Hartepad. Gerrit Rautenbach

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hartepad - Gerrit Rautenbach страница 8

Hartepad - Gerrit Rautenbach

Скачать книгу

kan jy verstaan hoekom dié stuk toerusting onontbeerlik is. Want as ’n reël is daar bitter min plek vir alles. Om mee te begin, ons boerseuns is nie dwergies nie. En daar is gemiddeld meer as twee per gesin wat agterin ’n kar moet pas. Pa en Ma hou mos van baie. En daai kar word net ’n Kombi as Pa vir die tweede keer trou. Want dan is die kinders mos “myne, joune en ons s’n”. Verder is ons ook baie familievas. As dit vakansietyd is, vat ons vir Ouma saam; dis nie reg dat sy in Pretoria in Oudehof agterbly terwyl ons see toe gaan nie.

      So van Ouma gepraat, daar is mos die ongelooflike storie van die gesin wat met Ventertjie en al op pad terug was van Plet af. Ma, Pa, Ouboet, Kleinboet en Ouma in die Cortina. So kort ná sononder en net so ’n entjie voor De Aar begin Kleinboet kla dat Ouma nou ’n bietjie hard op hom begin leun. Eers probeer Ma en toe Pa, maar hulle kry haar nie wakker nie. So met die instoom in De Aar in trek hulle af by die pompe en Pa stel vas dat Ouma nie slaap nie. Sy het haar laaste seevakansie gehad.

      Pa en Ma besluit hulle sal maar deurdruk huis toe. Ouma kan tog nou nie op De Aar ter aarde bestel word nie. Sy was immers altyd ’n Transvaler. Kleinboet was baie ongemaklik met die idee dat Ouma wat nie meer tegnies Ouma is nie steeds langs hom moes sit die hele pad huis toe.

      “Sit jy ’n bietjie langs Ouma,” daag hy vir Ouboet uit.

      “Nee,” weier Ouboet botweg.

      “Hoekom nie?”

      “Want ek is die oudste. Ek sit by die venster en jy sit in die middel. Altyd.”

      Kleinboet doen wat net ’n kleinboet kan doen. Hy begin huil. Pa wil eers kwaad word, maar besluit dan hy sal liewer doen wat ’n pa veronderstel is om te doen. Maak ’n plan. Hy klim uit en kyk na die petalje. Hy krap kop en begin dan glimlag. Pa’s is tog so oulik. Skielik is hy baie bly hy het die nuwe, langer Ventertjie gekoop. En dat dit die einde van die vakansie is en die wa so te sê halfpad leeg is.

      Van daar het hulle goed gery. Vir die eerste keer in ’n lang tyd het Ouboet en Kleinboet se bobene nie teen mekaar geskuur nie. In Bloemfontein het almal uitgeklim om te piepie en Wimpy-koffie te kry. Stomende polistireenbekers in die hand stap die gawe gesinnetjie terug kar toe. Net om vierspoor vas te steek. In die kort tydjie wat hulle weg was, het iemand besluit om die Ventertjie te steel. Net so losgehaak en gelaatwaai.

      Dis ’n waar storie dié. Dit het met die Smitte van Vanderbijlpark, die Myburgs van Pretoria, die Krugers van Randburg en die Bruwers van Koster gebeur. Vra hulle maar.

      Njannieskoepella.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RaJRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowNiAwNjo1 NjoyNgAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGX6ADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABVTAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABmAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A6D0UxpWh6Kp5r/TtbUbn Y1Ypuyrr2MFjxXS6itwrqfXe1zW/afVyP0XqelX/AIP1fVVoyrVh4UJpTGnyVex3Ua+nsy7LLd1l 9jHAPpa0V1ty91rX/ZP0DKrKGvvY77ZZ9no/w3+ETB1N3qtsvc11eXTQ/YKiXCzLdhvfTW6iz0MR 1AsqZ6r7cn7Rj/4L0n/a17g8VcKY0qJpVnHotNuSX3WWiuz02McKw0A1Y98/oaqnb91z/pP+gqFz uob+oMpc7e0uqxWkMsO+y30MWzGx9jfZjtpyvXZk3WevZs9iPHSOFIaVE0pV3W5NtLarNld+RkD2 hhc2qvHZk0V/pGWf4S2v3uZvTYtWV

Скачать книгу