Voorskrif vir die hart. Kristel Loots

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Voorskrif vir die hart - Kristel Loots страница 5

Voorskrif vir die hart - Kristel Loots

Скачать книгу

daaroor het nie. Of daar ’n vreemde vrou in haar vel geklim het en haar optrede bepaal. ’n Vrou wat keelvol is vir mans en die manier waarop hulle vroue behandel. Hierdie Adonis voor haar verteenwoordig skielik vir haar Dawid en die vele ander mans wat roekeloos met vroue se harte en gevoelens speel.

      Vaagweg hoor sy die telefoon lui en hoe dit beantwoord word.

      “Dokter Vincenzo se spreekkamer. Hermien wat praat. Kan ek help?”

      Selfs van waar Zoely staan, kan sy die ontsteltenis in die stem aan die ander kant hoor.

      “O hel!” sê Hermien geskok. “Dis ’n gemors. Ek sal vir Dokter sê.”

      Dokter Vincenzo draai onmiddellik sy rug op Zoely. “Wat is dit, Hermien? Wat’s fout?”

      “Dis oom Jan Botha!” hyg sy. “Hy’t van die dak afgeval. Tant Sielie van langsaan is op die lyn, sy sê sy dink sy heup is gebreek.”

      Hy neem die telefoon by haar. “Moenie hom beweeg nie, tant Sielie. Laat hom net so lê. Ek is nou daar.”

      Hy skud sy kop toe hy die gehoorstuk terugsit. “Ou korrelkop. Ek het hom gewaarsku om nie self op die dak te probeer klim om sy lugdraad te verskuif nie. Ek sou dit vir hom oor die naweek doen, maar hy kon natuurlik nie wag nie.”

      Hy ignoreer Zoely heeltemal. “Kry my tas, Hermien,” beveel hy kortaf.

      Dan eers kyk hy terloops na haar. “Ons sal ons gesprek later voortsit, Dokter,” belowe hy. “Dan sal ek verduidelik waarom die vorm van jou gesig vir my enigsins van belang is.”

      Zoely knik, nie in staat om iets te sê nie, maar oortuig daarvan dat sy sleg verbrou het en nie ’n goeie eerste indruk gemaak het nie.

      3

      Toe dokter Vincenzo by die deur uit is, besef Zoely dat sy nog steeds nie die sleutel vir haar blyplek gekry het nie.

      “Ag, ekskuus tog, Dokter,” maak Hermien verskoning toe sy weer daarvoor vra. “Ek het nou skoon vergeet om vir dokter Vincenzo te vra.” Sy kry ’n kleurtjie in die gesig. “Met alles wat gebeur het …”

      Oor haar dooie liggaam gaan Zoely verskoning vra vir háár deel van die vertoning wat Hermien en die pasiënte in die wagkamer so stomgeslaan het. As dit hulle ontstel het om die dorp se dokters so kinderagtig te sien optree, kan hul wonderlike dokter Vincenzo dit maar vir hulle verduidelik. Dis immers hý wat geheel en al teen protokol opgetree het. Tot op hede het hy hom nog nie eens aan haar voorgestel of haar welkom geheet of ’n ordentlike woord met haar gewissel nie. Al wat hy gedoen het, was om haar soos ’n skouperd te laat voel.

      Zoely stry teen die ongeduld in haar. Sy’t nie tyd vir ’n gepoer-poer soos hierdie nie. “Kom wys vir my waar my spreekkamer sal wees,” stel sy voor. “Dan wag ek solank daar.”

      Want sy sien nie kans om langer soos ’n rare vertoonstuk voor die wagtende pasiënte te paradeer nie. Teen dié tyd behoort hulle genoeg te hê om dae lank oor te skinder wanneer die nuwe dokter ter sprake kom. You ain’t seen nothing yet, wil sy vir hulle sê.

      Sy krimp ineen toe sy die kamer sien waar sy veronderstel is om haar pasiënte te konsulteer. Dis ’n donker vertrek met toegetrekte grys gordyne. In so ’n plek sal ’n pasiënt elke keer die ergste verwag, en ’n doodstyding sal ook nie onvanpas wees nie.

      Sy trek dadelik die moeë gordyne oop sodat die son kan binnedring. Toe kyk sy verlangend na die ondersoektafel in die hoek van die vertrek. Sy is moeg genoeg om daarop aan die slaap te raak.

