Ultrasatyn 2 in 1. Elsa Winckler
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Ultrasatyn 2 in 1 - Elsa Winckler страница 5
Dis nog vroeg en daar is baie oop parkeerplekke voor die gebou. Veral noudat die jaar tot ’n einde kom. Die fakulteit se deure is reeds oop. Die ontvangsdame is genadiglik nog nie op kantoor nie, maar die skoonmakers is reeds doenig. Doelgerig stap sy in die gang af. Wat sy gaan doen as hy reeds in sy kantoor is, weet sy nie. Óf omdraai en later terugkom, óf instap en die deur agter haar sluit. Genade, sy hoop daar is ’n sleutel in die slot, want wat sy beplan, moet agter ’n geslote deur gebeur. Miskien selfs meer. Nou of nooit.
Lukas het hulle in kennis gestel dat hy weggaan, maar nie verduidelik wat die rede daarvoor is. Miskien probeer hy sy privaat lewe privaat hou. Dit het seker niks met die studente te doen nie.
Dr. Lukas Strauss, lees sy die naam op die kantoordeur en haar hart mis ’n slag. Eers haal sy diep asem voor sy aan die knip voel. Die deur is nie gesluit nie. Versigtig stoot sy dit op ’n skreef oop, maar daar is niemand in die kantoor nie en sy glip verlig na binne. Druk die deur vinnig weer agter haar toe. Behalwe vir ’n stapeltjie papiere op die lessenaar is die kantoor feitlik leeg – soos dié van iemand wat dit nie meer gebruik nie. Langs die vullisdrom by haar voete staan twee toegeplakte bokse.
Haar oog val op die swart lessenaarstoel en haar harttempo begin ritmies toeneem.
Sy wil eerder nie dink aan alles wat verkeerd kan loop nie, want sy kan nie van plan verander nie. Dalk is dit juis dít wat in haar vorige verhouding verkeerd geloop het. Te min waagmoed.
Blitsig trek sy haar broekie uit. Prop dit saam met haar sleutel in haar skouersak. Toe neem sy stelling in op die stoel sodat sy kan besluit watter posisie die beste is. Eers sper sy haar bene so wyd sy kan – sal hy ooit iets kan sien? Visie is belangrik. Sy het êrens gelees mans is bo alles visueel ingestel. Toe haak sy een been oor die rand van die stoel, maar sy haal dit dadelik weer af. Dis ongemaklik en te prikkelpopagtig.
Eerder net gewoonweg sit, haar bene subtiel oop. As hy ’n ware man is, behoort hy niks te mis nie.
Dis terwyl sy so sit dat onsekerheid besit van haar neem. Sê nou hy is nie alleen nie? Sy weet nie wat die ergste gaan wees nie – ’n ander student of ’n dosent? Sê nou hy is in ’n vaste verhouding en sy skok hom uit sy geloof? Hopelik sal hy haar nie van seksuele wangedrag aankla nie. Sê nou hy vind haar nie aantreklik genoeg om die uitnodiging te aanvaar nie? Sy is nie sterk genoeg om deur hom verwerp te word nie.
Dit is die mees ondeurdagte ding wat sy nog ooit gedoen het. Sy word gedryf deur haar lyf en hormone. Daar is niks rasioneel aan wat sy beplan om te doen nie. Sy het nie gedink hoe een van hulle later hieroor sal voel nie. Genade tog, sy is grootgemaak om haarself en ander te respekteer. Maar sy wil nie langer teen haar gevoel vir hom stry nie. En dis waar – sy was nog altyd te versigtig. Dis tyd dat sy waag.
Sy wil vir Lukas Strauss hê, vir nou en vir altyd. Al moet sy dan ook haar lyf gee.
Sy sit nog so met haar bene oop toe realiteit haar soos ’n skoot koue water voor die kop tref. Dis nie ’n fliek dié nie. Die man gaan dink sy is van haar kop af. Miskien sou dié truuk gewerk het as hulle ou getroudes was en sy bietjie woema in ’n saai liefdeslewe wou blaas. Maar nie hier en nou nie. Sy spring op, gryp haar sakkie en mik na die deur.
Die aankomende stemme in die gang stuit haar in haar spore. Dis hý. Hy groet iemand en dan hoor sy hom voor die deur. Haar hart bereik ’n tempo wat haar byna laat stik. Ag, hel tog. Toe gooi sy haar sakkie op sy lessenaar en gaan sit weer op die stoel.
Haar bene wyd oop.
