Pienk is nie vir sissies nie. Christien Neser

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser страница 3

Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser

Скачать книгу

me. – Lance Armstrong

      Nicci kyk vlugtig af na haar hartmonitor op die handvatsel. Haar hartklop is 180. Lekker! Sy kan dit tot so 190 druk. Dan loer sy na die kontrole van haar BikePro wat langs haar hartmonitor sit. Die BikePro is ’n videokameratjie wat op haar helmet vasgemaak is.

      Vanoggend ry sy die eerste keer daarmee. Sy is nog nie seker hoe die ding werk nie. Laas Saterdag het sy die kamera by die Interklub se kampioenskapsbyeenkoms in Pretoria gewen. Daar was nie veel kompetisie vir haar in Junior Meisies nie; gevolglik was sy amper skaam om met die groot prys weg te loop.

      “Like taking candy from babies,” het oom Ned geterg.

      Gisteraand het sy gekerm totdat haar pa en Ben die kamera op haar helmet vasgemaak het.

      Hy’s klein en plat: Perfek!

      Haar ma wou natuurlik die horrelpiep kry: “As jy moeilikheid soek, sit jy daardie ding vir haar op! Het jy ’n idee watse kanse sy gaan vat net om ’n video van haar waaghalsigheid te kry? Sy sal totaal roekeloos raak. As sy iets oorkom, is dit op jóú kop.” Haar ma het die kombuisdeur amper uit sy kosyn geklap.

      Nicci en haar pa het gelag en net verder gewerk.

      Vanmiddag gaan sy die video op haar foon aflaai en vir Felicity stuur. Ha! Sy gaan vir seker haar pel se Sondag maak.

      Dieselfde kan sy nou nie van Godfrey en Ben en Evan sê nie. Dié ouens se ego’s is papierdun. Hulle háát dit wanneer sy vir hulle wegry.

      Sy skud haar kop. Sy weet net een ding: Sy is mal daaroor om die manne op hulle plek te sit.

      Wha-ha!

      En vandag doen sy dit weer: sy skop gat. Haar boetie en sy pelle eet haar stof. Of modder, giggel sy. Die reën laas nag het elke holte in ’n dam water verander. Die stowwerige tweespoorpaadjies is vanoggend die ene taai, suigende modder. Papwiel-tyd! Elke stukkie glas, elke spyker en elke doring gaan staan penorent wanneer die grond nat raak. Dis soos gemene, klein landmyntjies wat net wag vir ’n lekker dik rubberwiel om in te byt.

      En byt hy jou, is dit psssssst! Afklim en regmaak. En as jy slym in jou wiele het, dan spuit daai gaatjie jou hele rug vol taai gemors.

      Die silwer letters van haar fiets se naam vang haar oog: Nix. Sy streel so in die ry oor die letters. Hulle kielie haar vingerpunte. Oom Ned het die letters op die raam van haar fiets laat plak. Hy’s haar pa se vriend en fietsry-pel. In sy vrye tyd bou hy fietse in sy garage op, ’n absolute liefdestaak.

      Dis ook waar Nix vandaan kom. Dit was haar Kersgeskenk van haar ouers laas jaar, ’n peperduur een. Maar dan is fietse in hulle huis natuurlik op ’n heel ander begroting.

      “Vir fietse is daar altyd geld in hierdie huis, maar moenie dat ek oor my kar kla nie. Dan is jou pa stokdoof,” het haar ma juis gister gebrom. “Daar is van my matrieks wat in beter motors as ek rondry.”

      Haar ma verstaan nie: ’n Fiets het persoonlikheid. Soos hierdie een van haar. Nix is spesiaal deur oom Ned opgebou. Hy’t elke komponent van die fiets met haar bespreek, dit bestel en stuk-stuk vir haar gebou.

      Sy het ure in sy garage sit en kyk hoe Nixie vorm aanneem.

      Die spierwit raam is ’n spesiale een: ’n Specialized al die pad uit Amerika. Nie ’n klein 26-duim nie en ook nie ’n reusagtige twenty-niner nie. Nee, ’n sportiewe 27-en-’n-halfduimraam. Die Amerikaners werk in voet en duim, en dis soos die ouens in die fietsrywêreld ook praat. In ’n ernstige bergfietsklub soos hulle s’n, ken almal die ander ryers se fietse en nie noodwendig die mense se name nie.

