Die Reuk van koffie. Koos Kombuis

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Reuk van koffie - Koos Kombuis страница 5

Die Reuk van koffie - Koos Kombuis

Скачать книгу

wêreld donker, en kort voor lank begin jy, soos Luther, selfs in jou gebedskamer deur Satan bedreig voel.

      Is daar waarlik mense wat rein van hart is? Wat dink hulle van bonsaiboompies? Het hulle ’n humorsin?

      Erger nog: Wat dink sulke mense van mense soos dominee Bennie Mostert?

      Of van die Kerk?

      Ek is bang om te vra …

      rapport

      en as rugbykykers besluit hulle wil ook staak?

      Volgens sielkundiges dink volwasse mans gemiddeld een keer elke ses minute aan seks.

      Dis gelukkig nie waar van Afrikaanse mans nie. Afrikaanse mans dink elke ses minute aan rugby.

      Ek is bereid om dit ruiterlik te erken: ja, rugby is vir my ’n afgod.

      As enige dominee ’n probleem daarmee het dat rugby vir my ’n afgod is, sal ek hom kort en kragtig antwoord: Wil jy dan nou hê ek moet liewer aan seks dink?

      Wanneer ek rugby kyk, moet niemand my steur nie. Wanneer ek rugby kyk, het ek nie meer fantasieë dat ek ’n tronksel deel met Paris Hilton nie. Wanneer ek rugby kyk, verander alles. Selfs my waardesisteem verskuif. Deur die week mag ek verskil van Steve Hofmeyr se politieke sienings, maar hy kan maar “Liefling” sing op Loftus; ek is ’n absolute fan.

      Wanneer ek rugby kyk, wil ek nie in die tuin werk, Lego-kastele bou saam met my kinders of bekgevegte lees tussen Jaco Botha en die hoof van die FAK nie.

      Wanneer ek rugby kyk, kyk ek net rugby. En selfs wanneer ek nie rugby kyk nie, dink ek – soos ek reeds gesê het – ten minste elke ses minute aan rugby.

      Ek vra myself af wat van Meyer Bosman geword het. Ek wonder wie die genie was wat Pierre Spies verskuif het van vleuel na losvoorspeler. Ek spekuleer: waarom begin ons nou eers besef John Smith is eintlik ’n goeie kaptein? Dis die dinge waaraan ek dink wanneer ek nie rugby kyk nie.

      My vrou is ook lief vir rugby, maar uit die aard van die saak is sy ’n vrou. Sy dink nie elke ses minute aan rugby nie.

      Sy dink aan goed soos watter kleur ons die nuwe kamer se plafon moet verf. Sy werk resepte uit vir die aand wanneer Kerneels Breytenbach kom kuier.

      Nietemin is ek nie kwaad vir my vrou dat sy nie soos ek is nie. Ons gesin sal ten gronde gaan as sy soos ek moet wees.

      Maar ek is wel kwaad vir iemand anders. Let op, hier kom ek nou eers by die punt van hierdie rubriek uit! Ek is woedend, woedend, woedend!

      Ek is woedend vir die rugby-administrateurs en sportministers en die hele kaboedel mense wat nie self rugby speel nie, maar hulle aanhoudend bemoei met rugby en sodoende ons rugbykyk-ervaring bederf!

      Keer op keer het dit die laaste ruk gebeur dat ’n Suid-Afrikaanse provinsiale span of ons nasionale span ’n fantastiese, roemryke oorwinning behaal, maar waaroor gaan die volgende dag se koerantopskrifte? Oor onbekende burokrate wat kwaad is vir Jake White om al die verkeerde redes. Oor kwotas, en rassisme, en allerhande herries. Dis amper asof hulle jaloers is op die publisiteit wat ons spanne kry.

      Hoekom?

      Die enigste kleure wat vir ons rugbyliefhebbers tel, is groen en goud. Nie bruin, wit of swart nie. Ons het vrede met watter kleur Luke Watson is, ons worry net of Luke Watson inpas in ons wedstrydplan. Wanneer Ashwin Willemse ’n drie druk, sê ons nie: “Hoera vir die bruin mense!” nie, ons sê: “Hoera vir die Springbokke!”