      Die wagkamer sit kant en wal vol siekes, sy weet. En die enigste ander dokter het ’n omie gaan sien wat van die dak afgeduiwel het. Maar jammer vir hulle, sy’s nog nie aan diens nie en sy sien ook nie kans om nou al na allerhande kwale te luister nie. Daarvoor is sy self te verniel ná alles wat haar hierheen gedryf het en die lang rit wat sy alleen moes aflê. Die siekes van Arendsnes moet vandag maar net geduldig op hul arrogante dokter met sy sielvolle, diepdonkere oë wag.

      Sy laat gly haar vingers oor die stofbedekte boeke in die boekrak teen die agterste muur. Vismotgevrete mediese werke uit die jaar toet. Wat in daardie verouderde studies oor die menslike liggaam en sy werkinge verkondig word, is heel moontlik intussen al verkeerd bewys. Wie ook al voorheen hier die inwoners van Arendsnes gesond probeer dokter het, was nie op hoogte van die nuutste ontwikkelings op mediese gebied nie. Het dalk nog ’n goeie dosis kasterolie aanbeveel vir maagkwale.

      Sy blaai deur ’n paar van die boeke voordat sy dit sugtend terugplaas. Met die omdraai stamp sy teen die ratelende plastiekgeraamte wat haar die creeps sou gee as sy ’n pasiënt moes wees. Sy gaan sit moeg op die stoel agter die lessenaar en laat sak haar kop op haar arms.

      Skielik is daar ’n geskarrel by ontvangs en hoor sy ’n kakofonie van hoogs ontstelde stemme.

      “Maar ek sê mos vir oom,” hoor sy Hermien se skril stemmetjie. “Dokter is nie hier nie, hy’s uitgeroep na oom Jan Botha toe. Hy’t van die leer afgeval.”

      “Ek gee nie om of Jan Botha sy nek gebreek het nie, my vrou het hulp nodig!” protesteer ’n basstem wat die dooies sou wek. “Kyk hoe lyk sy. Daar’s groot fout met haar, sê ek vir jou!”

      Zoely wil weghardloop. Sy lyk en voel soos ’n vloerlap in haar jeans en verkreukelde T-hempie wat skaars tot by haar middel strek. Allesbehalwe na ’n dokter wat vertroue sal inboesem tydens ’n noodsituasie. Maar soms het ’n mens geen keuse nie, veral nie ’n dokter nie.

      Sy stoot haar vingers deur haar hare voor sy by die deur uitstap. “Hermien?” vra sy. “Kan ek help?”

      Dan sien sy die gesette vrou wat hygend na asem voor die toonbank staan. Haar blougrys velkleur dui op ’n suurstoftekort, merk Zoely dadelik op.

      “Mevrou?” Sy aarsel, onthou dan dat sy op die platteland is. “Tannie? Voel tannie oukei?”

      “Nee! Sy’s g’n oukei nie. Julle kan mos sien,” antwoord die oom met die Goliatskouers wat langs haar staan.

      Dis waar wat hulle sê, besef Zoely. As ’n man en vrou lank genoeg met mekaar getroud is, begin hulle na mekaar lyk. Hierdie oom en tannie kan vir ’n tweeling aangesien word. Twee potsierlike potjierolle, ewe lank, ewe rond, die gesigte volmane, die voete in die uitgetrapte pantoffels soos mosbolletjies uitgerys.

      Dis seker wat dokter Vincenzo bedoel het met sekere uitdagings wat saam met die pos kom, dink sy. Arendsnes is heel moontlik ’n aftreedorpie waar die pensioenarisse een na die ander op daaglikse basis twee-twee op ’n slag in hul spore omkap. Want as sy moet raai, is hierdie hygende vrou nie ver van omkap nie.

      Sy tree haastig nader en neem die vrou aan die arm. “Kom sit,” nooi sy en lei haar tot by die naaste stoel. Sy voel dadelik die vrou se pols. Dis hopeloos te vinnig. Ook is haar vel klammerig, en haar asem jaag.

      “Sy voel al heeldag nie lekker nie,” kerm die oom, sy stem dik van bekommernis. “Ons het maar gedink dis iets wat sy geëet het, maar dit wil nie beter word nie.”

      Zoely voel nie so kalm soos sy behoort te wees nie. Sy weet nie watter instrumente in dokter Vincenzo se spreekkamer is nie, maar in die spreekkamer wat aan háár toegesê is, het sy niks gesien wat sy kan gebruik nie. Sy’t jare laas met ’n noodgeval soos hierdie te doen gehad. In die stad word mense direk hospitaal toe geneem wanneer ’n beroerte- of hartaanval dreig. Dawid was eintlik

Скачать книгу