Donatello en Volksie. Marion Erskine

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Donatello en Volksie - Marion Erskine страница 12

Donatello en Volksie - Marion Erskine

Скачать книгу

as dié een ontplof! Do remind me om jou, wanneer ek jou ontmoet, ’n lekker skop onder die a$$ te gee. Kan ons asseblief nou net oor happy dinge chat, want ek’s drie sekondes daarvan weg om my eie polse af te kou. Tog, dankie vir die recko. Ek was mal oor die boek. :-)

      Z …

      Net voor middernag kom Donatello se boodskap deur:

      To: Volksie

      From: Donatello

      Subject: Z???

      Nou het jy my eers nuuskierig. Waarom Z? Begin jou naam daarmee? Jy klink nie vir my soos ’n Zelda of ’n Zelia nie. Of sukkel jy net met my? Jy het dit ook bitter laat getik, so dit kan beteken dat jy dalk slaperig is. ZZZZZ. Vertel, tóé?

      Vanoggend het ek gaan draf en elke keer wanneer ek ’n ou Volksie sien aan jou gedink. Selfs toe ek van die nuwes sien, kon ek nie anders as om aan jou te dink nie. Vir wie probeer ek nou jok? Ek het in elk geval die hele oggend aan jou gedink. Sjoe, maar ek is lekker dapper met my gevoelens agter ’n rekenaarskerm. Ek hoop van harte dat ek so dapper kan voorkom wanneer ons mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet. Noudat ek op die onderwerp is, sou jy my wou ontmoet vir daai beloofde “onder die a$$ skop”? Of gaan ons nog so ’n paar maande hier in kuberruimte rondbaljaar en mekaar uit die slaap hou?

      Donatello

      * * *

      From: Volksie

      To: Donatello

      Subject: Wanneer en waar?

      Hallo, jy. Skies ek het nie gisteraand teruggetik nie, maar ek was óp, hoor. Kan jy glo dis al die 30ste? Nog een dag en dan is ons in 2008! Ek oorweeg dit om vanjaar geen resolutions te maak nie. Wat van jou? BTW … ek is baie bly jy’t by die park uitgekom en dat ’n Volla jou aan my laat dink. Dit sal seker maar te veel expectation kos dat ’n roos of iets moois jou aan my laat dink? Maar wat, ek sal maar tevrede moet wees met ’n geroeste blik as association. SMG! Ek sukkel net met jou! Maar jy’s nog lank nie vergewe vir die Anna-boek nie! So, moenie eens dink ek gaan jou so maklik laat gaan nie.

      ’n Meet klink heel cool. En ek dink glad nie jy’s voor op die pram om dit te noem nie. Heng, ek’s so verveeld hierdie afgelope ruk. Veral nadat Boom weg is. Afgesien van ’n paar kliënte, sit ek maar hier by die huis en dink te veel. Wat beplan jy vir Oujaarsaand môre? Dalk kan ons iets saam doen, want ek’s nie lus om by die huis te sit nie. Sorry, ek is seker nou lekker forward en as jy iets beplan het, ignore sommer net die vraag. My sterre voorspel dat ’n nuwe avontuur môre op pad is, so ek gaan die geleentheid aangryp – met of sonder jou!

      Ek wonder al heeldag hoe jy lyk. Uit beginsel (sjoe, ek’t nie geweet ek’s in staat tot sulke ghrênt Afrikaans nie! LMGA!) ontmoet ek niemand voordat ek ten minste ’n foto gesien het nie. Ek sal my nooit vergewe as ek saam met Gogga-maak-vir-baba-bang in die openbaar gesien moet word nie! Ek spot sommer weer, hoor. Jy moet maar gewoond raak aan my sick humor! Dit help om te weet vir wie mens op die uitkyk moet wees. Ek het reeds ’n idee hoe jy lyk en ek sal nogal wil sien of die foto by my idee pas.

      O ja! En ek ontmoet iemand net in ’n openbare plek waar my pepper spray genoeg aandag van die mense om my kan trek. Don’t worry, mate, ek het tot dusver nog nie my pepper spray gebruik nie. O, wag! Daar was nou die dag ’n voorval … Ha-ha. Ontmoet my vanaand so agtuur se kant op Matchmate, dan chat ons en tref die finale reëlings. Kry solank jou foto reg. Hier’s myne. Don’t be too judgemental! Heng, ek is vrek nuuskierig oor wat jy gaan dink.

