Hans gee Herklaas horings. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hans gee Herklaas horings - Rudie van Rensburg страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Hans gee Herklaas horings - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

versoekie rig.”

      “Excellent!” sê Grond.

      Janneman kom regop en beduie na ’n tafeltjie teen die muur. “Maar laat ek loop, wil nie hê vroulief moet vir my wag nie. Dis ons veertigste huweliksherdenking vandag.”

      Toe Janneman sy sit by sy vrou kry, wink Grond ’n kelner nader. “Gaan lewer ’n bottel Veuve Clicquot op my reke­ning by meneer Koster se tafel af.”

      Grond knipoog vir Bernadette. “So ’n botteltjie Franse sjampanje kan ons vorentoe net by die raad help.”

      Maar dadelik sien hy dat Bernadette se feestelike gemoed­stemming geblus is. Daar spring ’n spiertjie in haar wang, wat die vrugtetor laat tril, so asof dit wil wegvlieg. Haar afgeremde mondhoeke voorspel ook niks goeds nie.

      “Jy is lekker breedsprakig vir iemand wat nog nie eens ou Herklaas se plek gekoop het nie,” sny haar stem ysig deur die Harbour Rock.

      “Ai, my liefie, moet tog nie dat ou Herklaas ons aand bederf nie.”

      “Toe jy en Janneman praat, kon ek nie anders as om die werklikheid weer in die gesig te staar nie. Feit is, ons het nog nié ’n staanplek vir The Whale nie. Is daar nie ’n ander gebou in die middedorp waarop jy jou visier moet instel nie?”

      Grond se beswaarde sug klink op soos die gebulk van ’n bees. “Ongelukkig is ou Herklaas se blerrie gebou die enigste geskikte plek. Ek het lank met die stadsbeplanners vergader. Daar is net te veel waterpype onder die ander geboue. Omdat ons diep sal moet grawe vir The Whale se sesverdieping-kelderparkeerarea, sal dit tydrowend wees en allerhande goedkeuringsprosesse moet deurgaan as ons op enige ander site as ou Herklaas s’n werk. Dit sal die projek met twee tot drie jaar terugsit, en dis tog totaal onaanvaarbaar.”

      “En as ou Herklaas volstrek weier om te verkoop?”

      Grond gee ’n laggie. “Hy sal nie, my liefie.”

      “Maar jy sê dan hy wil nie verkoop nie.”

      Grond kug en druk-druk aan sy pruik. “Kyk, ek het die ou imbesiel en sy vrou nog net twee keer vinnig in die dorp raakgeloop en toe genoem ek stel belang in die gebou. Albei kere het hy nie keen gelyk nie. Sy mal ou vrou se geklets maak ook dat mens g’n sin met hom kan praat nie. Maar oormôre gaan ek hom in sy ou flatjie sien en hom ’n offer maak wat hy nie kan refuse nie.”

      “En wat gaan jy hom aanbied?”

      “By sesmiljoen begin, wat die vervalle ou plek seker oor sy goeie ligging werd is. Maar val hy nie daarvoor nie, is ek bereid om tien of selfs meer te hoes. Maar koop sal ek die donnerse plek koop.”

      “Jy sê oormôre?”

      “Ja, sien hom om elfuur in sy flatjie. Hy bly mos bo-op die gebou.”

      “Ek gaan saam met jou.”

      Grond glimlag. “Fantastic! Saam was ons nog altyd ’n unbeatable team.”

      5

      Hans het vanoggend met ’n lied in sy hart na Hermanus vertrek.

      Toe hy voor die tyd in die kantoor besig was om vir Liesbet en Maatjie die fynere besonderhede van hulle taak uit te spel, het die foon gelui. Dit was die bankbestuurder. Hans kon sy ore nie glo nie. Hulle lening vir strukturele herstelwerk is goedgekeur. En die bouspan kan môre al inval om die krake in die mure te takel en die stukkende dakteëls te vervang.

      Hans is in so ’n goeie stemming oor hierdie verwikkeling dat hy in die ry vir Kleinboet opdrag gee om by Peregrine se padstal in te draai. “Ek betaal vir die koffie en iets om te eet, manne. Ons kan darem nie met leë mae op Hermanus aankom nie.”

