Brouhaha. Eben Venter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Brouhaha - Eben Venter страница 6

Brouhaha - Eben Venter

Скачать книгу

pa is die hoofrede vir my besoek aan die familieplaas. Ek is bang sy graf gaan geskend word. Die gedagte dat iemand die graf gaan oopgrawe en sy geraamte uit die kis haal en eenkant wegsmyt sodat die kis afgestof en herverkoop kan word, kom reguit uit die hel. Maar dis nie verregaande nie: In ’n berig in Die Burger het ek eenkeer gelees dat grafte in Victoria-Wes se begraafplaas oopgegrawe word. Ek het ook gehoor – maar dit nog nooit bevestig nie – dat swart mense die einste vrees besweer deur ’n betonblad bo-op die kis te laat gooi kort nadat hy gebêre is.

      Om eerlik te wees, terwyl die ryk wit man nog die eienaar van Rietfontein was, was ek gerus oor die graf. My pa se eertydse bestuurder het toe ook nog ’n ruk lank in die opstal aangebly en gesorg dat die begraafplaas geskoffel word. Maar noudat ’n vreemde man aan die roer van sake staan, het ek die vrees. Dis ’n kras vooroordeel, die soort ding wat jy teenoor vriende aan ’n etenstafel erken, maar nie in die openbaar nie. Dit getuig van diepliggende wantroue en ek is skaam daaroor. In stilte hoop ek mnr. Uitlander sal my daarvoor vergewe.

      Soos ek die plaas nader, raak die ou bakens al hoe meer. Op daardie plaas was die tennisbaan waar my pa-hulle Saterdag-middae gaan tennis speel het met ’n klomp bure, almal in wit tennisdrag met ’n boeretan. Om die tennisbaan het ons met Dinky Toykarretjies op ons eie plaaspaadjies rondgery, heeltemal sorgeloos. Hier is die plaas Addon van oom Martin Henning – sy netheid kon my pa nie ewenaar nie. Oom Martin het elke skeerseisoen self sy merino’s se wol geklas; ek kan die olierigheid van die klastafel in sy waenhuis ruik as ek wil. Dié wêreld en sy mense, almal nou dood of weg, het my gemaak en gevorm in my vroegste lewensjare, tot so by elf, twaalf jaar oud.

      Net ná halfelf kom ek op Rietfontein se werf aan. Die son het so ’n nawinterse loomheid – ’n ideale dag op ’n plaas in die Oos-Kaap, ’n ideale dag vir die lewe. Ek parkeer onder een van die dennebome. Alles lyk nog dieselfde. Die werf is skoongevee, agter die hoë dak van die opstal steek die eerste wit bloeisels van die peerbome uit. Daar staan ’n bakkie geparkeer, maar verder is dit stil. So onthou ek dit ook: Tensy kuiergaste van die stad af aankom, of by spesiale geleenthede soos wanneer die winteros geslag word of wanneer die mans regmaak vir bokjag, is so ’n plaaswerf maar altyd stil. Honde of kapokhoendertjies of ’n pou as jy bietjie ghrender is, maar andersins roer daar niks nie.

      ’n Man kom aangestap oor die grasperk, wat nog geelwit is van die ryp. Ons gee hand. Name is onnodig, elkeen weet wie die ander is. Ons kyk in mekaar se oë en op daardie oomblik weet ek dit was die regte ding om te doen. Op my eie is ek nie in staat om my vrese en vooroordele te oorkom nie; dié man gaan dit vir my doen. Die oumense het gepraat van ’n man met ’n goeie gesig. Met “goeie” het hulle bedoel eerlik en opreg. Dis deel van my vorming om nou so ’n gesegde, eintlik ’n evaluasie, te onthou.

      Ek wens hom geluk met die aankoop van Rietfontein. Ek dink hy weet ek bedoel dit. Frank Uitlander sê hy gaan sy bes doen op die plaas, hy gaan baie mooi na die veld kyk. Al probleem is, hulle het nie eintlik meer geld oor om vee aan te koop nie. Hulle gaan maar by die Landbank moet leen. Toe sê ek: “Dis maar hoe die meeste boere maak.”

      Hy en sy pa maak eers ’n bietjie skoon hier op die werf voordat hulle intrek. Sy pa kom ook aangestap, met ’n hark in die hande. Die ou mnr. Uitlander vertel my dat hy destyds in Van Ryswyk gewerk het, die handelshuis wat later afgebrand het. Hy het my oupa geken, my pa en al my ooms; hy onthou hulle almal. Ek is verbaas, maar ook nie; ek het gehoor die Uitlanders is ou inwoners van Burgersdorp. Die ou man kan terugkyk oor die geskiedenis van my en sy mense op die dorp, na die fel skeiding tussen ons en alles wat dit meegebring het, en hy kan my plaas soos ek dit onmoontlik met hom kan doen. Dit dwing my tot beskeidenheid.

