Hans gee Herklaas horings. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hans gee Herklaas horings - Rudie van Rensburg страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Hans gee Herklaas horings - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

ry in stilte verder. Toe hulle die afdraai Hermanus toe vat, sien Hans sy ou mater het aan die slaap geraak, mond wawyd oop. Hy besluit om ook ’n rukkie te dut.

      En eers toe die bussie tot stilstand kom, skrik hy wakker.

      “Hier begin ons holiday nou, Hans!” skrou Vasie geesdriftig.

      Hulle klim uit terwyl Kleinboet hulle bagasie uit die bakruimte haal. Hans doen eers ’n paar vinnige opwar­mingsoefeninge om sy litte geolie te kry. Hy trek sy blou kniehoogtekouse op en vee sy grys leerskoene met ’n sakdoek skoon. Wil darem nie slonsig by die mense aankom nie.

      Hulle groet Kleinboet. “Ons sal jou bel as jy ons moet kom haal,” sê Hans.

      Die gebou se verf dop plek-plek af, maar andersins lyk dit vir Hans na ’n agtermekaar plek, heelwat groter as wat hy gedink het. Vasie beduie hulle moet om die gebou loop. “Aan die agterkant is daar trappe op na die dakwoonstel.”

      Hulle sukkel met hulle tasse teen die trappe op. Die woonstel se buitedeur staan oop en Vasie neem die voortou en stap in sonder om te klop. “Kom ons gaan sit ons tasse in ons kamers neer en gaan verras ou Herklaas. Soos ek hom ken, sit hy nou in die voorkamer se sonnetjie en bak. En ek weet Wilhelmina vat elke dag dié tyd haar middagslapie.”

      Die vloerplanke in die gang kraak. Vergeelde familieportrette hang skeef teen die mure en iewers saag iemand balke dat hoor en sien vergaan.

      Vasie beduie vir Hans waar sy kamer is. Dis ’n ruim vertrek met ’n dubbelbed en ’n koos by die voetenent op die vloer. Die kamer ruik na kanferballetjies. Hans sit sy tas neer en maak die venster oop. Die plek het ’n ernstige behoefte aan vars lug, dink hy.

      Vasie loer by die deur in. “Kom, laat ons gaan kyk waar’s Herklaas.”

      Hy volg Vasie deur ’n groot kombuis waar ’n hopie vuil borde in die wasbak en kosreste op die tafel wys dat die Havengas klaar geëet het. Hulle loop in by ’n ruim vertrek wat die “voorkamer” moet wees waarna Vasie verwys het.

      ’n Voosgetrapte rooi mat bedek die grootste gedeelte van die plankvloer en die twee banke en paar stoele se erg ingesakte sitplekke spreek boekdele van hulle lang diensjare. In die verste hoek, waar die son deur ’n opening in die gordyne syfer, sit iemand, kaal bene voor hom uitgestrek met wollerige vlootblou pantoffels aan die voete.

      Hy kom verbaas orent uit sy gemakstoel – ’n klein, krom mannetjie met ’n smal, beplooide gesiggie en twee wawiel­ore. Hy en Vasie val mekaar om die nek. Vasie klap hom so hartlik op die blad dat hy ’n tree of wat vorentoe steier.

      “Te lekker om jou lelike bakkies weer te sien,” sê Vasie.

      Hy stel Hans en Herklaas aan mekaar voor en hulle skud blad.

      Toe Herklaas praat, klink dit vir Hans kompleet soos ’n kokende ketel wat begin fluit – skril en deurdringend. “Julle manne is seker lus vir ’n bietjie boeretroos?”

      “Watwou boeretroos,” sê Vasie en kyk vlugtig op sy horlosie. “Sê ek vir myselwers die vliegtuig is lankal verby. Dit kan seker nie kwaad doen om ons vakansie met ’n ou doppie of twee, drie af te skop nie.”

      Die geskuifel van voete laat Hans omkyk. Enkele meters van hom af kom ’n lang, maer en wasbleek vrou nader in ’n sakkerige rok wat tot op haar enkels hang. Lyk kompleet vir Hans of sy van die galg gewaai het. Haar roesbruin hare is uiters dun, sodat haar wit kopvel deurskyn. ’n Regte skedel-bob, soos Liesbet altyd verwys na die vroue met sulke dun haartjies by die tehuis. Haar koeëlronde oë, diep versonke, is soos laserstrale op Hans gerig.

