Hans gee Herklaas horings. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hans gee Herklaas horings - Rudie van Rensburg страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Hans gee Herklaas horings - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

nie dis nou lang praatjies nie.

      “Hoe gaan dit?” vra Vasie.

      “Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad, dankie,” mompel Hans.

      Vasie stap ongenooid saam in en vly hom op die gemakstoel neer. Hans gaan sit op die punt van sy bed.

      Sy vriend kyk weer so rond en bont soos altyd. Aan die sakke onder daardie skeel oë en die rooi skynsel op sy wange lei Hans af dat hy gisteraand weer tot laat gefuif het.

      “Sê ek vir myselwers dat geen druppel jenewer ooit weer oor hierdie lippe van my sal kom nie. Het my gisteraand in daai kroegie in Goodwood raakgedrink,” sug hy. “Ek, Maatjie en Jan Doppies weet mos nie waar die brieke sit as die wingerdwiele eers begin rol nie.”

      Hy skep vinnig asem. “Maar ek’s hier om jou oor ’n ander ding te vra. Wil jy nie môre saam met my Hermanus toe kom nie? Sommer vir ’n week of wat. Maatjie sê juis hy en Liesbet sal in jou plek waarneem.”

      Die klomp konkel lankal agter sy rug, besef Hans.

      Vasie grinnik. “Sê ek vir myselwers dit sal lekker wees om so ’n tydjie weg te kom uit hierdie wankelende toring van Pisa.”

      “Sou Baby nie saam met jou gegaan het nie?” vra Hans.

      “Sy sou, maar sy lê nou platgetrek met die bromkatjies. Tóé, man, kom saam! Gaan jou die wêreld se goed doen.”

      “Hoe kom ons daar?”

      “Soos die geluk dit wil hê, ry Kleinboet môre met die tehuis se bussie soontoe. Hy het by ’n teëlplek op Hermanus vloerteëls opgespoor wat soortgelyk aan ons s’n is. Maar hy sal twee keer moet ry, want die bussie gaan nie die volle vrag kan dra nie. Met die tweede keer se gaan haal kan ons saam met hom terugkom.”

      Hans is effe vies dat Kleinboet, Breker se jonger broer en gewese veiligheidswag, nou al twee jaar lank Huis Madeliefie se nutsman en busbestuurder, hom nie daaroor ingelig het nie. Maar Liesbet is seker reg, hy kan sy vinger nie op elke pols hou nie.

      Hoewel Vasie se uitnodiging besonder aantreklik klink, aarsel hy nog ’n oomblik. “Jong, Hermanus is mos maar ’n duur plek. Waar bly ons?”

      Vasie glimlag breed. “Gaan ons nie ’n enkelte sent kos nie. My neef, Herklaas Havenga, het ’n groot dakwoonstel waarin net hy en sy vrou bly. Hy het gesê ons hoef ook nie oor kos te worry nie. Hy borg as’t ware ons vakansie ten volle. Maar sonder verblyfkoste sal ons darem seker ’n geldjie kan afknyp om by ’n paar van Hermanus se voortreflike restaurante te gaan eet en natuurlik ’n paar knertsies daar te maak. Ons is immers dan op holiday.”

      Die hele storie klink vir Hans net beter en beter.

      “Raait, ek is in,” sê hy.

      Vasie spring op uit die stoel. “Jou ou biesiepol!”

      Hy hou sy hand na Hans toe uit om te high-five.

      4

      Toe Dannou weg is, het Grond en Bernadette middagete by Bientang’s Cave in die ou hawe genuttig, waar hulle ’n seekosbord gedeel het. Hulle het die wilde garnale, Wes­kus-oesters, gemarineerde mossels en gerookte kabeljou afgesluk met ’n bottel yskoue Dom Pérignon (2005), terwyl hulle onverpoosd oor The Whale geklets het.

      Teen ’n tafereel van klotsende branders, ’n kobaltblou lug en die gekrys van seevoëls, was dit asof Bernadette in sekere flitsende sekondes vir Grond haar effense skoonheid van ouds herwin het. Ten spyte van haar swaar grimering wat soos Spaanse pleisterwerk ouderdomskrake moet verdoesel, die lippe wat net soos haar ou ma s’n begin pap hang en die onooglike moesie op haar wang wat deur die jare al hoe meer soos ’n vrugtetor begin lyk, het hy hom soms verbeel hy gewaar weer die stralende gesig van sy bruid van twee-en-dertig jaar gelede.

