In my drome. Malene Breytenbach

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу In my drome - Malene Breytenbach страница 2

In my drome - Malene Breytenbach

Скачать книгу

      Koue sweet prik in haar hare.

      “Ek het lankal besluit ek wil ’n anestesioloog word, prof,” sê Arend. “Dit is vir my uitdagend en ek hou van die idee dat die anestesioloog in die operasiesaal met ander spesialiste kan saamwerk en altyd ’n verskeidenheid gevalle en dissiplines kan ervaar.”

      Die professor glimlag. “Ek kon nogal agterkom aan jou belangstelling en vrae in die klas dat jy in dié rigting neig. Jy sal nooit spyt wees nie.”

      “Dankie dat ek vanoggend met prof kon praat.”

      “My plesier. Nou moet jy seker draf?”

      “Ja, ek het weggeglip om met prof te kom praat. Dankie. Totsiens, prof.”

      “Weg is jy, meneer Barnard.”

      Arend loop vinnig in die gang en by die trappe af. Hy wil nie laat kom vir die saalronde nie.

      En toe loop hulle sowaar in Stella Swift vas. Vandag is haar gesig met die reguit neus en vol mond doodsbleek. Sy het redelik olik gelyk, maar selfs griep doen nie afbreuk aan haar skoonheid nie. Haar groot blou oë het kwaai na hom gekyk en haar lang blonde hare was styf agtertoe in ’n poniestert getrek. Haar figuur is nog net so mooi soos altyd, slank en grasieus.

      Dit sou maklik gewees het om op haar verlief te raak, maar van skooltyd af was sy die Ryk Meisie, dogter van Paul Swift met sy uitspattige lewenstyl, vloot duur motors en herehuis in Jonkershoek. Hulle Barnards het altyd stapvakansies verkies, gekampeer en nooit in strandhuise of hotelle gebly nie.

      Die Swifts het na hulle paleis op Plettenbergbaai gegaan of na plekke waar hulle in vyfsterhotelle gebly het. Die afstootlike Janus Swift het nooit nagelaat om te vertel hoe eksoties en duur hulle vakansies is en wat hulle alles gedoen het nie. Hoe dikwels hulle oorsee gaan en watter nuwe motor hulle nou gaan koop nie. Hy het ook gans te veel sakgeld gekry en op skool al gedrink en dagga by pushers gekoop.

      Hoe het hy hoegenaamd toelating tot BCom gekry? Hy het nie juis op skool gepresteer nie, maar het deurgeskraap. Eintlik amper gedruip. Toutjies is seker getrek. Paul Swift skenk geld vir beurse en ken van die lede van die universiteitsraad. En siedaar, sy seun kry toelating.

      Stella is ’n perd van ’n ander kleur. Sy het regtig gepresteer: ses onderskeidings, prefek, ballet, musiek, you name it, haar naam was daar.

      Sus Tessa wat in haar klas was, het haar tog so bewonder.

      Vir so ’n bedorwe brok het hy nog nooit kans gesien nie, al is sy mooi en intelligent. Sy is ’n Swift, en haar pa en broer is afstootlik. Die ma is geheg aan bling, maar andersins seker nie te sleg nie. Met mense soos sy ma, wat nie in dieselfde kringe beweeg het nie, het sy egter nie omgegaan nie.

      “Daai Paul Swift sal nog eendag bankrot gaan, want hulle lewe te hoog,” het Arend se pa een keer voorspel.

      Met sulke aanstellerige en uitspattige mense wil hy niks te doene hê nie, al is Stella Swift mooi en talentvol.

      Vervlaks, genoeg van Stella! Sy is een van baie meisies in die grote see van moontlike lewensmaats, en hy het oorgenoeg van ’n keuse, mits hy dit wil uitoefen. Hy gaan in elk geval nie gou ernstig raak nie. Daarvoor is hy te ambisieus, en om anestesioloog te word, verg baie jare se harde werk en studie.

      2

      Stella, haar vriendin Leonie, hulle ouers, en die ouers van Stella se neef Jaco Swift, sit amper heel voor in die Coetzenburg Sentrum op Stellenbosch. Vandag word grade in die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe toegeken.

      Leonie se broer, Tiaan, en Stella se neef Jaco verwerf die MMed in anestesiologie. Arend Barnard kry natuurlik vandag dieselfde graad. Hy het glo al vroeg in sy studiejare geweet hy wil eendag narkotiseur word.

