Op soek na Tretchikoff. Anita du Preez

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Op soek na Tretchikoff - Anita du Preez страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Op soek na Tretchikoff - Anita du Preez

Скачать книгу

is actually nog heelwat goed wat ek môre vir oom Heydenrych wil vra, besluit ek. Soos wie nou eintlik die grootste Tretchikoff fan was – hy of tannie Olga? En ja, presies wie en wat is hierdie man anderkant my muur?

      2

      “So wie het jóú Weet-Bix afgevat?” vra my baas, Dricus, toe ek die volgende oggend selfs later as gewoonlik by Exotic Tattoos inloop.

      Nou laat ek sommer heel eerste verduidelik: Daar is absoluut niks eksoties aan Dricus of sy “studio” nie. Nee. Die plek skreeu cheap and nasty met sy ylerige dekor. Maar dit pla my nie. Inteendeel. Ek vind dit eerliker as al die pretensieuse kunsgalerye waarmee ek die afgelope dekade te doene gehad het. Veral die laaste een. O vrek. Ek kan my eintlik verlekker in die driedubbele angsaanval wat Veronique Markgraaff en haar man, Kurt, eienaars van Galerie Zeitgeist, sou kry ten aanskoue van Dricus se paar verbleikte plakkate teen die mure en die verlepte monsterplant in die vensterbank.

      Dricus self is ’n boerseun van Phalaborwa wat nie wou boer nie en besluit het hy wil liewer met stensils speel en permanente prentjies op niksvermoedende slagoffers se velle graveer wanneer hulle bietjie by die see kom relax en ondeurdagte besluite maak.

      Maar dit werk. Hulle kom. Elke somer, soos trekvoëls, en hulle betaal sy buitensporige pryse.

      Veral vandat Drikus sy naam met ’n “c” begin skryf en vir hom ’n swartraam-hipster-bril aangeskaf het. Nadat hy sy hare soos ’n muisvoël se kuif laat knip het, en die studio se een binnemuur swart geverf het, lok hy selfs heelwat van die plaaslike jeug wat hulle op geheime plekke wil laat brandmerk.

      En of hy nou Dricus die Macho of Dricus die Gay Ou wil wees, maak aan my geen duit verskil nie. Die dag toe ek iets vir my verblindende migraine by die apteek gaan soek en by die verkeerde deur ingedraai het, het hy potensiaal in my gesien. Miskien was dit bloot omdat hy onder die indruk was ek kom vir die werk wat op die verbleikte nota in sy venster geadverteer is? Miskien het hy besluit ek is reg vir die job omdat ek my verf-jean aangehad het, soos iemand wat skilder? Of dalk was daar toe nog nooit enige ander aansoeke nie? Miskien was dit die heelal wat my voete daardie dag soontoe gelei het, omdat ek in my hardkoppigheid niks van Eric wou hê nie en immers op ’n manier my eie brood moes verdien?

      Dit maak nie op hierdie stadium van die geveg saak nie, want Dricus vra nie vrae nie en maak genoeg geld om my te betaal, so jy hoor mý nie kla nie.

      “Jammer, Dricus,” sê ek, “ek was gou by my landlord aan. Ek sal dit inwerk.”

      “No prob, Lily. Shame, hoe gaan dit met die oom?”

      Dit tref my opnuut hoeveel my huidige baas van my vorige een verskil. Not even the same species.

      “Nee, vol streke so vroegsoggens. Ek wou uitvind van die man aan die ander kant van my muur, maar -”

      “O ja! Bietjie van ’n dark horse daai ene, nè?”

      “Oom Heydenrych? Ag nee, siestog, jong, dis maar die alleen-oud-word-besigheid wat hom so vergeetagtig -”

      “Ek praat van jou buurman, girl, nie van die oom nie.”

      “O … Nou hoe bedoel jy, ‘dark horse’?”

      “Wel … party mense sê hy was ín.”

      “In wat?”

      “In, skat. Soos in ‘in die tjóékie’.”

      Ek steek vas. Was nog op pad om te gaan koffie kry agter die afskorting, in die studio se mini-kombuisie.

      “Genuine?”

