ’n meisie?” Godfrey se stem bewe. “Daai ou beter hoop ek kry hom nooit in die hande nie!”

      Nicci begin wegdryf …

      “Hoeveel was daar?” Godfrey se stem.

      Sy moet lank dink. Haar kop werk stadig.

      “Hoeveel?” vra Godfrey weer. “Fokus, Nicci!”

      Twee vingers, wys sy.

      “Waar het jy seergekry?” Godfrey se stem is sag by haar oor.

      Nicci wil hom gerusstel, maar kan nie.

      “Gee vir my die hemp, Evan. Ek sal verder skoonmaak.”

      “Kop,” mompel sy en probeer met haar hand na die kant van haar kloppende oor beduie.

      Evan praat op sy selfoon. Met Helma?

      Godfrey vee haar gesig steeds met Evan se nat hemp af. “Eina, magtag! Jou linkeroor is ’n gemors. En jou oog is klaar toegeswel. Jy’t ’n wêreldklas-shiner, meisiekind.”

      Hy probeer lag, maar daar’s ’n snaakse trilling in sy stem. Godfrey’s ’n swak akteur!

      Nicci wil liewer nie dink hoe sy nou moet lyk nie. En hier sit Godfrey met ’n vuil, natgeswete, bebloede wrak in sy skoot.

      Evan buk, neem ’n foto.

      Nicci probeer aan ’n kwinkslag dink om die situasie te red. Iets soos: “My Hunger games look.” Maar haar tong klou aan haar verhemelte.

      “Evan.” Godfrey se stem. “Ek druk daai foon in jou dinges op as jy nog één foto neem.”

      Nicci wens sy kan glimlag, want sy sou graag wou sien hoe Godfrey die daad by die woord voeg. Sy lê doodstil. Sy wonder of sy nie dalk breinskade het nie. Elke fietsryer se nagmerrie.

      Sy roer haar voete. Dankie tog, ek is nie verlam nie. Maar my kop? Sy het al ouens gesien wat hulle bewusteloos geval het, helmet en al. Jy hoef nie ’n oop wond te hê om jou brein te beskadig nie.

      Die brein is delikaat, preek Dok Daan altyd vir hulle. ’n Sagte massa senuweeweefsel wat net deur twee vliese en ’n dun lagie vloeistof binne-in die skedel beskerm word. ’n Harde stamp kan daardie fyn netwerk soos ’n bak jellie deurmekaar skud.

      “Daarsy. Jy’s weer skoon. Ek bel nou jou pa. Sit net doodstil.” Godfrey trek haar teen hom aan. Sy sit tussen sy bene, plat in die paadjie.

      Met sy een hand haal hy sy foon uit. “Ben moet seker bel, maar sy kop vat nie. En Evan facebook.”

      Arme Ben. Hy babbel; dreig om die diewe op te … Onwillekeurig glimlag Nicci. As Ben sy dreigemente kon uitvoer, sou die twee diewe beslis sonder sekere sensitiewe liggaamsdele moes oud word.

      Godfrey se foon lui en lui.

      “Ja? Watsit, Godfrey?” Haar pa klink uitasem.

      “Ons het ’n probleem. Ben wil met oom praat.” Hy druk die foon in Ben se hand.

      “Julle moet kom!” Ben se stem slaan deur. “Nicci is aangeval. Haar fiets is weg! Sê vir Dok Daan hy moet bleddie gou kom.”

      Nicci skreef haar oë pynlik oop.

      Godfrey vat die foon uit Ben se bewende hand: “Nicolene is stabiel, oom Nic. Maar sy’t sleg seergekry. Ons is aan die agterkant van Heartbreak Hill, amper by die pad. Kom so gou julle kan, maar bly net bymekaar. Die ouens kan nog hier iewers wees. Twee

Скачать книгу