Uit die Beek 2015. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk страница 5

Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

style="font-size:15px;">      “Net soos Moses swaar gepraat en vir Aäron nodig gehad het wanneer hy ’n boodskap moes oordra, so is wyn my Aäron om my die nodige vrymoedigheid te gee wanneer ek in die gemeente praat of bid,” verduidelik een van die gemeentesusters. Dit het gemaak dat sy dinge gedoen en gesê het wat eerder kon gebly het. Dit het meer skade as goed gedoen. Maar sy kon dit nie self insien nie, omdat alkohol ’n mens se brein verlam.

      Vandag wonder ons waarom die Here juis hierdie enigste keer dat Hy direk met Aäron gepraat het, gekies het om oor alkoholiese drank te praat. En dit terwyl Aäron diep bedroef was oor sy seuns wat sopas wreed dood­gebrand het. Het dronkenskap dalk iets met hul roekelose en oneerbiedige optrede te doen gehad? Die Here verbied nie alkoholiese drank nie, want nie almal was nasireërs nie. Maar Hy verbied dit wanneer iemand diens doen in die gemeente (vgl Eseg 44:21; 1 Tim 3:3; 1 Pet 4:7).

      Ons lees in Jesaja dat die priesters van sy tyd dronk was toe hulle moes leiding gee (vgl Jes 28:7). Dit het die Naam van die Here groot skade aangedoen. God haat dit. Dalk moet ons twee maal dink voordat ons alkoholiese drank aan iemand aanbied. Die gevolge kan dalk verskriklik wees.

      GEBED: Here, hou my nugter in u diens.

      Lees vanaand in Levitikus 11:1-19 watter diere, visse en voëls vir die Jode as kos moes dien.

      Woensdag 14 Januarie 2015 • Lees eers Levitikus 11:20-38

      Wat eet jy nie?

      Verder is alle viervoetige wilde diere wat nie hoewe het nie, onrein (11:27).

      GESELSVRAAG:

      Watter soort kos sal jy nooit eet nie?

      “Hierdie dis is darem heerlik. Ek wonder wat dit is,” sê ’n toeris in Sjina aan sy maat. Hy probeer met die kok praat, maar dié kan net Sjinees verstaan. “Pik-pik-pikkêk?” vra die toeris terwyl hy na die dis wys. Toe gaan die lig vir die kok op. Hy skud sy kop. “Woef-woef!” verduidelik hy. En skielik kon die toeris nie verder eet nie.

      Al hierdie seremoniële wette klink vir ons vandag baie vreemd.

      Wat sou die doel daarvan wees? Daar is wel goeie higiëniese redes waarom sekere kosse in daardie omstandighede verbode was. Maar die hoofrede was seker dat die Israeliete anders moes wees as die volke rondom hulle. Hulle moes nie in die versoeking kom om soos die ander volke te doen nie, want dit sou hulle onvermydelik na afgodsdiens lei.

      Volgelinge van die Here Jesus kom uit elke volk en taal. Hierdie wette geld nie vir hulle nie. Jesus het alle kos rein verklaar (vgl Mark 7:9). Petrus moes leer dat alle kos aanvaarbaar is (vgl Hand 10:15). Hulle kon nie die Joodse gewoontes op die bekeerlinge uit ander kulture afdwing nie. Paulus moes Petrus by geleentheid sterk aanspreek omdat sy Joodse hart ’n struikelblok vir die evangelie geword het (vgl Gal 2:11-14). Paulus het geleer om hom by die plaaslike kultuur aan te pas ter wille van die evangelie (vgl 1 Kor 9:19-23).

      GEBED: Here, help my om te onderskei wat vandag reg is.

      Lees vanaand in Levitikus 11:39-47 hoe die Here die doel van dié vreemde wette verduidelik.

      Donderdag 15 Januarie 2015 • Lees eers Levitikus 12:1-8

      Die wonder van geboorte

      Hierdie wet is van toepassing op enige vrou wat ’n kind in die wêreld bring, of dit nou ’n seun is of ’n dogter (12:7).

      GESELSVRAAG:

      Hoe vier ons die koms van ’n nuwe baba?