      V

      Zoë skakel die rekenaar af en staan op om vir haar ’n koppie groentee te gaan maak. So, dan is dit nou só. Sy gaan uiteindelik vir Donatello ontmoet. Skielik is Zoë bang. Donatello is bloot ’n mens, ’n doodgewone man met doodgewone foute. Nie die foutlose mens wat sy deur die laaste paar boodskappe leer ken het nie. Het sy haarself regtig aan hom blootgestel? Die meisie wat banger is vir ’n langtermynverhouding as vir ’n tandarts? Weet hy dat sy nie regtig so grootbek is soos wat sy oor die kuberruimte voorgee nie? Sy dink sy’t gaan staan en verlief raak op ’n pakket. ’n Vooropgestelde idee van wat sy nodig het. Verlief! Verbeel jou. Mens kan mos nie halsoorkop gaan verlief raak op ’n siel wat jy nog nie ontmoet het nie. Of kan jy?

      6

      Die Upavistha Konasana

      Dit is ’n besonder warm dag. Al wat mens (en dier) is, soek skadu. Zoë skakel die waaier aan en plaas ’n rustige CD in haar draagbare musiekspeler. Dié CD van ondersese walvis- en dolfynklanke is een van haar gunstelinge. Sy buk langs die hoogswanger Hettie Basson. Hierdie ultramoderne huis van Hettie is massief en hulle het sommer een van die vertrekke ingerig as oefenkamer vir die jogasessies.

      “Ons begin met die Upavistha Konasana,” glimlag sy toe sy haar hand op Hettie se rug druk.

      “Zoë, dis verdomp seer!” steun Hettie.

      “Dis baie goed vir die baba,” stel Zoë haar gerus. “En dit help ook met jou eie inner calm.”

      Hettie sit op op haar jogamat, wydsbeen, en strek met alles in haar vorentoe terwyl sy haar neus teen die grond probeer druk.

      “Inner calm se gat! Ek kon nie eens ’n bleddie split doen vóórdat ek pregnant was nie,” kreun Hettie. “Waarom sal ek nou, op sowat sewe maande, kan?”

      “Hettie,” maan Zoë, “jy’s nie die eerste swanger vrou wat joga doen nie! Komaan, strék!”

      Hettie Basson kreun en steun asof sy reeds besig is om te kraam. Uiteindelik het Zoë haar in die posisie waarin sy haar wil hê en nou haal sy rustiger asem.

      Zoë glimlag breed. Soms dink sy niks in die lewe kan haar gelukkiger maak as joga nie. Die ding spook deesdae by haar. Sy gee nou al soveel jare lank jogaklasse vir swanger vroue. Maar om haar eie studio oop te maak, soos auntie Patsy wil hê, is gek. In Suid-Afrika is joga vir swanger vroue nog nuut, al word dit wêreldwyd reeds lank beoefen. Sy het tot dusver al nege en twintig swanger vroue gehelp met joga – almal ’n reusesukses. Al haar kliënte kon slegs ’n paar weke ná hul bevallings weer in hul eina-nommers pas. Hettie Basson is haar dertigste kliënt en vir seker ’n mylpaal; juis daarom wil Zoë hê sy moet net so ’n sukses wees.

      “Da’ gaat jy,” sê Zoë gemoedelik toe Hettie weer in haar normale, sittende posisie is.

      “Zoë!” dreig Hettie en blaas die natgeswete rooi slierte uit haar oë, “laat ek ooit agterkom jy’s pregnant! Ek belowe jou, jy sal suffer!”

      Nadat sy eers by Hettie tee gedrink en gesels het, voel haar eie huis leeg. Almal is ook met vakansie tussen Kersfees en Nuwejaar! Dit is net Hettie en Taryn, met wie sy darem op Krismis kon kuier. Maar nou is sy óók see toe. Zoë stap na haar rekenaar vir haar en Donatello se agtuur-afspraak. Daar is net iets aan hierdie ou wat haar heeltemal fassineer. Moet wees omdat hier niemand anders is nie, dink Zoë. Dit is maar net afleiding. Die ou chat dan asof hy ’n woordeboek ingesluk het. Sy gewaar ’n nuwe boodskap en daar is ’n klein prentjie daarby. Donatello het uiteindelik ’n foto van hom gestuur! Sy maak die foto oop en betrap haar dat sy langer daarna staar as wat sy wil: ’n lang, aantreklike donkerkopman in ’n donker pak klere, neutbruin oë, hare netjies kortgeknip en ’n glimlag soos in ’n Colgate-advertensie. Suits het nog nooit vir Zoë Zietsman veel aantrekkingskrag gehad nie – nie soseer oor hoe dit lyk nie, maar die onvermydelike arrogansie wat agter daardie suits skuil! Tog moet sy erken: hierdie man is baie hotter as wat sy haar ooit sou kon voorstel. Sy dink terug aan haar gesprek met

Скачать книгу