Satyn Omnibus 8. Ettie Bierman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Satyn Omnibus 8 - Ettie Bierman страница 3

Satyn Omnibus 8 - Ettie Bierman

Скачать книгу

by Hartbeespoortdam.

      Hulle is nie stadsmense nie. Al het hulle op Tukkies geswot, wil nie sy óf Ruan permanent in Pretoria woon nie, nie eens in die buitewyke ver uit die middestad nie. Sy het van ’n plaas in die Bosveld gedroom, en hy van die see en die Kaapse berge.

      Die ses jaar wat hulle uitgehou het in ’n goedkoop huurwoonstelletjie in Sunnyside was ’n foltering. Maar dit was die uithou werd, want op die horison het die hoewe by die dam gewink. Hulle het elke sent drie maal omgedraai. Maar hulle het ryk gevoel, want hulle het ’n droom gehad, en slegs hy wat nooit droom nie, is werklik arm.

      Die hoewe met aalwyne en soetdorings en ’n uitsig oor die Magaliesberge en die dam was ’n droom wat waar geword het. Ruan het sy stukkie Kaap gehad en Nikka haar stukkie plaas. Maar dit was peperduur, eintlik onbekostigbaar. Die koopprys het hul begroting oorskry en die paaiemente op die verband is hoër as wat hulle gemaklik kan bybring. Dit veral, die finansies – oftewel gebrek aan finansies – het friksie veroorsaak.

      Vir die eerste keer het sy bewus geword van fundamentele verskille tussen haar en Ruan. Hulle het saam gedroom, gespaar en toekomsplanne gebou. Maar sy is haastiger, bereid om te waag, ’n bietjie te dobbel en kortpad te kies vir vinniger resultate, terwyl hy meer verantwoordelik en konserwatief is. Ruan het haar beskuldig dat sy impulsief is, eers doen en dán dink.

      Miskien is hy reg. Miskien moes sy nog ’n jaar vasgebyt het in haar onderwyspos, besef Nikka. Dit het darem ’n gereelde maandelikse inkomste verseker, al was die werksomstandighede bedroewend. Hulle het die geld dringend nodig, veral met haar nuwe onderneming wat nie aan die gang kan kom nie.

      Sy moes seker nie so halsoorkop bedank het nie; eers haar huiswerk gedoen het om vas te stel of die nuwe projek werklik lewensvatbaar is. Om ’n eie besigheid te begin wat buitelug-pieknieks aanbied, het oorspronklik en opwindend geklink. Sy wou wegkom van die slawedrywerhoof en sleur van onderwys en haar eie baas wees – haar kreatiwiteit en ondernemingsgees toets. En sakke vol geld maak om hul skuldlas af te los.

      Ruan was skepties. “Hierdie mal idee van jou is ’n risiko. ’n Mens leer eers swem voor jy by die diep kant inspring.”

      “Ek kan swem. Heel goed ook, en ek is bereid om hard te werk. My vingers deur te werk,” het sy belowe. “’n Mens verkoop nie jou siel vir ’n miserabele salaristjek die einde van die maand nie. Ek is nie ’n agt-tot-vyf-mens nie, vasgekeer tussen vier mure in ’n bedompige klaskamer. My gees verskrompel en ek is besig om te versmoor. Die pieknieks is iets nuuts en romanties. Daar is ’n nis in die mark vir so iets. Entrepreneurskap en kleinsakeondernemings is deesdae die in-ding.”

      “Dit bly ’n waagstuk. As dit flop, is ons onderdeur. Dan verloor ons alles waarvoor ons so hard gewerk het: die Ark, die dak oor ons koppe en al ons spaargeld.”

      “Dit sál werk, jy sal sien!” het sy volgehou.

      Sy het Ruan en die bankbestuurder oortuig dis nie sommer net papierdrome nie – dis ’n unieke, winsgewende proposisie. Sy het huishoudkunde geswot en kosmaak is haar beroep. Die hoewe bied ’n ideale venue, met die ruie bosveldbome en asemrowende uitsig oor die dam en die berge. Die grasdaklapa by die uitkykpunt het nie veel restourasie nodig nie, net ’n bietjie nuwe dekgras. Daar is reeds ’n pad soontoe, dit moet net geskraap word, wat nie veel sal kos nie.