      “Dis nou nice van jou, Hans!” sê Kleinboet.

      Hulle bestel van Peregrine se alombekende vleispasteie met sous. Toe hulle met oorgawe daaraan wegval, is die goedgekeurde lening die groot besprekingspunt.

      “Nou sal die bokke immers nie meer so na die drinkplek aangetou kom nie,” sê Hans, maar hy sien Kleinboet se begrip strek nie so ver om te snap wat hy bedoel nie.

      “Die klomp gegriefdes sal nie meer die paadjie na my kantoor so uittrap nie,” moet hy verduidelik.

      “O,” grinnik Kleinboet, bedeeld met dalk ’n skraps meer verstand as sy ouer broer, “nou verstaan ek. Het vir ’n oomblik gedink jy beplan ’n klein wildtuintjie op die tehuis se werf.”

      Hans verduidelik aan hulle hoe gelukkig die tehuis is om die lening te kry. “Met al daai krake en lekkasies sou die inwoners in die winter een ná die ander die ewige slaap ingegaan het.”

      “Sê ek vir myselwers dis nie almiskie nie,” beaam Vasie sy stelling.

      Terug in die bussie, stem almal saam dat hulle lanklaas sulke lekker pasteie geëet het.

      “Waar presies is dié dakwoonstel van jou neef, Vasie?” vra Hans toe hulle weer aan die ry is.

      “In die middedorp – uitstekend geleë om sommer te voet al jou inkopies te doen. Hy en sy vrou, Wilhelmina, besit die gebou. In die ou dae was dit die Algemene Handelshuis van Hermanus, waar jy alles en nog wat kon koop. Wilhelmina se pa, wat die eienaar was, moes iewers in die tagtigs die Handelshuis se deure weens die swak ekonomie sluit. Toe rig hy die boonste verdieping in as ’n dakwoonstel en verhuur die onderste deel aan drie sakeondernemings. En sedert sy dood in die laat tagtigs bly Herklaas en Wilhelmina daar. Hulle verhuur die onderste deel deesdae aan ’n vis-en-tjipswinkel, ’n tattoo parlour en die een of ander politieke partytjie wat dit as ’n Wes-Kaapse streekkantoor inspan. Die Havengas leef heel gerieflik op die huurinkomste.”

      “Hoe oud is hulle?”

      “Albei ook al aan die verkeerde kant van tagtig.” Vasie huiwer ’n oomblik. “Wilhelmina het intussen probleme in haar boonste verdieping opgetel. Haar klawers is nogals erg vals.”

      “Hoe so?”

      “Nee, jong, haar kop het geheel en al in die verlede vasgesteek. Sy het van kleintyd af haar pa ná skoolure in die Handelshuis gehelp. En toe direk ná matriek voltyds daar ingeval. Sy het elke produk in daardie reuseplek op die punte van haar vingers geken en was op haar dae ’n uitstekende verkoopsvrou.” Hy sug. “Maar deesdae verbeel sy haar sy verkoop steeds ware in die Handelshuis. Dis al wat oor haar lippe kom. G’n mens kan meer ’n sinvolle gesprek met haar voer nie.”

      Vasie moes die frons op Hans se voorkop gesien het, want hy lag. “Maar moet jou nie bekommer nie, sy’s ’n onskadelike ou dier. Maak nog lekker boerekos en als. En Herklaas sê haar gebrabbel oor die Handelshuis se produkte, glo oor verskeie dekades heen, klink al vir hom soos agtergrondmusiek. Hy luister nie regtig meer nie.”

      “Wat het die Handelshuis als verkoop?” wil Kleinboet weet.

      “Die hele boksemdais. Medisyne, kruideniersware, huis­houdelike toebehore, landbouprodukte, klere … noem maar op en jy sou dit daar kry.”

      “Mens kry nie meer sulke plekke nie,” sê Hans en beduie na die kortbroek-safaripak wat hy aanhet. “Het dié pak in die vroeë sewentigs juis by so ’n handelshuis in die Baai aangeskaf. Maar deser dae kyk die mense by klerewinkels jou mos aan of jy van lotjie getik is

Скачать книгу