Ondergang. Terri Blackstock

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ondergang - Terri Blackstock страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Ondergang - Terri Blackstock

Скачать книгу

uit sonder enige teenkanting van hom. Daarna volg Bo Kent na die motor en klim in die voorste passasiersitplek. Daar is nog geen trane terwyl hulle na die polisiekantoor ry nie. Toe hulle daar kom, kyk Kent na die video-opname. Dit bevestig Bo se storie. Hy was die hele nag by die werk.

      Hy is waarskynlik net ’n bedroefde man in ’n skoktoestand, maar Kent hoop hy het dalk inligting wat hulle na sy vrou se moordenaar kan lei.

      Hoofstuk 5

      Hoofstuk 5

      ”Emily, jy moet ophou met hierdie laat nagte as jy die volgende dag klas het.” Barbara skuif die graankosboks oor die kombuistoonbank na haar leepoogdogter.

      “Ek kan dit nie help nie,” sê Emily in ’n trae, hees stem. “Ek kan nie vroeër aan die slaap raak nie.”

      “Dis haar geaardheid, Ma,” sê Lance met ’n mond vol Cheerio’s. “Sy is deur en deur ’n partytjiedier.”

      “Stil, jy,” mompel Emily. “Ek het nie partytjie gehou nie.”

      Barbara grawe in haar handsak na geld vir Lance se middagete en sit dit op die toonbank. “Emily, ek probeer net sê jy moet stry teen die gewoontes van verslaafdes soos om heelnag wakker te bly wanneer jy die volgende dag klas het. Jy moet leer om vooruit te dink en nie toegee aan die ingewing van die oomblik nie.”

      “Dis nie tipies van verslaafdes nie, Ma. Almal wat ek ken, gaan slaap laat. Dis wat studente doen.”

      “En dis waarom die helfte van die studente opskop voor hulle graad kry.” Barbara kyk na die sestienjarige Lance. “Lance, belowe my jy sal vanmiddag gaan eet.”

      Hy antwoord nie en maak asof hy verdiep is in die woorde op die graankosboks.

      “Lance, het jy my gehoor?”

      “Ja, maar ek haat middagete.”

      “Jy haat middagete?” vra Emily. “Dis verspot. Jy kan liggaamsoefening of wiskunde of wetenskap haat. Niemand haat middagete nie.”

      “As hulle alleen moet sit, haat hulle dit.”

      “Ek het gedink jou meisie sit by jou,” sê Emily.

      “April is nie my meisie nie, altans nog nie.” Hy lig sy glas melk na sy mond en grinnik met sy oë terwyl hy drink. Hy plak die glas te hard neer. “Sy sit nie altyd by my nie. Partykeer slaan sy middagete oor. Hoekom kan ek nie net tuisonderrig kry nie?”

      Dis ’n ou storie. “Lance, jy sal nog vriende maak,” sê Barbara. “Wees net geduldig.”

      “Ek het baie vriende in Jeff City gehad.”

      Hulle het in Januarie hierheen verhuis nadat hulle hulle huis in Missouri verkoop het. Lance was in daardie stadium aan die herstel van ’n ernstige longbesering en hy sukkel nou om in te pas nadat hy in die middel van die skooljaar by ’n nuwe skool moes inval. Aangesien hy tydens die somervakansie geen maats gemaak het nie, het hy ’n lang, eensame drie maande agter die rug. Vroeër het hy altyd bofbal gespeel tydens daardie lang, warm maande en dit was ’n manier om vriende te maak. Aangesien sy longkapasiteit nog nie heeltemal herstel het nie en hy niemand goed geken het nie, het hy egter nie by ’n span aangesluit nie. Barbara is nou spyt dat sy hom nie probeer oorreed het nie. “Jy was altyd ’n gewilde outjie en jy sal weer gewild wees. Boonop sal dit jou sterker maak. Jy leer nou nuwe vaardighede. Byvoorbeeld meegevoel met eensame mense. Dit kan goeie dinge oplewer. Dit was die regte besluit vir die gesin om hierheen te trek.”