      Laas week het Godfrey sleg geval.

      Aan tafel het Ben dit kom oorvertel: “Dit was daai ou met die swart Santa Cruz wat skielik rem getrek het. Toe jaag daai silwer Merida én die ou met die nuwe oranje Trek Slash in hom vas en hulle val reg voor Godfrey. Hy’t nie ’n kat se kans gehad nie. Pa-toooeiii! Bo-oor die handle bars. Gat oor kop in die bosse in!”

      Godfrey Tshuma is een van die klub se sterre. Dit was vir Nicci ’n teer punt toe Godfrey laas maand haar boetie se plek as klubkampioen oorgeneem het.

      Ben is koel daaroor: Godfrey is op die oomblik sterker as hy.

      En deesdae is Ben meer bekommerd oor sy punte as oor fietsry. Nie dat broer Ben tot nou toe al ooit sy boeke seergemaak het nie, glimlag Nicci skeef, maar hy het met spoed wakker geskrik toe hy hoor wat die toelatingsvereistes vir ingenieurswese is.

      Nou is hy besig om in ’n topklas-nerd te verander. Hy sit ure lank agter ’n toe deur in sy kamer. Die enigste een vir wie hy die deur oopmaak, is vir Godfrey.

      Godfrey is natuurlik ook die een wat Ben met sy Wiskunde help. Hy is van graad twee af, toe sy ma by die skool kom werk het, Ben se beste pel. Almal ken haar as tannie Gladys: Algemene terreinbestuurder. Party mense noem haar die burgemeester, want sy dra die sleutels van die skool aan ’n ketting om haar nek.

      Sy is ook die een wat laatkommers uitsluit en selfs die slimste uitglippers so gereeld soos klokslag vastrek.

      Godfrey is almal se idee van ’n onfeilbare Phone-a-Friend: As mens iets wil weet, bel jy vir Godfrey, maar as jy sports wil hê, bel jy sy suster, Felicity.

      Felicity en Nicci het mekaar in Snippe en Snuiters se sandput ontmoet. En van daardie eerste dag in Graad R af is hulle maats.

      “Godfrey het die breins; gelukkig het ek die persoonlikheid,” het Felicity die nuwe Wiskunde-juffrou nou die dag geantwoord toe sy verstom wou weet of Godfrey haar broer is.

      Godfrey kry nooit minder as volpunte nie; Felicity skuur op haar basvelle deur.

      “Selfde ma, verskillende pa’s, juffrou. Myne is die Paashaas; syne is Kersvader.”

      Die kinders het natuurlik gelê soos hulle lag. Felicity het die gladste bek in Graad 10; maar ook die kleinste hartjie. Nicci weet byvoorbeeld dat die ding met haar pa nie oop vir bespreking is nie. Hulle dra hulle ma se van en dis dit.

      So lank en maer as wat Godfrey is, so kort en rond is Felicity.

      Daarby is Godfrey die skool se woordvraat. Hy neem drie tale vir matriek en praat sewe tale vlot. Hy’s die debatkaptein, die topredenaar. Mevrou Beneke, die kultuurhoof, hou hom as die Ideale Matriek aan die graad tiens voor. En dan ry hy boonop glad nie sleg fiets nie, grinnik sy. Amper so goed soos hy destyds gedans het.

      Jip, Godfrey is ’n legende!

      Nicci kyk vlugtig oor haar skouer.

      Niemand in sig nie. Vreemd. Hulle behoort haar nou van agter af te begin inhaal. Sy weet hoe Evan dit haat wanneer sy voor hom ’n bult uitry. Hy laat haar nie sommer wegkom nie. Dalk is daar vandag regtig ’n pap wiel?

      Skielik is sy bo. Sy klik haar linkervoet uit en kyk om. Waar is die ander? Sy kan seker ’n halwe kilometer ver sien en daar’s nie ’n siel in sig nie. Kon sy wraggies so sterk gery het?

      Haar moddergekoekte wange kreukel-kraak in ’n glimlag. Vanjaar het sy dalk regtig vir die eerste keer ’n kans op die podium by die Nasionale Kampioenskapsbyeenkoms in Pietermaritzburg.

      Flits van sonlig op metaal. Nicci kyk weer: Dis húlle!

      Sy klik haar skoen terug in die

Скачать книгу