Bottelnek. Piet Steyn

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Bottelnek - Piet Steyn страница 11

Автор:
Серия:
Издательство:
Bottelnek - Piet Steyn

Скачать книгу

struike inhardloop. Hel, demmit! Miskien moet hulle wag tot die ander kom, die sirenes is nie ver nie! “Kat! Wag!” roep hy.

      Kat verdwyn egter met sy duim in die lug om die hoek, tussen die huis en die sementheining in.

      Bliksem.

      Giel maak met sy vinger helikopter bo sy kop, sy T-hemp se punt oor die hanggat van sy denim, die bome wat hom toevou …

      Bliksem!

      Dis nou te laat om te wag. Hy ken vir Kat, as daar iets oop is, gaan hy nie wag nie. Hy klem die pistool met albei hande vas, haal ’n slag diep asem en storm laag by die deur in.

      Mik! Swaai! Mik!

      Portaal.

      Mure is klinkerstene, soos buite. Blink vernis.

      ’n Boog na regs, sy oë volg die pistool se loop. Televisie, hi-fi, rusbanke. Gesinskamer. Leeg.

      Die vrou lê op haar maag in ’n plas bloed.

      Pine kniel, sy oë op ’n boogingang wat die portaal met die dwarsgang verbind. ’n Groot Claerhout-skildery teen die gangmuur … nog sonneblomme.

      Iewers in die huis roep ’n meisie om hulp. Waar is die seun? Waar de hel is die seun?

      En die bliksem met die skietding?

      Waar is Kat?

      Pine druk sy middel- en wysvinger teen die vrou se nek. Geen polsslag. Twee bloederige gate in haar rug – sy moes probeer weghardloop het.

      Hy staan op en beweeg stadig in die rigting van die gang, die pistool met gestrekte arms voor sy gesig.

      En dan is die bliksem daar.

      ’n Ongeskeerde, vuil, verkreukelde figuur. Sy verwilderde oë wit agter die swart gat van ’n pistoolloop.

      ’n Donker tonnel waarin hy afkyk …

      Hy sien die vlam; die skoot ruk in sy gesig. Agter hom breek glas.

      “Skiet die bliksem, Pine!” Dis Kat wat skreeu.

      Daar is sweet in sy oë; die loop wil nie stilstaan nie … Hy móét die helse sneller trek!

      Nou!

      Die koeël maak ’n swart kol op die groot boude van ’n sonneblomplukker in die Claerhout-skildery langs die man. Hy trek die sneller weer en die muurlig bokant die man se kop ontplof. Fok! Sy arms ruk; daar is sweet in sy oë.

      “Skiet, Pine!”

      Hy sien die verligting in die man se oë, hoe hy begin glimlag, ongelowig. Dan tref Kat se volle gewig Pine en hulle tuimel tussen stoele in. Die man het nog ’n geamuseerde uitdrukking op sy gesig toe die twee skote wat Kat van die grond af skiet hom teen die Claerhout vasslinger. Hy skuif saam met die skildery teen die growwe gangmuur af.

      Kat help Pine aan sy arm op, en hulle staan met rokende pistole die toneel en gade slaan.

      “Wat is fout? Hoekom skiet jy hom nie?” vra Kat.

      Pine staan verbysterd na die figuur teen die skildery en kyk. “Die pistool is nie lekker nie,” sê hy afwesig. Dan draai hy om en stap koponderstebo na buite.

      » 7 «

      Waar de hel is hy? Hy probeer met sy een oog in die donker sien. Die bed is te sag vir die tronk. Die beddegoed wat van sy gespook en gestoei opgerol in ’n natgeswete bondel langs hom op die bed lê, is sag en ruik lekker. Dis nie tronkkomberse nie!

      Hy moet iewers in Frikkie se plek wees. Joe lê stil in die bed en die herinneringe kom vaag en stadig soos babers in ’n modderige stroom na hom toe. Frikkie wat sy glas volmaak, vir hom ’n zol rol terwyl hy hom stil met sy donker oë sit en aankyk. Joe ril. Hy onthou nou hoe die praat uit hom gestroom het soos ’n Coke-bottel wat oorkook. Hy kon dit nie keer nie. Hy het gepraat en Frikkie het stil geluister en sy rook oor die lessenaar uitgeblaas. Waaroor het hy alles sy bek vol gehad? Hy onthou iets van die dae dat hy in Windhoek in die tronk gesit het en Girlie alleen moes suffer om die kinders groot te kry. Hoe sy hom later vertel het van haar werk in daai rykgatrestaurant.