      “Nee, dit was reg vir jóú, Ma, sodat jy nader aan Kent kan wees. Ek verstaan dit en ek hou van hom en alles. Maar ek mis my vriende. Ek het dit nooit voorheen gehaat om skool toe te gaan nie. Hierdie ouens behandel my soos die grootste druiloor in Georgia. Ek het gedink dit sal nou al beter gaan, maar niks het nog verander nie.”

      Dit lyk of Emily nou begin wakker word ná ’n paar slukke koffie. “Hulle is net jaloers. As ’n oulike, nuwe outjie opdaag, raak hulle bekommerd dat hy die meisies se aandag sal trek.”

      “April is al meisie wat enige aandag aan my gee en sy behandel my soos ’n broer. Glo my, hulle dink ook almal ek is ’n druiloor. Ek was maer en siek toe ek by die skool aangekom het, en hulle sien my nog steeds so.”

      “Jy is nie ’n druiloor nie.” Barbara leun oor die toonbank en raak aan sy ken. “Kyk na my, Lance.”

      Hy kyk haar in die oë.

      “Jy is ’n held, iemand wat lewens gered het. Jy weet wie jy is. Moenie dat hulle jou wysmaak jy is enigiets anders nie.”

      “Ag, nou ja, hulle dink ek het alles versin.”

      “Dit maak nie saak wat hulle dink nie,” sê Emily, “ons weet wat gebeur het.”

      Barbara kyk na haar seun se borskas. Hy haal nog steeds nie so vrylik asem soos voorheen nie. Partykeer oorweeg sy dit om terug te gaan na Missouri, net om sy lewe makliker te maak.

      Maar sy kon beswaarlik ’n bestaan maak in Jefferson City en daar was heeltemal te veel dwelm-assosiasies vir Emily. En natuurlik is dit lekker om naby Kent te woon. Hulle verhouding het hegter geword nadat sy hierheen gekom het en dit lyk asof daar ’n gesamentlike toekoms vir hulle kan wees.

      Sy was ankerloos ná haar man se dood ses jaar gelede. Kent het weer vreugde en nuwe vooruitsigte in haar lewe gebring. Hy het haar ook gehelp om hier as binneversierder by ’n argiteksfirma werk te kry. Dit is soos ’n droom wat waar geword het. En sy is knap daarmee. Sy verdien selfs meer geld as in die beste jare toe sy haar eie onderneming gehad het. Sy het soveel geld geskuld ná Emily se dwelmdae en die agteruitgang van haar onderneming dat die ekstra geld baie nodig is. Vir die eerste keer in jare kan sy nou kop bo water hou.

      “Kan jy my ten minste vanoggend by die skool gaan aflaai?” vra Lance vir Emily. “Ek haat daardie simpel skoolbus.”

      “Ek kan nie,” sê Emily. “Ek is klaar laat. Ek moet binne ’n paar minute ry en sal nie tyd hê om jou af te laai nie. Ek het vandag ’n toets.”

      “As ek ’n motor gehad het, sou my lewe nie so ellendig gewees het nie.”

      Barbara glimlag. “Dit sal nou nie meer lank wees nie.” Hy het die hele somer hard gewerk en mense se grasperke gesny sodat hy soveel geld moontlik kon spaar. Sy het onderneem om netsoveel by te sit. Maar dit is nog nie genoeg vir ’n betroubare voertuig nie.

      Gelukkig vra Lance nie vir Barbara om hom by die skool af te laai nie. Sy moet ook vroeg by die werk wees om alles agtermekaar te kry vir haar belangrike voorlegging vandag. Hulle gaan tender vir die oprigting van ’n nuwe kerkgebou vir Three Roads Baptist Church, een van die grootste Baptiste-kerke in Atlanta. Die argitekte maak op haar staat om die kerkraad en senior kerkamptenare te oortuig dat haar kleure, afwerkings, brandglasontwerpe en idees vir argitektoniese besonderhede dit ’n wonderlike aanbiddingsplek sal maak.

      Ten spyte van haar moegheid ná die vorige nag, is sy gereed. As alles glad verloop, sal hulle sekerlik hierdie kontrak losslaan.

      Hoofstuk 6

      Hoofstuk 6

      Emily voel skuldig toe sy na haar motor stap. Lance staan en wag vir die groot, geel martelkamer wat hulle ’n bus noem.

      Sy

Скачать книгу