Baas van Babilon. Ena Murray

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Baas van Babilon - Ena Murray страница 7

Baas van Babilon - Ena Murray

Скачать книгу

die dae wat volg, leer Salome haar skoonfamilie ken. Aan die einde van die eerste week kan sy al ’n baie raak opsomming van elkeen gee en weet presies wat om van elkeen te verwag. Sy weet, onder meer, dat sy absoluut niks van haar skoonma moet verwag nie; dat sy geen hoop in haar hart moet koester dat hierdie hooghartige vrou haar ooit as haar enigste seun se vrou sal erken en aanvaar nie. Waar sy enigsins kan, maak Joey de Ridder asof sy eenvoudig nie van ’n mens soos Salome se bestaan bewus is nie. Wanneer sy soms verplig is om na Salome te kyk of met haar te praat, is haar oë en stem ewe ysig en minagtend. Salome verkies om liewer heeltemal geïgnoreer te word.

      Ria de Ridder kon sy nog nie heeltemal plaas nie. Soms is haar skoonsuster heeltemal vriendelik teenoor haar, maar Salome kom agter dat dit net gebeur wanneer hulle alleen is. Sodra van die ander bykom, kruip sy in haar dop en hoewel haar oë geen vyandigheid inhou nie, raak sy weer ’n totale vreemdeling.

      Calvyn sien sy min. Hy is blykbaar ’n baie besige man en is bedags net aan eettafel te sien. Ook saans sien sy hom maar min, want hy trek hom meestal terug in sy studeerkamer, waar hy blykbaar besig is met die geldsake van die boerdery. Die kere dat hy wel in die geselskap is, is hy beleef vriendelik teenoor haar, maar nog altyd op daardie veraf, koel manier wat geen vriendskap of vrymoedigheid van watter aard ook al moontlik maak nie. Beleefde vreemdelinge, dis wat sy en haar swaer is, en so sal dit blykbaar bly, besef sy teen die einde van die eerste week.

      3

      Maar daar is iets anders wat Salome veel meer hinder as haar skoonfamilie se kille, afsydige houding. Deon het skielik vir haar ’n vreemdeling geword. Pleks daarvan dat die eerste huweliksmaande hulle nader aan mekaar gebring het, het dit ’n stelselmatige verwydering tussen hulle veroorsaak – ’n kloof wat sy reeds in die stad agtergekom het, maar wat hier op Babilon elke dag al opmerkliker en groter word. Sy durf dit nie langer ignoreer en aan haar verbeelding toeskryf nie.

      Hy kom en gaan gedurig sonder dat hy iemand, selfs vir sy vrou, sê waarheen en waarom. Hulle is nooit meer alleen nie, en wanneer hulle saans eindelik privaat in hul kamer is, is daar skielik niks om oor te gesels nie. As die ander huismense Deon se gedurige afwesigheid opmerk, sê hulle niks nie.

      Op ’n dag merk Ria terloops op dat Deon ’n geweldige groot vriendekring in die omgewing het en steeds baie gewild is onder die jong mense. Hy soek seker maar almal weer op. Salome het niks daarop te sê nie, want dit is onnodig. Albei dink dieselfde: ’n man vat sy vrou saam en stel haar bekend wanneer hy sy vriende van weleer opsoek.

      In die stad sou Salome miskien nog met Deon hieroor gepraat het, maar dis of sy, sedert hulle op Babilon aangekom het, nie meer die vrymoedigheid het om met haar man te gesels oor dinge wat haar hinder nie. ’n Wye poort skuif stadig maar seker tussen hulle in. Hoe groot daardie gaping reeds is, laat Salome verslae teen die einde van haar eerste week op Babilon. Daar is niks wat sy daaraan kan doen nie, besef sy bitter. Sy staan heeltemal magteloos. Nie net het sy geen voeling met Deon se mense nie, sy het ook heeltemal kontak met hom verloor.

      Wat soek ek hier op Babilon? is die vraag wat telkens by haar opduik. Hoekom bly ek hier?

      Sy is net ’n vyfde wiel aan die wa hier. Haar skoonma wil beslis geen skoondogter hê nie. Die baas van Babilon ignoreer haar bestaan. Deon toon duidelik dat hy nie werklik ’n vrou nodig het en beslis ook nog nie ryp vir die getroude lewe is nie. Dis net Ria in wie Salome ’n moontlike vriendin sien, maar sý is ’n nietige, minder belangrike ratjie in die komplekse struktuur van Babilon se wêreld.

      Saterdagoggend, sewe dae ná hul aankoms op Babilon, sê Calvyn uit die bloute dat hy dorp toe moet gaan. Ria vra dadelik om saam te gaan vir inkopies, en hy draai vraend na Salome. “En jy? Het jy nie ook inkopies te doen nie?”

