Liefde in fokus. Zoë Gouws

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde in fokus - Zoë Gouws страница 5

Liefde in fokus - Zoë Gouws

Скачать книгу

      En toe sien Xante al drie berge tegelyk: Tafelberg so plat soos ’n tafel, met Duiwelspiek na links en Leeukop na regs. En verder weg ’n knoppie wat oom Jan uitwys as Vlaeberg.

      “Elke keer as ons beweeg, lyk als anders!” roep Xante uit.

      “Presies,” beaam haar oom. “Weet jy dit dan nie reeds as fotograaf nie? Elke perspektief bring sy eie insig.”

      Hieroor sal ek diep moet dink, besluit Xante toe haar oom by sy ateljee indraai.

      Xante is regtig beïndruk met oom Jan se ateljee. Dis ’n veel groter opset as wat sy verwag het. Sy groep, Tripod, doen alles – van stilfoto’s neem tot die finale redigering van fotomateriaal vir die drukkers én die totale produksieproses van dokumentêre films.

      Teen middagete draai haar kop van alles wat sy gesien het. “Jinne, oom Jan, ek het nooit besef dat oom –”

      “Ja, toe nou,” waai hy haar dood. “Weg is jy, ek het werk om te doen. Gaan koop die winkels leeg.”

      Xante neem die motorsleutels wat hy na haar uithou en stap na haar motor in die parkeerarea.

      By die Waterfront aangekom, gaan soek sy eers lafenis by ’n restaurant wat oor die hawe uitkyk. Sy bestel slaai en ’n glas witwyn. Haar selfoon lui net toe sy die eerste sluk wyn vat.

      “Shopping yet?” Dis Witness.

      “Nee, ek het nou net by die Waterfront aangekom. Ek eet eers iets.”

      “Okay, where are you? I’ll meet you there. I adore shopping, especially if it’s with someone else’s money.”

      Xante verduidelik en druk dan die selfoon half verdwaas dood. Hoe gaan dít nou werk? wonder sy.

      Maar teen die tyd dat sy en Witness die helfte van die klerewinkels in die Waterfront deurgewerk het, is sy meer as dankbaar dat hy haar so ongenooid vergesel. Sy weet: as sy alleen gekom het, het sy al binne die eerste uur moedeloos geraak. Die aanbod is eenvoudig te groot! Sy sou nie geweet het waar om te begin nie.

      Met Witness se hulp het sy eerstens op ’n gemaklike styl besluit. Toe hy haar vra wat haar styl is, kon sy hom nie antwoord nie.

      “Jinne, Witness, ek weet nie! Ek het nog nooit aan myself gedink in terme van ‘styl’ nie. Ek dra wat lekker voel aan my lyf.”

      Soos ’n wafferse TV-stylghoeroe het Witness met ’n paar leidende vrae haar uiteindelik by die besef gebring dat sy op haar gemaklikste is in jeans en wit hemde.

      “Fortunately you’ve got the build for it, so that’s what it will be. We’ll start with the jeans. You’ll need about three to four blue pairs, one white and one black. Good ones – not cheapies from the chain stores. And then we’ll shop for a dozen or so white shirts and then move on to shoes and some light jackets and a jersey or two. Yes?”

      “En ’n sambreel. Ek wíl ’n sambreel hê. Ek het nog nooit in my lewe een besit nie, en noudat ek in die Kaap woon, wíl ek een hê.”

      “Alright, darling, alright, we’ll get you an umbrella at Clicks, though you might find you won’t ever use it. Die weer hy is baie anders hierdie dae.”

      Die inkopietog, waartydens Xante gevoel het soos iemand op realiteits-TV vir wie daar ’n nuwe voorkoms geskep word, is uiteindelik afgehandel. Witness is tevrede met die resultate.

      “Okay, see you at home then?” groet hy haar en neem vier van die grootste sakke by haar. “I’ll take these.”

      Toe oom Jan die aand by die huis kom, dring Witness daarop aan dat Xante al haar aankope vir hom moet wys.