      Frikkie het hom weer vertel van die overtime wat sy daardie tyd al huis toe gebring het, seker om hom beter te laat voel. Dít kan hy van gisteraand goed onthou!

      Joe lê doodstil in die skemer, sy arms regaf langs sy sye asof hy in ’n doodskis lêgemaak is. Hel, so dis daar dat Girlie se losgat-stories al begin het!

      Daar is ’n flits teen die venster in die oorkantste muur en dan donderweer. Weerlig. Hy wag vir die reën om uit te sak en toe hy die water in ’n geut of ’n ding hoor gorrel, raak hy bewus van die drukking op sy blaas. Hy sal moet pis, en vinnig ook! Maar waar kry ’n man ’n pot of ’n ding in hierdie plek?

      Hy swaai sy bene van die bed af. Sy kop is ook nie lekker nie, sy bek proe soos grond. Waar is die ligskakelaar? Dis verdomp donkerder as ’n stope op 81 level!

      Hy sukkel regop, tas-tas voor en langs hom rond en loop dan teen ’n stoel vas. Hy kry die stoel aan die rugleuning beet en sleep dit saam met hom na die venster waarteen die weerlig kort-kort lig gooi. Hy pluk die gordyn weg en maak die venster oop. Die lug is koel en hy probeer van die sproeireën wat sy gesig prik van sy lippe lek. Hy klim op die stoel en laat ’n sterk geel stroom in die donker tuin inskiet. Steunend gee hy hom oor aan die verligting, aan die gevoel van leër word, probeer iets van die donker vorms in die tuin uitmaak, kyk of hy die stadshorison kan herken wat kort-kort deur blitse verlig word.

      Joe tree pynlik van die stoel af, voel-voel sy pad terug en val op die deurmekaar bed en natgeswete kussing neer. Hy raak gou weer aan die slaap, en terwyl die storm die gordyne in sy donker kamer laat inwapper, droom hy van ’n skedel met een oogholte, weerligstrale wat om die harde, koue beengesig speel en ’n rooi gesig met klein varkogies, ’n swart moesie aan ’n kaalgeskeerde agterkop. Iewers braai iemand spek, die reuk meng met dié van sterk koffie.

      Joe maak sy oog stadig oop, knip-knip dit teen die helder lig wat deur die oop venster val. Sy oog draai deur die vertrek. Wit gipsbordplafon. Spieëltafel. Ingeboude kas. Gordyn wat gedrapeer hang oor die leuning van ’n stoel voor die venster. Hy kreun. Die plek stink na mottegif en stof, soos ’n kamer wat te lank toegestaan het.

      Hy hoor musiek, een van Girlie se favourites. Neil Diamond en Barbara Streisand se “You Don’t Bring Me Flowers”.

      Nee, verdomp! Hy swaai sy bene van die bed af. Laat sak sy gesig dadelik weer in sy hande, sy kop wil bars! Sy bek voel soos skuurpapier. Die een of ander tyd gisteraand moes hy die glasoog in die leë oogkas gedruk het saam met grond en gras en ander stront. Wou seker wys hoe taai hy is. Nou krap die verdomde stuk glas hom, brand sy oogkas. Hy smyt dit eenkant.

      Joe staan sukkelend op. Hy kan nou sien waar die badkamerdeur is en loop met sleepvoete daarheen. Deur die klein venstertjie bokant die toilet sien hy ’n grasperk omring deur struike en bome. Daar is geen ander huise naby nie. ’n Stuk veld loop af na ’n spruit of ’n ding, ’n kronkelende streep wattels en riete in ’n laagte. In die verte, anderkant die spruit, is die beboude rant waar die weerlig gisteraand gedans het. Ghrênd huise, almal met sulke rooi teëldakke. Die hele lot lyk dieselfde. Hoptown-de-fokken-lux! Dit moet wees waar die blinkgatte hier rond bly,

Скачать книгу