      Salome skud net haar kop. Daar is kleinigheidjies wat sy wel nodig het, maar aangesien haar paar randjies onrusbarend skraps begin word, kan sy maar daarsonder klaarkom. Ook die finansiële sy van haar huwelik en verblyf op Babilon is nog ’n groot bron van geheime kommer. Wanneer die paar rand in haar beursie op is – wat dan? Op Deon kan sy beslis nie staatmaak nie. Wat hy het en wat hy so kwistig uitstrooi, kom van sy ma af, en Salome ly liewer gebrek voordat sy een enkele sent van haar hooghartige skoonma vir persoonlike behoeftes aanvaar. Dit steek haar steeds dwars in die krop dat sy hier kos en slaapplek ontvang sonder dat hulle tot die algemene lopende koste van die huishouding bydra. Sy is nie gewoond om te teer op ander nie, en namate die dae verbygaan, sluk sy haar kos al swaarder af.

      Sy kyk weer vlugtig na Calvyn en sien dat hy haar fronsend aankyk. Nadat al die rekeninge en los goedjies betaal is, het daar bloedweinig van haar geldjies oorgebly toe hulle na Babilon gekom het, en natuurlik het sy nie ’n enkele sent gebruik van die rol note wat hy daardie dag op die tafeltjie tussen hulle neergesit het nie. Sy het Deon ook nie daarvan vertel nie, en wag nog steeds vir ’n geskikte geleentheid om dit weer aan Calvyn terug te gee.

      Toe sy ’n rukkie later gangaf stap, word sy egter voorgekeer. Toe sy in sy oë kyk, besef sy opnuut dat Calvyn de Ridder ’n vlugge verstand het en dat daardie skerp oë dieper as die oppervlak kyk.

      “Ek wil jou in my studeerkamer spreek, asseblief.” Dis ’n bevel, en sy knik.

      “Ja. Ek wil jou ook spreek. Ek wil net iets gaan haal.”

      Enkele oomblikke later kyk hy fronsend na die geld wat sy op die blink blad van die lessenaar tussen hulle neersit.

      “Jy kan dit maar tel. Dis nog presies soos jy dit vir my gegee het. Ek het niks daarvan gebruik nie.”

      Fronsend kyk hy op na waar sy uitdagend, trots voor hom staan, en kom toe stadig orent, iets waaroor sy jammer is. Dis of sy makliker haar man teen hom kan staan solank hy sit. Maar sy fors gestalte rys voor haar op en nou moet sy haar kop agteroor gooi om in sy priemende oë te kyk.

      “Jy probeer doelbewus moeilik wees, nè, Salome? As jy nie hierdie geld gebruik het nie, moet jy sonder geld sit. Ek ken my broer goed genoeg om te weet dat hy heelwat skuld sou gehad het om te vereffen voordat julle hierheen gekom het. Neem hierdie geld …”

      “Dankie, maar ek het nie jou geld nodig nie. Ek sal regkom.”

      Dis duidelik dat sy humeur die oorhand oor hom begin kry.

      “Jy wil nie vanoggend saamgaan dorp toe nie omdat jy nie geld het nie, nie waar nie? Jy vermaak net jouself, Salome. Daar moet tog goed wees wat jy nodig het, indien nie vandag nie, dan wel op ’n ander dag. Neem hierdie geld, en ons kan later ooreenkom oor ’n maandelikse toelaag vir jou. Ma kry dit, en so ook Ria. Aangesien jy nou een van die gesin is, is jy ook daarop geregtig.”

      Salome lyk bleek en ontsteld, maar nog steeds trots en baie vasberade.

      “Ek sal my geen reg aanmatig waar dit die De Ridders van Babilon aangaan nie. Jy maak ’n fout. Ek is nie een van die gesin nie en sal dit nooit wees nie.” Die mooi mond trek wrang. “Ek het nog nooit gehoor dat ’n mens ’n toelaag kry om te spook nie.”

      “Wat bedoel jy?”

      Sy stem waarsku haar dat sy eers moet dink voordat sy praat, maar haar antwoord kom dadelik en helder: “Dis wat ek is – ’n spook in die groot herehuis van Babilon. Ek dien geen doel hier nie. Ek …”

      Hy swaai sy hand in ’n ongeduldige gebaar, en agter daardie beweging eien Salome die woede van ’n groot man.

      “Moenie twak praat nie, Salome! Jy is nou ’n De Ridder, die vrou wat waarskynlik die De Ridder-geslag sal voortplant. Hoe kan jy sê jy dien geen doel nie?” Sy blik is onheilspellend op haar gerig, maar sy kyk terug. “Dis nie net die De Ridders wat skuld

Скачать книгу