      Ek vra of ek na die graf kan gaan kyk. In my agtersak het ek ’n halfjack whisky. ’n Vriendin van my het my aangeraai om saam met my pa ’n dop te gaan maak, whisky saam te vat as dít is wat hy teen die einde van sy lewe graag gedrink het. Ek gaan sit toe halfboud daar op die ringmuur in die begraafplaas en sluk net so uit die bottel. Ongewone ding vir my om te doen helder oordag, maar dit voel reg.

      Natuurlik kan ek nie “saam met my pa” ’n dop drink nie; sy siel het lankal elders ingetrek. Ek praat maar liggies met hom. Hy sal bly wees oor die huidige eienaars van Rietfontein. Die Uitlanders gaan na die plaas kyk, die hekke nie sommer laat ooplê nie, die veld nie vertrap nie.

      My pa het graag die besitterskap van grond verduidelik met die woord “rentmeesters”. Hy het gesê die Here het net vir ’n rukkie die grond aan jou gegee om daarvoor te sorg, grond kan nooit aan jou behóórt nie. Daarom moet jy die veld en ondergrondse water oppas. Ek sê vir hom ek dink die Uitlanders het gekom om te boer – hulle is die nuwe rentmeesters. Grond wat so lank in die hande van wit mense was, word nou betrek deur ander ou inwoners van die streek. Hulle het oor die destydse skeiding getree, ’n klein historiese oomblik om saam te vier.

      Ek skroef die bottel toe en maak die hekkie van die begraafplaas agter my toe en loop oor die grasperk terug. Ek het die branderigheid van whisky by my keelgat af en ek is tevrede. Ek het sielerus, my oorlede pa ook.

      Ek groet en vra vir die ou mnr. Uitlander of dit goed is as ek van tyd tot tyd die graf kan kom besoek. Toe sê hy: “Hoe kan ons nou nee sê,” en konfronteer my opnuut met sy eerlikheid.

      *

      Johannesburg … en Johannesburg

      “Dis waar swart mense kom om ’n lewe te probeer maak.” Só word in die rolprent Jerusalema oor Hillbrow gesê. Die fliek gaan oor die kaping van woonstelblokke deur ’n swaar gewapende bende.

      Ek het die afgelope tyd deur twee Johannesburge gery – die eerste slag deur Hillbrow, Yeoville en toe die middestad. Niks moois nie, niks om op trots wees nie. Net ’n vuil, gehawende onderbroek wat uitsteek.

      Dit was ’n Sondag en mý versoek om na die middestad te gaan kyk. Ek wou sien wat van my ou uithangplekke geword het. Gaan Johannesburg dit maak as ’n inwoonstad, lewensvatbaar bedags, selfs ’n bietjie tintelend saans? Dit was ’n hopeloos naïewe vraag, besef ek nou.

      Ek en twee van my vriende, gesoute Johannesburgers, trek weg uit die noordelike voorstede waar katjiepiering en geparfumeerde seringbloeisels die lente aankondig.

      Ons ry verby die Wilds, die botaniese tuin, en die stad word net so effens rowwer. Die witgerypte grasperke moet nog herstel en die tuin is lankal verbode terrein. Gaan kyk na die aalwyne, en jou kop waai.

      Ons ry Hillbrow met Claridgestraat binne, en nou word die stad nóg ruwer. Kwaai son op beton, min groen, maar dit maak Hillbrow nog nie anders as in die ou dae nie.

      Dit is die verval van die beton en die aftakeling van dit wat nog bly staan het wat ’n mens opval.

      “Ek het in daardie woonstel in Clarendonsirkel gebly, elegante ingangsportaal, stylvolle badkamerkrane,” vertel my vriendin. Nou’s die woonstelblok skaars herkenbaar, ’n krater.

      Daar is ’n wemeling van mense op straat, ín die straat, oral stalletjies op die sypaadjies, ’n volkome verwisseling van inwoners sedert die laat jare tagtig.

      Niks wit gesigte meer nie, niks van die ou Joodse tannies met klein brakkies op pad om melk te koop by Highpoint nie, niks van die Indiërs wat die uitstekende tydskrifwinkel Estoril bedryf het of die Midde-Oosterlinge met hulle MiVami waar jy die vetste falafels ná middernag kon kry nie, niks meer oor van die heel eerste Exclusive Books net onder straatvlak nie, absoluut niks oor van die teater aan die einde van Pretoriastraat waar jy na Jacques Brel se liedere kon gaan luister en dink jy’s op die mees polsende plek op aarde nie.

      Van al die ou bakens, noem dit klein flikkeringe van kultuur as jy wil, is daar boggherol oor.

      Ons

Скачать книгу