Uit die Beek 2019. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2019 - Barend Vos страница 14

Автор:
Серия:
Издательство:
Uit die Beek 2019 - Barend Vos

Скачать книгу

verbind. Geen “vreemde invloede”, “omstandighede buite my be­heer”, “houvas van die bose” hier nie. Die oorsaak van ongehoor­saamheid word vierkant op die mens se eie skouers gelaai. “Jý is die man!” soos Natan vir Dawid gesê het (2 Sam 12:7).

      Tereg so. Té lank kom mense – gelowiges, die Here se kinders, óns – met selfbedrog weg. Verskoon ons onsself, spreek ons onsself vry. Trek ons ons skouers op en sê: Dit is nou maar so …

      In ons vromer oomblikke sal ons wel sê: Ek is maar net ’n mens. Of ons stof dié ou gunsteling af: Is ons nie maar almal in sonde ontvang en gebore nie?

      Ag, watter groteske bedrog word daar nie in die mens se hart gehuisves nie. Soveel vrome verdraaiing. Soveel selfmisleiding.

      Die alternatief is heel eenvoudig: “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ’n veilige vesting is …” (v. 7). Die mens wat Fort Ek agterlaat en by die ware Beskermer gaan skuil. Wat nie terugkyk nie. Wat nie ander se raad soek nie, omdat hy weet in watter woestyne dit hom al laat beland het. Hy onthou goed hoe daardie droogtes voel, en hoeveel vals hoop in lugspieëlings lê.

      Hy skaam hom dat hy dit alles geglo het. Omdat dit gerieflik was, omdat dit hom gewild gemaak het. Omdat “vertroue in die Here” so outyds is.

      ____________________

      Ek is moeg, Here, vir die bedrog in my hart. Verlos my!

      Maandag 18 FEBRUARIE 2019 Lees Psalm 120

      Te lank

      Te lank moes ek woon by mense wat vrede haat (v. 6).

      In hierdie pelgrimslied hoor ons ’n hartseer sanger. Genadig genoeg begin sy lied met die uitroep dat die Here hom gehoor het, dat Hy hom verlos het. Dan word die leuenaars, die bedrieërs, met ver­nie­tig­ing gedreig. Met die wraak van die God wat jaloers na sy kinders omsien.

      Maar hoe het dit gebeur dat hy, dié sanger, in hierdie situasie beland het?

      Uit die lied blyk dit dat die vreemdelinge waar hy hom bevind het ’n vername rol in sy onvrede gespeel het. Dit is hulle, die mense van Mesek en Kedar, wat die lewe vir hom ondraaglik gemaak het. Hy kon hul veglustigheid, hul hatigheid, eenvoudig nie meer verduur nie. Toe roep hy om hulp. En sy Hulp tree beslissend op.

      Noudat hy op alles terugkyk, sug hy: Ek het te lank hier gebly. Te lank het ek met hierdie mense opgeskeep gesit. Ek moes lankal padgegee het.

      Vanuit ons moderne, leefstyl-afgerigte beterweterigheid sal ons dalk die kop skud en iets sê soos: Jy moet jou met positiewe mense omring. Jy moet die geselskap opsoek van mense wat waarde aan jou lewe toevoeg. Vermy die vreugdediewe!

      Glinsterende raad. Motiveringsprekers se brood-en-botter-én-jêm. Wat maklik deur swaarbeproefde mense gesluk word. Wat, helaas, dikwels nie uitvoerbaar is nie. Want presies hóé kom jy onder die mense van Mesek en Kedar uit? Hoe breek jy die tente daar op? Dit is dan jou leefplek, jou werkplek. Jy móét eenvoudig tussen hulle leef en oorleef.

      Het jy ’n ander uitweg as Hy vir wie jy jou liedjies sing? Hy tot wie jy jou smeekgebede rig? Hy heet tog ook Verlosser. Uitredder. Vader-wat-weet.

      ____________________

      U weet alles, Here. U ken ook my hart, my behoeftes, begeertes. My onvrede.

      Dinsdag 19 FEBRUARIE 2019 Lees 2 Korintiërs 1:12-19

      Wanneer planne verander word

      Dit was in hierdie oortuiging dat ek vroeër die plan gemaak het om julle te besoek … Was ek miskien oorhaastig …? (v. 15-17).