      Jaco en Tiaan het soms van hom gepraat. Skynbaar was hy die briljantste student van hulle almal.

      Stella kon hom nooit vergeet nie, want hy was haar eerste liefde, hoewel onbeantwoord. Sy is nogal nuuskierig om te sien hoe hy nou lyk.

      Mense stroom by die deure in en al is hier lugreëling, is die Desemberhitte soos ’n sauna.

      Stella het ’n wit rok en stiletto’s aan en haar hare is opgekam sodat dit uit haar nek is, maar sy kry nogtans warm. Die arme mense wat met togas behang is, kook seker.

      Leonie vee haar gesig met ’n snesie af. “Sjoe, vandag is dit diep in die dertig grade. Dit was net so warm daardie dag toe ons graad gekry het. Ek het nog gedink ek beërwe die hemel toe ek hier by dié verhoog opstap. Dokter Rademeyer, uiteindelik, nadat ek meer as een keer gedink het aan opskop, veral toe ons ons eerste kadawers moes oopsny. Al het ek daai dag halfpad gesmelt onder die dik toga, was dit een van die beste dae in my lewe. Min het ek geweet watter swaarkry in ons huisdokterjaar en tydens die twee jaar gemeenskapsdiens alles wag.”

      Stella glimlag wrang. Ja, die pad wás lank en swaar. Sy moes gemeenskapsdiens doen in ’n hospitaal op Saldanha en kon nie wag dat die tyd verbygaan nie. Nou is sy en Leonie saam in ’n praktyk op Stellenbosch. Nie een van hulle het kans gesien om verder te spesialiseer nie.

      Leonie se pa, ’n gegoede Swartlandse boer, het ook bygedra om hulle gevestig te kry in ’n gebou in Dorpstraat en hy het vir Leonie ’n dorpshuis in Kleingeluk gekoop.

      Stella se pa het aangedring dat sy in die kothuis op die Swift-landgoed moet woon. “Dit staan tog net leeg en dan woon jy boonop gratis.”

      “Dis net tydelik,” het Stella vir haar pa gesê. Sy is op die uitkyk vir ’n bekostigbare huis waar sy kan woon en waarheen hulle die praktyk later kan verskuif, het sy hom verseker.

      Hy het aangebied om vir haar ’n huis in Mostertsdrift te koop, maar sy het geweier. Hy het reeds duur vir haar studie, verblyf in ’n woonstel naby die Tygerberg-kampus, ’n nuwe motor elke twee jaar en die praktyk betaal.

      “Dis tyd dat ek op my eie bene staan, Pappa,” het sy hom vertel. “Ek is mos nou ’n professionele vrou.”

      Hy was nogal vreemd aangedaan oor haar selfstandigheid. Haar broer, Janus, sal dit beslis nooit oorweeg om weg te trek uit die weelde wat hulle pa verskaf nie. Hy en sy vrou, Chanelle, en hulle bedorwe dogtertjie, Leanne, woon in ’n ander huis naby aan en byna so groot soos die hoofhuis.

      Stella onderdruk ’n sug.

      Oppervlakkig beskou, is hulle so bevoorreg, maar eintlik het sy ’n groot probleem. Sy bid net dat sy dit op een of ander manier kan oorkom.

      Leonie se broer Tiaan het gereeld ver gery om vir Stella op Saldanha te kuier. Hy was meer verlief as sy en het haar heeltyd vertel dat hy wil spesialiseer en met haar trou nadat hy die kwalifikasie verwerf het en in ’n praktyk werk.

      Sy het gelag of dit weggepraat, want al is sy lief vir hom, voel dit nie soos die regte soort liefde nie. Daar is te veel vriendskap en te min passie aan haar kant.

      Nou is hy ’n spesialis en gaan hy binnekort seker sy huweliksaansoek herhaal. Wat gaan sy dan doen? Sy wil sy hart nie graag breek en summier weier nie. Maar sal sy ooit gelukkig wees, terwyl sy heeltyd voel iets haper in so ’n huwelik?

      Sy kyk rond en merk op dat Arend se ouers, sy broer, Thys, en suster, Tessa, twee rye agter hulle sit. Tessa was in haar klas op skool en sy wuif vir haar. Langs Tessa sit ’n mooi donker meisie met kort

Скачать книгу