Drie
Die deurknip beweeg. Liewe hemel, wat doen sy? Sy is nie ’n oorryp vy, gereed om oopgebreek te word nie. Lukas Strauss kan haar nie sommer net op ’n skinkbord kry nie. Hy behoort te werk vir haar. Dis hoe mans se belangstelling geprikkel en gehou word. Enige vrou met selfrespek sal haar nooit só vir ’n man gee nie. Dis net té desperaat. Haar bene klap toe en die deur swaai oop.
Kiertsregop sit sy agter Lukas Strauss se lessenaar. Haar hart in haar keel. Hy het nie gesien nie. Dankie, tog. Sy het betyds tot haar sinne gekom en dis hoe dit gaan bly. Lukas Strauss sou nie so ’n banale, inhibisielose vertoning in sy kantoor verdra het nie. Die realiteit is: dis nie hoe ’n vrou ’n man vang nie. Nie as jy hom lewenslank wil hê nie. Oor drie weke wil sy haar meestersgraad met haar kop omhoog ontvang. Nie soos ’n volstruis met haar kop in ’n gat omdat sy mense nie in die oë kan kyk nie. Magtig. Sy is ’n mens in eie reg. ’n Vrou wat kan kies wanneer en hoe haar interaksie met mans is. Met Lukas Strauss inkluis. Dis nie nodig dat sy haar soos ’n ou, vuil vatlap voor hom oopgooi nie. As hy haar wil hê, moet dit uit eie wil wees en dan sal sý die een wees wat die voorwaardes neerlê.
Lukas betree die kantoor. Kyk gesteurd na haar en dan met ’n geligte wenkbrou na die naam op die deur. Die frons tussen sy oë keep dieper.
“Die kantoor is nog myne. Of verbeel ek my?” vra hy grinterig en sit sy tas langs die lessenaar.
“Nee.” Haar hart het nog nie tot bedaring gekom nie en sy wonder of hy die angs in haar kan aanvoel.
“Jy sit op my stoel. Besoekers sit gewoonlik voor die lessenaar.” Die vermakerige toon in sy stem ontgaan haar nie.
“E … jammer … ek …” Sy weet nie watter verskoning om aan te bied nie en bly dus maar stil.
Die donker blik wyk nie van haar nie en sy wonder selfbewus of hy kan sien sy het nie al haar onderklere aan nie. Die blote gedagte laat haar bloos. Ineens voel sy kwesbaar en haar lyf terselfdertyd swaar, sommer baie swaar en die klopping, wat ritmies in die intiemste deel van haar liggaam begin, laat haar hulpeloos. Sy hoor skaars wat hy sê sodat hy sy woorde moet herhaal.
“Ek vra of daar iets is waarmee ek jou kan help, juffrou Viviers. Of maak jy ’n gewoonte daarvan om soggens in dosente se kantore uit te hang?”
Verbeel sy haar of het sy oë ’n oomblik te lank op die lae hals van haar toppie gerus? Die toppie is net laag genoeg sodat mens kan sien waar haar rondings begin. O, genade, sy kan voel hoe haar borste begin saamtrek. Daar doen hy dit weer. Sy oë sak net ’n breukdeel van ’n sekonde voor hy weer in haar oë kyk. Sy het hom onkant gevang. Dis duidelik.
“E … ja.” Sy weet sy klink asof sy niks tussen haar ore het nie, maar om nou iets sinvols te sê is feitlik onmoontlik. Ongemaklik staan sy op en skuifel weg van die gewraakte stoel.
Hy loop om en gaan staan agter sy lessenaar. Hy kyk nie weg van haar gesig nie.
“Ja, jy wil iets bespreek of ja, dis jou gewoonte?”
“Ek het iets om te bespreek.”
“Nou sit dan, asseblief.”
“Die toets van verlede week.” Die klopping van begeerte weergalm in haar hart en haar kop toe sy op die onskuldige stoel oorkant hom gaan sit. Sy haal ’n paar keer diep asem. Fokus haar aandag met ysere selfbeheersing op laas week se toets.
“Wat van die toets, juffrou?” Ongeduld slaan deur in sy stem. Hy gaan sit, vou sy hande op die tafel voor hom en leun effens vorentoe, sy oë brandend in hare. Toe is dit asof iets in hom skietgee. Hy glimlag effens en leun gemaklik teen die rugleuning van sy stoel.
“Leila Viviers.” Haar naam val sag oor sy lippe. Hy sê dit asof sy spesiaal is. “Ek herken jou oë altyd eerste. Die kombinasie van die suiwer blou en donker wimpers het my opgeval die eerste keer toe jy my klas binnegestap het. En daarna sien ek dit elke keer eerste raak. Jy was my getrouste student