      Paulus verander sy reisplanne, en in hierdie klompie verse (eintlik ’n hele klomp – van hoofstuk 1:12 tot hoofstuk 2:4, ’n hele sewen­tien verse) verduidelik hy sy motivering daarvoor. Hy besef dat hy ver­wag­tings gewek het waaraan hy nou nie gaan voldoen nie, en hy is jammer daaroor. Maar, sê hy, hy doen dit nie uit menslike oorwegings nie; dit is om die gemeente se beswil dat hy van sy oorspronklike plan afwyk.

      Interessant, nè, dié uitvoerige verduideliking. Die herhaalde ver­sekering dat dit nie ’n lukrake besluit was nie. Dat dit deel is van die “openhartigheid en eerlikheid wat van God kom” (v. 12).

      Hierdie lang relaas stuit baie gelowiges, juis ook dié in leiers­posisies, teen die bors. Hulle vra: Hoekom moet Paulus so verdui­delik? Hoekom alles, soos vir ’n nukkerige kind, uiteensit? Sê die ding soos dit is, man, en basta met die res! As hulle dit nie wil verstaan nie, moet hulle maar daaraan gewoond raak. Die kerk is immers nie ’n demokrasie waar die wil van die mense die deurslag gee nie.

      Tog kies Paulus die lang pad van verduidelik, motiveer, oor en oor verseker dat hy bloot hul beswil op die oog het. Ja, soos vir kinders wat iets belowe is en dit toe nie ontvang het nie. Ek het julle baie lief, skryf hy uiteindelik (vgl. 1 Kor 2:4).

      Presies hier lê die les vir elke leier: Loop die ekstra kilometer ter wille van jou mense. Laat jou liefde vir hulle die deurslag gee, al moet jy ongewilde besluite neem. Al moet jy selfs, ter wille van hulle, jou woord nie gestand doen nie.

      ____________________

      Here, ek kies so graag die gewildheidroete. Keer my voor! Wys my u pad.

      Woensdag 20 FEBRUARIE 2019 Lees Lukas 11:37-52

      Wie bluf jy?

      “Maar ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en elke soort kruie, maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God” (v. 42).

      Jesus praat met die godsdiensleiers op ’n manier waarop sekerlik niemand nog ooit met hulle gepraat het nie. Hy brand los op wat hulle nog altyd as hul godsdienstige sterkpunt beskou het: hul noukeurige nakoming van die wet. Dit wat Moses hul voorvaders geleer het, én dit wat hulle deur die eeue bygelas het.

      Gee jul tiendes, is hulle geleer. En toe brei hulle hierdie opdrag uit tot alles onder die son, selfs hul kruie en speserye. So sweet hulle om, noulettend, alles uit te werk wat hulle verskuldig is, en versaak op hierdie wyse die waarheid van hul diens aan God. Dit wat die swaarste weeg: geregtigheid, en liefde vir God.

      Ons kan dit verstaan. Om jou kruie tot op die laaste gram af te weeg, is baie eenvoudiger as om te soek na wat reg is. Of om die Here lief te hê met alles wat ons het: hart, siel, verstand, al ons krag. Die najaag van hierdie liefde en geregtigheid vereis veel meer as ’n vermoë om te kan weeg of tel. Tensy jy sewentig maal sewe as ’n sommetjie beskou.

      Die destydse godsdiensleiers se toewyding het besonder in­druk­wekkend gelyk, in die sinagoges en op straat (vgl. v. 43), by die spog­gerige monumente vir die ou profete (vgl. v. 47). Maar Jesus dui herhaaldelik op die gevolge daarvan: “Ellende wag vir julle …” (v. 42, 43, 46, 47, 52).

      Hoe ellendig is vormgodsdiens nie. Dit bluf niemand nie, en dit troos sekerlik nie die beoefenaars daarvan nie. Is die alternatief dan só moeilik …?

      ____________________

      Ag, Here, leer my hoe om geregtigheid te soek, hoe om U waarlik lief te hê.

      Donderdag 21 FEBRUARIE 2019 Lees Psalm 37:1-11, 39-40

      Die

Скачать книгу