      Sy kan sien oom Jan probeer sy bes om op die regte plekke te oe en te aa, maar sy hart is nie daarin nie.

      “What an old frump you are, Jan!” beskuldig Witness hom. “Don’t you have the ability to appreciate understated glamour?”

      “Ek het – wat foto’s betref. Maar ek sukkel ’n bietjie met die realiteit so direk voor my,” maak oom Jan halfhartig verskoning.

      “Oh, well, at least I can appreciate what Xante has achieved today. She came here looking all weary and wasted, dressed in clothes at least two sizes too big for her.” Witness draai na Xante. “Sorry, darling, but that’s the truth.” Hy draai terug na oom Jan. “And just look at her now: altogether gorgeous!”

      “Is so, is so,” beaam oom Jan.

      Xante onderdruk met moeite ’n glimlag. Oom Jan laat haar nou so baie aan haar pa dink dat sy hom nou sommer dadelik gaan bel. Hy is net so uit sy diepte wanneer sy en haar ma van hulle halfjaarlikse inkopietog na Johannesburg terugkeer Windhoek toe. Haar ma dring ook altyd daarop aan dat haar pa na net mooi al hul aankope moet kyk, maar dis vir hom ’n soete marteling.

      “Oukei, genoeg van die modeparade. Ek gaan nou kamer toe. Ek wil my ma-hulle gaan bel, en dan al hierdie klere in die kas kry.” Sy raap die klere in een bondel bymekaar en roep oor haar skouer: “Lekker slaap, oom Jan. Dankie weer eens, Witness. Jy is my held vir die volgende paar dae!”

      ~ 4 ~

      Faan druk sy selfoon met ’n glimlag dood. Hy het die opdrag!

      Hy tel die landlyntelefoon op en skakel ’n nommer.

      “Liselle, hallo!” groet hy toe die foon beantwoord word. “Ek weet dis ’n Dinsdag en nog nie naastenby lente nie, maar ek het wonderlike nuus gekry en ek is lus om dit iewers op ’n hotel se stoep te gaan vier – met bubbly en lekker seekos! Kom vier dit saam met my, toe?”

      Hy luister. Hy stap om sy lessenaar en staan by die venster en uitkyk oor Breestraat. Sy glimlag krimp. “Dit klink erg!”

      Hy luister weer. Hy begin patroontjies op die papier voor hom trek. “Ek is jammer om te hoor jou baas is so veeleisend. Maar vergeet nou ’n oomblik van hom en kom eet vanaand saam met my, toe? Ek het iets om te vier en wil dit graag met jou deel!”

      Hy luister weer. Sy gesig verstrak. Hy gooi die pen neer. “Ek verstaan … Als reg … Natuurlik, jou werk is baie belangrik. Bel my wanneer jy minder besig is.”

      Hy sit die telefoon saggies op die mikkie terug. Hy trek met duim en voorvinger aan sy onderlip. Daar het hy dit nou. Hy het hom duidelik misgis. Liselle verkies dit om nou al te begin voorberei vir ’n strafsaak wat eers oor meer as ’n maand voorkom. Dis vir haar belangriker om haar moeilike baas te beïndruk as om iets spesiaals saam met hom te gaan vier.

      Dis nogal sleg. Hulle gaan nou al ’n paar maande taamlik gereeld uit en hy geniet haar. Sy is ’n vurige entjie mens. En hulle gesels altyd lekker oor hul onderskeie beroepe. Hy het gedink sy is die een mens wat saam met hom opgewonde sou wees.

      Hy tik-tik met sy vingers op die lessenaar. Ag, nou ja, nou weet hy darem waar hy met haar staan.

      Hy sak op sy lessenaarstoel neer. Hy trek die linkerkantste boonste laai van sy lessenaar oop, haal sy adresboek uit. Hy glip deur die bladsye. Elke nou en dan skud hy sy kop: uh-uh … nee … ook nie … nee, hy’t nie krag nie … nee, wat, dit sal te ’n laat aand word … nee, ook nie … hy sien nie kans om Vishoek toe te ry nie … nee.

      Hy

Скачать книгу