Tweede kans op liefde. Elza Rademeyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tweede kans op liefde - Elza Rademeyer страница 5

Tweede kans op liefde - Elza Rademeyer

Скачать книгу

sy bure solank vir hom een kan leen. Hy kyk in die rigting van Magriet se huis. Dit is hoogs te betwyfel of sy hom na vroeër se episode sal help.

      Miskien sal Tessa eerder bereid wees. Per slot van rekening het hy haar darem tot hulp gekom toe sy soos ’n voël aan die hek gehang het.

      “Hoekom laat jy ’n mens so skrik?” vra sy toe sy die agterdeur oopmaak nadat hy geklop het.

      “Hoekom het jy geskrik? Jy kon mos geraai het dis ek, jou hek is dan gesluit.”

      “Ek het gedink … Ag, toe maar. Wat wil jy hê?”

      “Ek het kom hoor of jy nie dalk vir my ’n kragprop het nie. Die een wat aan die draad kom wat jy in die kragpunt by die muur indruk. Ek wil die gras hier langsaan sny, maar die grassnyer se draad het nie ’n prop nie.”

      “Is dit jou manier om by jou bure te bedel?”

      Haar onbeskofte vraag vang hom ietwat onkant, maar hy besluit om liewer die vrede te bewaar as om ’n bohaai daaroor op te skop. “Eintlik bedoel ek leen. En om jou vraag te beantwoord, nee, ek is nie ’n bedelaar nie. Ek was net nie lus om nou Goudbaai toe te ry vir ’n kragprop nie. Jammer ek het jou gepla.”

      “Wag,” keer sy toe hy omdraai om te loop. “Ek dink daar is ’n prop in die buitekamer. Onthou net, dit behoort nie aan my nie, dit is tannie Alida se goed, so jy sal dit moet teruggee.”

      “Ek leen nie goeters wat ek nie van plan is om terug te gee nie.”

      “Kom saam, ek kry dit gou vir jou.”

      Dit is donker in die pakkamer. Die enigste lig is dié wat by die deur inkom. Sy loop na ’n kas en maak die deur oop. “Ek dink dis waar ek hom gesien het. Kyk of jy hom kry, my oë wil nog nie fokus nie.”

      Hy staan nader, en toe sien hulle die prop tegelykertyd raak. Albei steek ’n hand uit om dit op te tel, en toe Tessa haar kom kry, klem haar hand om sy hand, pleks van om die prop. Sy ruk dit onmiddellik terug, maar nie gou genoeg nie, want die volgende oomblik wil hy weet of dit haar gewoonte is om in die skemer aan mans se hande te vat.

      “Is jy besimpeld?”

      “Ek gaan voorwaar begin glo ek is besimpeld soos jy daarop hamer. ’n Misdadiger, inbreker, bedelaar en besimpeld. Ek wonder wat ek nog alles genoem gaan word!”

      “Hoe het jy hier gekom?” wil sy weet toe hulle weer buite kom.

      “Met die leer opgeklim.”

      “Jy moet die leer wegvat teen die muur.”

      “Hoekom? Dis mos baie gouer as wanneer ek die klokkie by jou hek moet druk en wag dat jy dit kom oopsluit.”

      “Jy hoef nie weer hier te kom nie.”

      “Nou hoe moet ek die prop by jou terugkry?”

      “Jy kan dit oor die muur gooi.”

      “En as jou grasperk nat is, en hy kry water, dan is dit my skuld.”

      “Vir wat sal hy water kry?”

      “Dit kan reën, of teen die muur beland, dan is dit flenters.”

      “Jy kan die leer nogtans nie daar los nie. Ek het netnou gesien jy is oor die straat kafee toe en jy het jou hek wawyd oop gelos. Netnoumaar kom … iemand daar in en …” Sy swyg skielik. “Ek bedoel, enigiemand kan daar inkom en met die leer opklim hier na my toe. ’n Boef of so.”

      “Die enigiemand of boef van wie jy praat, is dit dalk jou man?” gooi hy ’n klip in die bos.

      “Ek hoop jy kom reg met die prop,” omseil sy die vraag voordat sy terugtree en die kombuisdeur weereens sonder ontsag tussen hulle toeklap.

