Pienk is nie vir sissies nie. Christien Neser

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser страница 4

Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser

Скачать книгу

      Hulle gaan haar beslis nie die laaste entjie vang nie. Haar kakebeen klap soos sy oor ’n boomwortel spring en effens te hard land. Pas op, Nicci, moet dit nou nie oordoen nie.

      Nog net die stukkie tussen die klippe deur wat tegniek verg en sy is by die voetslaanpad.

      Vandaar is dit net ’n vinnige kilometer tot by die Wimpy.

      Sy neem nou die soort video af wat haar ma na ’n sterk whiskey sal laat gryp.

      ’n Beweging hier links. Iemand draf tussen die geel gras deur, reguit op die voetpad af.

      Nicci trek haar agterrem effens.

      Fietsryklere, ’n blou helmet! Dalk het sy fiets iewers gebreek?

      Sy ry stadiger.

      Nog iemand. ’n Seun. Hy staan skielik uit die gras aan haar regterkant op. Van nêrens af. Ook in fietsryklere, maar met ’n soort balaklawa op.

      Waar’s hul fietse?

      Moet sy stop, hulp aanbied?

      Nicci trek haar agterrem. Nou balanseer sy met albei voete op die pedale, reg om weer te ry.

      “Are you guys okay?” skree sy maar die standaardfrase van die fietsryers.

      Een oomblik is sy nog op haar saal, die volgende sit sy hard op die grond.

      Die ou met die blou helmet het haar van die fiets afgepluk!

      Wat de …?

      Dis die donker oog van ’n kortneusrewolwer.

      “Shhhhhh, boy. You make a noise, you die.”

      4

      With all the mud and dirt, mountain biking helps break down the stereotypes of what women should look like. – Carol Waters, The quotable cyclist

      “Eina.”

      Iewers uit Nicci se keel kom ’n geluid soos dié van ’n klein katjie. Die hou het haar skuins teen die helmet getref. Haar bril het op die grond gespat.

      “You sit here, boy. Phone?” sis die een links, Blou Helmet. Rewolwer in een hand, baksteen in die ander: “The pockets!”

      Hande in die sakke van haar fietsrytop. Die klein outjie bewe, hy tas lomp rond. Haar halfgeëte piesang waai eenkant toe. Lipsalf en die pakkie snesies wat sy saamdra.

      Waar is die foon? Waar het sy dit ingedruk? Lê die ding by die huis? Het dit uitgeval?

      “Huh-uh.” Die jongetjie staan weg. Hy skud sy kop.

      Blou Helmet, lap oor die neus getrek, kom buk voor haar.

      Vreemde hande ruk haar rugsakkie met water af.

      Nicci probeer praat, maar haar keel is dik. Niks van waarde in die rugsak nie. Net water! Die woorde wil nie uit nie.

      Blou Helmet skud die sak, smyt dit neer. Haar foon is …

      Skielik lig hy die baksteen.

      Sy koes. Vergeefs.

      ’n Slag. Haar kop binne-in die helmet bars aan stukke, haar ore sing.

      Nog ’n hou.

      Gierttss, kraak haar helmet. Dan spat nog iets in stukke … Die BikePro!

      “Stop!” Die jongetjie se stem bewe.

      Aksent. Engels is nie sy eerste taal nie.

      Lippe – pienk, droog, gebars – roer by die opening van die balaklawa, maar g’n geluid. Sy voortand … getjip.

      Hy tel haar fiets op, stel die saal vir hom hoër. Hy’t volvinger-handskoene aan en sukkel met die gereedskap. Sy moersleutel val in die gras.

      Dom, dink Nicci. Mens werk nie met handskoene aan nie …

      Blou Helmet dink beslis ook so, want hy bulk ongeduldig, buk dan en tel Nicci se bril op.

      Haar splinternuwe Rudy Projects-bril, veerlig en super sterk. Vier maande se sakgeld.

      Hy vee die lense met sy mou skoon en sit dit self op. Heeltyd kyk hy na die top van Heartbreak Hill.

      Na dáár waarvandaan Nicci se hulp moet kom.

      “Shoes! Helmet!” blaf Blou Helmet.

      “Shoes?” vra die jongetjie verbouereerd.

      “Yes. Quick.”

      Die outjie kom kniel by haar en vat haar linkervoet in al twee bewende hande vas. Hy kyk stip na haar: “Sit still. Shhhh …”

      Nicci se maag ruk. Wat …? Wat gaan die ou nou maak? Haar platdruk? Haar …?

      Maar hy trek haar linkerskoen af en kyk na die inklamp-sisteem agter op.

      ’n Steekpyn flits deur haar kop toe hy met die regterskoen begin sukkel. Die knippe aan dié skoen is styf. Elke pluk aan die skoen laat iets agter haar linkeroog ontplof.

      Als wil weer swart word.

      “Sorry,” sê hy sag. “Sorry, man …”

      “Shhhh!” Dis Blouhelmet-man.

      Die hand met die rewolwer is nou reg voor haar. Iets fout met die hand … Sy probeer wegkyk, maar sy is op ’n siek manier gehipnotiseer. Een van sy vingers is weg.

      Middelvinger? Ringvinger?

      Blou Helmet vloek lelik. Hy por die seun met die rewolwer se loop aan.

      Nicci knyp haar oë toe, loer tussen wimpers deur.

      Die outjie gaan sit plat en trek sy rooi tekkies uit. Hy prop hulle lomp in sy rugsak. Selfs met die balaklawa aan lyk hy onskadelik.

      Die sonlig blits op wit wimpers. Hulle’s nat.

      Hy tjank! Hoe oud sou hy wees?

      “Your size?” vra Blou Helmet hom.

      ’n Knik.

      “Go! Papa’s waiting.”

      Nicci sluk swaar. Dáár trek haar nuwe fietsryskoene, haar nommersewes. Vervlakste paar groot pote van haar! Dis die prys wat mens betaal vir lang bene, moes sy haarself al baie keer in skoenwinkels troos. Min meisies dra ’n sewe. Met haar balletskoene was dit altyd ’n krisis.

      Klaarblyklik is dit net die perfekte grootte vir ’n maer dief.

      Sy wil hom uitskel, hom vra of sy ma weet waar hy is en wat hy aanvang. Hy’s net ’n seun, demmit!

      Haar kake is met skroewe vas. Haar tong bly teen haar

Скачать книгу