      “Nee, jong, ek sal nie vir seker weet nie. Dis maar wat ek gehoor het. Jy weet hoe mense hier rond is.”

      “Weet jy hoe lyk die man?”

      Dricus skud sy kop. “Nie rêrig nie. Hy hou hom baie eenkant. Die enkele kere wat hy hier verbygekom het, kon ek nooit veel uitmaak nie. Net ’n ou in ’n lang, swart jas met sulke vaal, wilde hare en ’n dik bosbaard.”

      Wys jou, dink ek. Gisteraand was ek vrekbang iemand is besig om by my blyplek in te breek, en dalk moes ek eerder in my pasoppens gewees het vir die ou in die ander helfte van die huis! The enemy within, inderdaad. Ek wil my net begin verknies oor die moontlikheid dat oom Heydenrych die een helfte van sy huis aan ’n loser (dis nou ek) en die ander helfte aan ’n tronkvoël verhuur, toe die lelike dreamcatcher bokant die studio se deur klingel. Gelukkig is dit Thuli van Nuts 4 You van langsaan wat inkom. Die steurende nuus oor my buurman moet dus maar wag, want met haar in die omtrek kan g’n mens dink nie.

      “Môre-môre!” roep Thuli en gooi ’n pose in die deur sodat ons die volle impak van die neongroen spanbroek by die bloedrooi valletjiesbloes, afgerond met ’n paar luiperdvel-wedgies, kan ervaar. Ten spyte van die feit dat alles ’n nommer of twee te klein is en dus nie juis hond haaraf maak met haar milde Betty Boop-proporsies nie, is die geheelbeeld van so ’n aard dat die studio – en sommer die lewe in die algemeen – eensklaps helderder vertoon.

      “Môre, kortgat,” groet Dricus.

      Thuli rol haar oë. “Fine,” sê sy en bring twee pakkies van agter haar rug te voorskyn. Met ’n spierwit grinnik in Dricus se rigting, hou sy albei na my toe. “Vat dit liewerster vir jou, Lily. Nuwe gesondheidsprodukte. Try dit uit en laat my weet wat jy dink. Nut balls met dadels en gedroogde mango-en-bloubessiekoekies met kaneel.”

      “Hei!” roep Dricus uit. “Ek dog dan ek -”

      Thuli kyk hom stil met een hand op die heup. “Sorry vir jou, nè? Ongeskikte mense kry niks.”

      “Sal ek vir ons koffie maak?” vra ek, wat nog nie heeltemal seker is oor die manier waarop dié twee mekaar hanteer nie.

      Thuli plak haar welbedeelde agterstewe op die naaste stoel neer, leun vorentoe en lig haar identies ingekleurde wenkbroue nuuskierig vir my. “Net as jy vertel wat die topic was wat julle so haastig gedrop het toe ek hier ingeloop het.”

      “Ag, niks besonders nie, dis -”

      “Lily het sommer gewonder oor die man wat in die semi langs hare bly,” kom Dricus tot my redding. Die laaste ding wat ek wil doen, is om ’n skinderveldtog te begin.

      “O, dáái een.” Thuli pers haar lippe saam soos iemand wat iets weet.

      Ek stort koffie toe ek die drie bekers gelyk neersit. “Wat van hom?”

      “Soos die ding dat hy in die tronk was,” voeg Dricus hulpvaardig by.

      “Nie die trónk nie, silly,” sê Thuli en slurp die skuimpie van haar koffie af. “Die loony bin,” voeg sy by, “dis wat Bennie van die Book Nook sê.”

      Liewe genade. Criminal of lunatic, Lily, take your pick!

      “Ag, Bennie! Ons weet almal hoe hý kan skinder.”

      Ek hang aan hulle lippe. Ek woon per slot van sake langs die skepsel.

      “True,” erken Thuli fronsend. “Maybe is hy maar net soos party van onse swaeltjies, jy weet? Daai wat net somertyd hier aankom en weer verkas wanneer dit koud word. Hy kom mos glo originally van … Griekeland? Nee, wag … Ek dink dis Russia. Ja. Waar het ek dit onlangs gelees? People’s

Скачать книгу