Tienerharte 4: Hartsnaar. Cecilia Steyn

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tienerharte 4: Hartsnaar - Cecilia Steyn страница 5

Tienerharte 4: Hartsnaar - Cecilia Steyn Tienerharte

Скачать книгу

’n ou en sy’s ’n mooi meisie. Julle spandeer heeltemal te veel tyd saam. Soos hulle sê: It was bound to happen. Buitendien, ek hou al lank duim vas.”

      My foon vibreer in my broeksak. Ek haal dit uit. Dis Sophia.

      Lus om saam studio toe te kom?

      Ma glimlag. “Phi?” vra sy.

      Ek knik. Wat sê ek nou vir Ma? ’n Mens praat mos nie met jou ma oor sulke goed nie. Maar wat as ek dalk nooit die kans kry om die tipe goed met haar te deel nie?

      Ek tik vir Soph: Sure, sien nou.

      Ek kyk vir ’n oomblik ernstig na Ma. Sy’s reg en sy weet dit.

      “Wel, ek’s nie haar tipe nie.” Ek skud my kop. “Ek het soos ’n idioot haar eksamensak vanoggend ná skool gedra, die een met die moerse pienk tossel. Sy en die ander kinders het gedink ek’s mal.”

      Ma se lyf ruk soos sy lag.

      “Dis nie snaaks nie.” Nou lag ek ook. “Ek het seker so stupid gelyk.”

      “Jy moet net vir haar wys jy is haar tipe,” sê Ma asof dit die maklikste ding op aarde is om te doen.

      “Hoe?” vra ek. Dalk het Ma beter raad as Google.

      Ma beduie met haar kop na my lessenaar. “Miskien moet jy vir haar een van daardie liedjies sing wat jy geskryf het.”

      Ja, right. Ek sing nie eens in die stort nie. Sophia weet ook nie ek kan goed kitaar speel nie. Ek wou net iets oor myself vir myself hou. Ek sal nooit die guts hê om voor Sophia te sing nie. Wat nog vir haar te sing oor hoe ek voel.

      “Maar … hoe weet Ma daarvan?”

      “Ek het nie gesnuffel nie. Jy het verlede week die boek op jou bedkassie vergeet.”

      Ná ’n dag soos vandag, agter ’n toe deur, vat ek soms Pa se Gibson en skryf ’n song of twee oor hoe die lewe suck. En deesdae suck dit nogal baie.

      “Sophia Maria, is jy al weer hier?” vra Soph se dansonderwyseres toe ons eenuur die ateljee in Stellenbosch binnestap. “Hallo, Noah. Sleep sy jou al weer saam?”

      “Hi, Juffrou. Jip, ons is mos onafskeidbaar.”

      “Ek wil my pas de bourree kom oefen voor die middagklasse begin,” verduidelik Sophia. “Dis nog nie perfek nie.”

      “Dit het gister vir my perfek gelyk, maar as jy moet …” Juffrou Isabel haal haar skouers op. “Die plek is joune, ek gaan gou iets kry om te eet.”

      Sy verdwyn by ’n sydeur uit. Toe tref dit my ek en Sophia is alleen in hierdie groot gebou. Ons was al so baie alleen hier, maar nou voel dit skielik of hier vandag nie genoeg suurstof in die plek is nie.

      Sophia stap na die agterkant van die groot vertrek. Al die mure het spieëls en die houtvloere is blink gepoleer. Sy buk en trek haar sweetpakbroek af nadat sy haar trui oor haar kop gepluk het. Haar bewegings laat elke sel in my lyf skielik regop sit en notas vat.

      Ek kreun in my kop. Sy het ’n klein swart leotard aan met ’n sagtepienk lyfkous. Ek stap stadig nader en vryf oor my nek. Hoekom het ek gedink dis ’n goeie idee om saam te kom?

      Toe ek langs haar buk, raak my vingers besig met my viooltas se gespes. Beter so. Ek gaan sit kruisbeen langs haar. Sophia is besig om wit pleisters om haar tone te draai. Ek pluk-pluk speels aan die vioolsnare, nes Soph daagliks aan my hartsnare pluk.

      “Niknak-tone,” sê ek en stamp haar skouer liggies. Sy lag. Haar arme voete bly omtrent in die slag met die dansery.