      Ruan het iets gebrom van “onprakties” en die bankbestuurder iets van “kollateraal”. Nikka het die tegnieke wat sy dertien jaar gelede in die tienertydskrifte opgeswot het, afgestof en ingespan: haar fladderende wimpers en onskuldige blou oë, kuiltjieglimlag en halternekrok met die effens lae, verleidelike halslyn …

      Dit het gewerk. Sy het haar lening gekry, met die hoewe as sekuriteit. Genoeg vir verbeterings aan die lapa, om water aan te lê, die pad te laat skraap en toerusting aan te skaf: stoele en tafels, piekniekmandjies, breekware en ’n onweerstaanbare perdekarretjie met twee rye blougeverfde sitplekke.

      Ruan se vriend Thys het Ouperd vir hulle gegee, wat hy op ’n vendusie teëgekom het en van die slagpale gered het. Ouperd was so dankbaar vir die genadebrood, hy sou selfs ’n ossewa dwarsoor die Drakensberge trek. Hy’s glad nie so oud soos hy lyk nie; nog heeltemal hups genoeg om piekniekgangers die entjie van die opstal af met die slingerpad langs te vervoer tot by die lapa.

      “Wie gaan die karretjie dryf?” wou Ruan weet, steeds nie opgeklits met haar idee nie.

      “Andries. Die tuinwerk op die plot is nie so baie nie, hy sal dit geniet.”

      “Wie sê hy sal weet hoe?”

      “Ék sal hom wys.”

      Sy wenkbroue het gelig. “Jý? Kan jy ’n perdekarretjie dryf?”

      “Nie … eintlik nie,” het sy erken en sonnig geglimlag. “Maar ek sal hom ’n prentjie wys.”

      Ruan het niks gesê nie, net sy oë boontoe gerol.

      “Dis maklik: mens sit net op die bankie en hou die teuels vas.”

      “Leisels,” het hy gekorrigeer.

      “Teuels of leisels … dieselfde ding. Ek sal vir hom ’n kakiebroek koop en kruisbande en ’n laphoedjie, soos Van Bruggen se Ampie s’n. En daar moet hoenders wees, vir ’n plaasatmosfeer – kapokkies wat losloop en skrop en kraai. En dosyne eiers lê, wat ons kan eet en vir die pieknieks gebruik.”

      “Wat gaan dit alles kos, Nikka?” het hy gevra.

      “Kapokkies is goedkoop. Ek bedel sommer ’n krat vol by die buurman. Hulle teel vanself aan en sal die slakke in jou tuin eet waaroor jy altyd so mor. Dan spaar ons op duur insekdoders.”

      “Jy sal elektrisiteit moet aanlê of ’n kragopwekker koop, plus ’n bakkie.”

      “Krag is nie nodig nie. Ek sal ’n gasyskas kry. Vir ’n aandpiekniek gebruik ons lanterns, dis meer romanties.”

      “Wat van kleedkamers vir die gaste?”

      Nikka was min gepla. “Ons grawe long drops. Dis pure plaas en gee atmosfeer. Ek gaan ’n ou wastafel koop, ’n erdeskottel en ’n lampetbeker wat eenkant onder ’n boom staan, soos op die prentjies.”

      Ruan is nie ’n ou vir prentjies nie. Hy was stug en afsydig. Ook toe sy haar arms om sy nek gesit het en hom probeer verlei het … Toe sy haar mond uitnodigend gelig het, het hy haar weggestoot. “Nie nou nie, Nikka. Ek is nie in die luim nie.”

      “Skatlam? Liefding, wat pla?” het sy geflikflooi en tergend met die punt van haar tong oor die frons tussen sy groen-en-bruin oë gestreel. Peppermint Crisp-oë, het die bakvissies op skool Ruan se mooi oë beskryf. Groen wanneer hy vrolik was en gelag het. Bruin wanneer hy vies en befoeterd was. Soos nóú …

      “Is dit die geld, die piekniekprojek of die komende rugbytoer wat jou pla?”

      “Al drie,” het hy geantwoord en weggedraai.

      Ruan is heerlik warmbloedig, weet sy uit eie ondervinding; kookwater, met ’n ruim dosis testosteroon wat deur sy are bruis. Altyd dadelik gereed wanneer sy aan hom vat of vryf of byt of lek. Daardie was die eerste keer dat hy nie belanggestel het in haar uitnodiging nie. Sy selfoon het gelui. In die verlede sou hy dit geïgnoreer het en haar met vonkelende oë en ’n warm mond nader getrek het. Maar dit het gelyk asof hy die onderbreking verwelkom.

      Dit was Weeknuus se redakteur, om die

Скачать книгу