      En vir daardie paar goue oomblikke moet hy Dannou bedank. Dié het genoeg van Bernadette se voorstelle by sy planne geïnkorporeer om haar geesdrif spontaan te aktiveer. Dis duidelik sy deel nou Grond se euforie oor The Whale.

      “Die badkamers in die suites moet iets spesiaals wees. Goue krane, marmerbaddens, dubbele wasbakke en toilette met goud en hout beslaan,” het sy gekoer. En so het sy voortgebabbel oor elke klein detail waaraan Dannou nog nie aandag gegee het nie.

      Oor die nagereg van crème brûlée vir hom en wortelkoek vir haar, het hulle begin bespiegel oor wie almal na die groot bekendstellingsaand genooi sal word: uiteraard Cyril asook Grond se ou huisvriend Thabo, Ace om die ander ANC-faksie nie afgeskeep te laat voel nie, Helen, Trevor, Pravin, FW, die Ruperts, die Players, Ernie, Rassie, Siya en dalk Markus om mediabelangstelling vir die geleentheid aan te wakker.

      Bernadette het ook onderneem om haar vriendskapsbande met Gordon Ramsay te probeer herstel, nadat hulle jare gelede ’n onsmaaklike uitval in ’n restaurantjie in Cornwall gehad het. “Om hom as gassjef te hê sal soveel meer luister aan die spyskaart verleen,” het sy gesê. “En ná die toesprake en feesmaal sal ’n kort kabaretvertoning deur Nataniël die aand darem netjies afsluit, nè?”

      Bernadette het selfs Grond se voorstel aanvaar dat hulle Hoepels van Heerden, befaamde pottebakker van Onrus, nou al opdrag gee om net vir dié aand eetborde in die vorm van walvisse te maak.

      “Maar die borde móét van mekaar verskil. Ons wil nie die persepsie van goedkoop massavervaardiging skep nie,” was haar uitdruklike voorwaarde.

      “Dalk kan ons die borde later weer inspan wanneer ons ander famous gaste in die hotel onthaal,” het Grond gesê.

      “Nee, my skat, dan is dit al tweedehands. Ons kan dit eer­der gebruik om my breekgoed in Kleinmond en Rooi-Els se strandhuise aan te vul.”

      Ná die ete by Bientang’s Cave was albei net te loom om die entjie na Voëlklip toe terug te ry, en het hulle maar ’n middagslapie in hulle seeuitsig-woonstel in Marine Drive gaan vang.

      En nou, terwyl hulle aansit vir aandete in die nuwe hawe se Harbour Rock-restaurant, is dit vir Grond duidelik dat Bernadette se behoefte om oor The Whale se bekendstelling te droom, nog nie uitgewoed is nie.

      “Ek het besluit om Gert van de Merwe te vra om my uitrusting vir daardie aand te skep. Gert ken mos my smaak – elegant, klassiek en tydloos.”

      “Fabulous!” sê Grond. Hy weet Bernadette het al ’n paar keer van dié bekroonde klereontwerper se dienste gebruik gemaak.

      Hulle bestel sushi en ’n bottel Môreson Miss Molly Petit Rosé.

      “Ek visualiseer ’n asembenemende, klassieke swart tabberd, maar met ’n kosmopolitaanse gevoel, as jy weet wat ek bedoel.”

      “Ek kan dit klaar in my geestesoog sien, my liefie,” lieg Grond. “Jy gaan absoluut stunning lyk.”

      Hy kyk op toe iemand ’n hand op sy skouer sit.

      Dis Janneman Koster, jare lank al stadsraadslid en gewese burgemeester van die dorp.

      Hy leun oor na Grond en praat in ’n fluisterstem. “Ek hoor gerugte van groot dinge wat kom. Ons by die raad is baie opgewonde daaroor, hoor! Dit gaan die dorp behóórlik op die mêp sit.”

      Grond knik tevrede. “Ja-nee, ou Janneman, die wiele is aan die rol. Solank julle die bouplanne

Скачать книгу