      Die meeste rugbyliefhebbers in Suid-Afrika is volkome kleurblind. Selfs Bok van Blerk sing ’n song oor Bryan Habana. Rugby het die wonderlike potensiaal om Afrikaanse mense te laat vergeet van rassisme – sonder ’n enkele politieke argument. Rugby is ’n nasiebou-sport.

      Nou waarom, vra ek met trane in my oë, wil die rugby-burokrate almal heeltyd aan rassisme herinner? Waarom wil hulle ons mense opnuut verdeel?

      Transformasie in sport ís nodig, maar dit moet van onder af boontoe deurgevoer word, nie van bo af ondertoe nie. As daar diskriminasie is, moet dit op klubvlak aangespreek word. Nie in die kleedkamer vlak voor ’n Drienasies-kragmeting nie. Nie in die toilet van ’n kroeg nie. Dis ’n skande dat intelligente, opgevoede mense in gesagsposisies hulle so skuldig maak aan hierdie nuttelose getjommel.

      Dit moet end kry. Anders gaan julle ons só die duiwel in maak dat ons ons TV’s afskakel en staak! Ja, STAAK! En weer elke ses minute aan seks dink pleks van rugby!

      Die paviljoene sal leeg wees! Niemand sal geld maak nie!

      (Die enigste mense wat dan tevrede sal wees, is ons vroue.)

      “Liefling …”

      rapport

      ’n feëverhaal van ons tyd

      Hansie en Grietjie loop weg in die donker bos in.

      Hulle loop nie weg omdat hulle stout is nie. Nee, hulle loop weg omdat hulle nie langer in die groot wit huis by tannie Vlok kan bly nie. Die groot wit huis het nie vensters nie. Kinders wat in die groot wit huis bly, mag nie smiddags na skool buite speel met die bruin kindertjies van die skwatterkamp nie. Kleilat gooi is verbode, en as jy gevang word vrugte steel, is aanhouding sonder verhoor jou voorland.

      In die groot wit huis kry al die kinders elke aand net kasterolie en Bybelversies. Nie gawe Bybelversies soos “God is liefde” nie. Nee, dis net verdoemenis, hellevrees en geslagsregisters.

      Die groot wit huis sonder vensters is ’n wrede plek, en niemand hou van tannie Vlok nie. Behalwe miskien oom Vlok.

      Nou loop Hansie en Grietjie hand aan hand deur die donker bos. Hulle soek ’n nuwe huis. Hulle soek ’n huis waar kindertjies welkom is, ’n huis van liefde met ’n regte mamma. Hulle voel baie alleen in die bos. Dit word al laat, en hulle begin koud kry.

      Een na die ander vra Grietjie die diere van die bos: “Is daar iewers ’n huis waar ons kan woon?”

      “Ja,” voeg Hansie by. “’n Huis met vensters, een wat meer kleure is as net wit?”

      “O, julle bedoel die reënbooghuis,” antwoord die skoenlappertjies vrolik. “Volg net die voetpaadjie!”

      “Ja,” sing die tortelduifies. “Ons het gehoor van so ’n huis. Dis blykbaar die nuwe in-plek om te wees! Kyk uit vir die bordjies!”

      “As julle gou maak, kan julle daar kom voor die leeus julle opvreet!” lag die aasvoëls.

      Hansie gryp Grietjie se hand en opgewonde hardloop hulle deur die bos. En sowaar! Kort voor lank kry hulle ’n bordjie waarop staan:

      REËNBOOGHUIS

      Kinders Welkom!

      Agter die bordjie sien hulle ’n voetpaadjie, verlig met die liggies van vuurvliegies. Aan elke boom hang ’n tros veelkleurige ballonne. Hoe verder hulle stap, hoe meer bordjies sien hulle. Die bordjies sê:

      Gelyke Regte vir Alle Mense!

      Niks Meer Kasterolie nie!

      Tronk

Скачать книгу