      “Ten minste kan ek my tone in skoene wegsteek, maar almal kan jou vingers sien,” sê sy en stamp my terug. Haar elegante hande maak vinnig werk van haar balletskoene. Ek krimp ineen. Dit lyk so seer toe sy haar tone daarin wurm.

      Gehipnotiseer kyk ek hoe sy met swaaiende heupe na die rekstok stap. Haar skouers is fyn en kragtig. Haar beenspiere perfek gevorm. Ek maak eerder my mond toe voor ek begin kwyl hier reg voor haar.

      Met een been op die rekstok begin sy opwarm. Vorentoe, dan agtertoe. Oor en oor doen sy dit. Haar lyf buig sensueel agteroor en dit laat my dink aan ’n koppelboog op bladmusiek. Ek draai vir ’n oomblik my rug op haar om my asem terug te kry.

      In die bekende holte van my viool druk ek my ken, my vingers kry hulle plek op die snare. Ek speel viool vandat ek te klein was om behoorlik my balans met een te hou. Musiek help my om van baie dinge te vergeet. Met my oë toe, verbeel ek my dis Soph wat met haar kop teen my skouer aan die slaap raak. Dat dit vir haar is wat ek so sag in my arms vashou.

      Met die eerste noot van Tchaikovsky se wals uit Swan Lake weet ek sonder om te kyk dat Soph nou glimlag. Hy is van kleins af my gunstelingkomponis. Ek draai om en maak my oë oop. Sophia is aan die oorkant van die ateljee.

      Sy kyk na my met haar grysgroen oë voor sy met vinnige bewegings op haar tone begin trippel. Een voet voor die ander. Ek glimlag. Hulle sê om te ballet is soos om ’n bankrower te wees, jy moet split second timing hê.

      Naby my draai sy om. Met soveel passie doen sy dieselfde beweging tot aan die ander kant van die vertrek.

      “Weer asseblief, Noah,” sê sy.

      Juffrou Isabel kom by die sydeur in. Vir ’n oomblik staan sy met haar hand op haar ken gestut en kyk na Soph. Dit lyk of sy iets wil sê, maar stap dan na haar kantoor sonder ’n woord.

      Nadat Sophia vir die hoeveelste keer by my omgedraai het, roep sy: “Weer!” Dit lyk of sy oor die vloer sweef. “Weer,” sê sy. Ek kan hoor hoe haar asem blaas, maar sy stop nie. “Weer, asseblief.” Wat jaag haar so?

      “Moet jy nie eers ’n break vat nie?” vra ek bekommerd.

      “Nog nie,” hyg sy. Sophia begin pirouette. Sy draai al in die rondte tot aan die oorkant van die vertrek.

      Met elke tree wat sy nader aan my gee, brand ’n vuur warmer in my. Haar elegante arms is soos ’n boom se takke hoog bo haar uitgestrek. Al die snare in my lyf is skielik te styf gespan.

      Sophia is twee tree weg. My asem jaag en ek kan net hoop sy dink dis van die vioolspeel. Alles in my wens sy wil reg teen my stop sodat ons lywe kan raak. Dalk kan ek haar dan sommer sê hoe ek oor haar voel.

      “Argh!” Haar gil ruk my uit my trance. Sophia val op die vloer neer. Sy krul van die pyn. Dammit. Ek sit my viool haastig langs haar op die grond.

      “Sophia, Soph, is jy oukei? ” Ek kyk of ek iets kan sien, maar ek het geen idee wat sy nou net seergemaak het nie. Ek vou my hande om hare om haar op te help, maar sy skud haar kop.

      “Ek kan nie. Dis ’n kramp, in my kuit. Ouch!” Sy vat my hand en sit dit op haar been, toe lê sy weer agteroor. “Vryf, Noah, asseblief!” Ek is nie seker of Sophia lag of huil nie. “Aa! Vryf harder!”

      “Oukei,” sê ek en probeer om nie vreesbevange te klink nie. Sophia se kuitspier span styf onder my vingers. My hart improviseer ’n ritme van sy eie terwyl my hande haar pyn probeer verlig. My vingers druk versigtig in haar sagte vel. Ek het al baie aan Sophia gevat, maar nog nooit aan haar bene nie. Skielik is ek selfbewus oor die eelte

Скачать книгу