      “In my navorsing het ek gevind dat daar iets goddeliks gebeur in die ontwikkeling van ’n baba voor geboorte,” vertel ’n mediese wetenskaplike. Hy het met die jongste tegnologie nagevors hoe ’n mens ontwikkel van een bevrugte sel tot ’n volledige mensie met al die liggaamsdele op die regte plek en met die regte vorm en funksie. Daar is soveel dinge wat verkeerd kan gaan, en tog word verreweg die meeste babas normaal gebore. Dit is wonderlik.

      Ons kyk maklik vas teen die onderskeid wat in hierdie gedeelte gemaak word ten koste van dogters. Hoekom is ’n ma twee maal langer onrein met ’n dogter as met ’n seun? Iets hiervan kom vandag nog voor in kulture in byvoorbeeld Sjina en Indië. Hierdie seremoniële wette geld in elk geval nie meer vir Christene nie (vgl Gal 3:28). Mans en vroue is gelyk voor God. Ons mag nie diskrimineer nie.

      Wat wel van belang is, is dat God belangstel in die baba en die ouers, van die eerste dag af. Dit is Hy wat die baba gevorm het (vgl Ps 139:13). Die baba moet aan Hom gewy word – in die geval van seuntjies was dit met die besnydenis (vgl Lev 12:3). Ná die koms van Christus word die seuns sowel as die dogters gedoop, in die plek van die besnydenis (vgl Kol 2:11-12). Hierdie gedeelte verklaar ook waarom Josef en Maria twee duiwe as offers gebring het (vgl Luk 2:24).

      GEBED: Here, ons wy ons en ons kinders ten volle aan U.

      Lees vanaand in Levitikus 13:1-8 hoe aansteeklike velsiektes in daardie tyd beheer is.

      Vrydag 16 Januarie 2015 • Lees eers Levitikus 13:9-23

      Basiese gesondheidsorg

      Die priester kan hom dan rein verklaar (13:23).

      GESELSVRAAG:

      Wanneer moet ons beslis dokter toe gaan?

      “Wat kan ’n mens doen as jy siek word op ’n plek waar daar geen dokter is nie?” is die vraag waarmee baie sendelinge in primitiewe gemeenskappe worstel. Daar is selfs boeke en internetwebwerwe beskikbaar om sulke mense te help. In die ou dae was daar net boererate om op terug te val, en daar is selfs versamelings van sulke boererate waaraan baie mense destyds geglo het.

      Die Israeliete was op trek deur die woestyn, met geen dokters in hul ge­ledere nie. Die priesters moes maar die rol van dokter ook speel. Hulle het wel besef dat sommige siektes aansteeklik is – vandaar die lang lys mediese voorskrifte wat aan die priesters gegee is. Diegene met aansteeklike siektes moes kontak met die gesondes vermy. Dit lyk asof hulle velsiektes uit Egipte saamgebring het.

      Vandag is ons geneig om hierdie hoofstukke oor te slaan, want kundige dokters is naby. Miskien hardloop ons dokter toe nog voordat ons gebid het. Ons kan egter weet dat ons gesondheid ook vir die Here belangrik is. Jesus en sy dissipels het baie mense genees (vgl Hand 5:15-16; 8:7). Dit was deel van Jesus se bediening (vgl Hand 10:38). Die Afrika-Onafhanklike Kerke lê steeds baie klem op genesing, en die hele gemeente bid en dans tydens die erediens om die sieke. Moet ons dalk iets by hulle leer?

      GEBED: Here Jesus, U is die groot geneesheer. Genees ons ook.

      Lees vanaand in Levitikus 13:24-28 hoe brandwonde destyds behandel is. Wat sou ons vandag in sulke gevalle doen?

      Saterdag 17 Januarie 2105 • Lees eers Levitikus 13:29-39

      Eensaam en verstote

      Die persoon is onrein (13:36).

      GESELSVRAAG:

      Watter mense word deesdae vermy?

      “My beste vriendin is ’n dokter. Toe sy my in haar spreekkamer vertel dat die toetse wys dat ek MIV-positief is, het ek opgelet dat sy nie weer haar mediese handskoene uitgetrek het voor sy my gegroet het nie. Op daardie oomblik het ek besef dat ons vriendskap daarmee heen is,” vertel ’n predikant se dogter. Mense is bang om aan te steek, en wil

Скачать книгу