      “Help nie jy groet haar nie, Wilhelmina registreer nie,” fluit Herklaas se stemmetjie.

      Sy neem ’n paar onseker treë vorentoe, soos wat ’n mens van ’n slaapwandelaar sou verwag.

      “Bron-tonikum vir floute, steek agter die blad, hart­kloppings, suur en winde ná ete, heupjig, stywe litte en ’n lekkende blaas.” Wilhelmina praat in ’n singerige stem wat Hans herinner aan Min Shaw wanneer sy die hoë note vat.

      “Genade, vrou, wat is jy deesdae so behep met die Handelshuis se pille, poeiers en strope?” vra Herklaas, maar sy kyk nie na hom nie, haar blik steeds op Hans vasgenael.

      “Panbanine-poeier vir die behandeling van rou ingewandsere. Buccaline-pille vir vergrote mangels en verslapte keelspiere,” Min Shaw sy voort.

      Die ongemak gaan sit vierkantig in Hans se gemoed. Hy hoop nie hierdie vakansie by die Havengas gaan in ’n be­proewende tyd ontaard nie.

      6

      Vanoggend is Grond op ’n missie.

      Hy bel Dannou en lig hom in oor Bernadette se goeie voorstelle oor die badkamers. “Sorg maar dat julle dit stiptelik volg.”

      “Wanneer sal ons weet of u die perseel bekom het?” vra Dannou.

      “Moet jou nie daaroor bekommer nie, my tjommie. Binnekort behoort daai plek aan my. Moenie dat dit julle spoed breek nie. Gaan net full-steam voort.”

      “Ek kan u verseker ons werk vier-en-twintig-sewe daaraan. Oor ’n week sal die finale argiteksplanne gereed wees.”

      “Fabulous!” sluit Grond die gesprek af.

      Hy haas hom na die kombuis, waar die vyf voertuie se sleutels hang, huiwer ’n oomblik en haal die Ferrari 488 GTB s’n van die hakie af. Lanklaas Hermanus se strate met sy rooi blits gevat.

      Bernadette slaap nog en Grond keer Clément Amirault, hul Franse butler wat Bernadette ’n tyd terug by ’n baron in Bordeaux afgerokkel het, voor en lig hom in sy geradbraakte Frans in dat hy gou ’n draai gaan ry. Bernadette gee soggens vir die butler Afrikaanse klasse, want hy het nog nie ’n clue van die taal nie.

      Met handgebare verduidelik Grond vir die bleek Fransman met die streepsnorretjie dat hy die Ferrari vir ’n spin vat om seker te maak sy battery loop nie af nie.

      Hy betrek Bernadette gewoonlik wanneer hy ’n geheime sending onderneem, maar vanoggend mag sy onder geen omstandighede die ware rede vir hierdie rit weet nie. Dit sal haar vrugtetor net weer aan die tril sit.

      En dit was juis om dié rede dat Grond ’n slapelose nag beleef het. Dit het hom gisteraand soos ’n weerligstraal tussen die oë getref net toe hy sy tweedehandse James Hadley Chase-slapband toeklap en die bedlampie wou afsit. Die verlammende besef dat dit die projek nog verder kan vertraag, het sy sooibrand spontaan getrigger. Hy het summier in die badkamer vier Rennies in sy mond geprop en dit soos grondboontjies gekou. Hy moes eers die wit borreltjies by sy mondhoeke afwas voor hy weer in die bed kon klim. Bernadette het ’n skerp oog as dit by sy sooibrand­aanvalle kom en hy was nie lus om weer na haar prekery oor die mediese oorsake daarvan te luister nie.

      Toe hy ry, sien hy die strate is vanoggend besonder besig. Dit stem hom onrustig, maar hy het geen ander keuse as om deur te druk nie. Hy móét weet, anders maak hy ook vannag nie ’n oog toe nie.

      Grond hou in ’n stegie skuins agter Herklaas se ge­bou stil, wat die Ferrari darem effe kamoefleer. Hy haal sy pruik versigtig af en streel vinnig oor sy kaalkop, sit dan sy donkerbril op en beskou homself in die truspieëltjie.

      Niemand sal hom herken nie. Die goue sweetpak help ook, want hy verskyn nooit in die openbaar daarmee

Скачать книгу