      Snaaks, dink hy toe hy terug is in sy erf, hoe gelukkig party mense is om so mooi te wees en sulke besonderse mooi oë te hê. As hy eendag ’n vrou vat, sal hy maar soek na een met minder mooi oë en hare, anders beland hy dalk in dieselfde bootjie as haar man.

      Dit is al skemer toe hy klaar is met die sny van die gras. Hy maak vir hom iets om te eet, en gaan klim vroeg in die bed, maar is so opgewonde oor die vooruitsig om Koppie-alleen die volgende dag te gaan bekyk dat hy nie dadelik aan die slaap raak nie. Die testament bepaal dat hy die plaas met alles wat daarop is erf.

      Dit kan enigiets van oorvloed tot baie min wees.

      2

      Die volgende oggend sluk hy net gou ’n toebroodjie saam met sy koffie af voordat hy in die pad val plaas toe. By die hek waar die pad teen die steilte opklim na Koppie-alleen, hou hy stil om die hek oop te maak, en laat dwaal sy blik oor die buurplaas waarin die pad van die dorp af doodloop. Groene Weide. Hy kan nie onthou wie daar gewoon het toe hy ’n kind was nie, maar dit is ’n asemrowende mooi prentjie: die statige woning, groen grasperke en rivier met die groot bome op die oewer wat agter die huis verbyloop. Miskien is dít waarvoor Tessa geval het, eerder vir die plaas as vir sy baas. Hoe Koppie-alleen daar gaan uitsien, weet hy nie, maar hy dink nie dit gaan naastenby Groene Weide se gelyke wees nie.

      Veral nie as hy so moet sukkel om die verroeste draadhek oop te maak nie. Hy kyk nuuskierig rond toe hy die kruin van die kop bereik en die werf en geboue in sig kom. Die huis wek tog vae herinneringe, maar hy het geen benul van hoe groot die plaas is nie.

      Die huurders ontvang hom vriendelik nadat hy verduidelik het wie hy is. “Jou oorlede pa se prokureur het gebel en vir ons gesê jy sal graag jou erfgrond wil kom besigtig,” sê die jong vroutjie met ’n baba op die heup. “Die huis is op die oomblik ’n bietjie deurmekaar, want ons is stadigaan besig om te pak, maar dit staan jou vry om te kom en gaan net waar en soos jy wil.”

      “Het julle my pa geken?”

      “As jy bedoel of ons hom gesien het, nee. Ons het maar so telefonies met mekaar kennis gemaak en gesels. Ons huur die huis mos, maar net vir drie maande terwyl ons op Goudbaai laat bou. Volgens Siena en Josua, die werkers wat in die huis langs die skuur woon, het jou pa maar min hier gekom.”

      Dit neem hom nie lank om deur die huis te loop nie, want dis nie groot nie. ’n Kort gangetjie, twee slaapkamers, ’n sit-eetkamer, badkamer, klein kantoortjie en ’n kombuis, met ’n stoep onder dak. Heeltemal voldoende vir sy behoeftes, want wat wil hy tog met ’n groter huis maak? Dit voel in elk geval soos ’n kasteel in vergelyking met die enkelwoonstelletjie waarin hy op George woon. Die vernaamste is dat Raka die wêreld se vryheid hier op die plaas gaan hê. Die hond sal sy geluk nie kan glo nie.

      ’n Rukkie later toe hy buitentoe gaan, loop twee werkers hom tegemoet.

      “Is meneer straks meneer Dirk se seun?” vra die man en betrag hom nuuskierig.

      “Dis korrek, ja. Wie is julle?”

      Die man tree vorentoe en reik Mynhard die hand. “Ek is Josua, en dié is my vrou, Siena. Die mense hier van die huis sê meneer Dirk het die plaas aan meneer bemaak?”

      “Ja, ek verstaan ook so, maar ek weet nog nie aldag of dit waar is nie. Ek glo julle het my pa beter geken as wat ek hom geken het. Ek was van kleintyd af onder die indruk hy is dood, en het nou die dag eers uitgevind hy is onlangs eers oorlede. Kan julle my meer van hom vertel? Ek sal graag wil weet watter soort

Скачать книгу