Die Reuk van koffie. Koos Kombuis

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Reuk van koffie - Koos Kombuis страница 6

Die Reuk van koffie - Koos Kombuis

Скачать книгу

regte plek vir kindertjies!”

      “Stunning!” beaam Hansie.

      Toe bereik hulle ’n oop kol in die bos. Daar sien hulle ’n pragtige ou Kaaps-Hollandse huis geverf in al die kleure van die reënboog. Uit die huis kom allerhande partytjiegeluide. En daar is ’n groot, breë voorstoep met ’n riempiestoel waarop ’n swart vrou sit met ’n glasie iets wat rinkel van die ysblokkies.

      “Kom in!” roep die vrou. “Noem my sommer tannie Manto. Solank julle belowe om julle beet en groente te eet, kan julle doen net wat julle wil.”

      Vol verwondering stap Hansie en Grietjie die reënbooghuis binne. Die voorste kamers het geen meubels nie, maar daar is orals kinders wat vrolik dans. “Amandla!” skree hulle. “Viva!”

      “Dit lyk na ’n baie lekker partytjie,” sê Hansie, “maar ek is nogal honger. Ek wonder waar’s die kombuis?”

      “Daar’s niks kos in die kombuis nie,” sê een van die kinders. “Ons moes ons laaste mieliepap vir oom Bob hier langsaan gee, hulle was nog hongerder as ons. Maar moenie worry nie, ten minste is ons vry! Hier is geen reëls nie! Ons kan gaan slaap wanneer ons wil! Viva!”

      “Ek voel juis ’n bietjie vaak,” gaap Grietjie. “Waar’s die beddens?”

      “Sorry, die beddens is gesteel,” sê ’n ander kind.

      “Hier’s niks water in die krane nie,” kla Hansie, “en ek is dors!”

      “Ek sal nie my hare kan blow-dry nie,” neul Grietjie. “Die krag is af!”

      Skielik is daar ’n bloedstollende gil. Hansie het ’n klerekas in een van die slaapkamers oopgemaak. “Kyk al die geraamtes!” snik hy. “Hol, Grietjie, hol!”

      Soos die wind hardloop Grietjie. Uit die hoek van haar oog sien sy hoe iemand Hansie met ’n mes steek, maar sy hardloop. Sy hardloop by die agterdeur uit, verby opgestapelde vullissakke, verby tienderjariges wat leepoog sit en tik, verby slapende polisiemanne, tot terug in die donker bos.

      Ns. Carte Blanche en ’n hele span waarsêers soek nou nog na haar.

      rapport

      die groot onvoltooide …

      Ek besoek weer ’n vergete kamer in die huis van die dowe

      Vir die eerste keer is daar weer ’n Breyten-digbundel wat ek kan lees. Lees, terwyl die reën van buite af teen my ruite hamer. Lees, soos iemand wat in die geheim sondebrood eet. Lees, want lees, op sy beste, is beter as meditasie of slaap.

      Breyten, die tronk-Breyten, die taal-Breyten, die bitter Breyten kon ek nie lees nie. Net hier en daar, by wyse van uitsondering, het ’n gedig, of ’n deel van ’n gedig, sy hand opgesteek en gefluister: “Luister bietjie hier.” Maar ek sal nooit ’n yk-mens kan wees, of ’n mouroir-mens, of ’n toeskouer op die rand van die Ongedanste Dans nie.

      Daardie Breyten is vir my so onbekend soos Stalin. Daardie Breyten was hard op die oor, en duister, en onverstaanbaar.

      Maar nou is sy gedigte weer hier.

      Die windvanger het my sit en my opstaan, my lê en my sluimering geword. Soos destyds toe ek die ysterkoei moet sweet ontdek het. Ek bewandel die gedrogtelike leë landskappe van sy nuwe eskatologie. Ek verwonder my aan die hompe vleis wat hy so skynbaar moeiteloos ophang aan die hoeke van elke bladsy.

      Die windvanger is grusaam, verstommend, benouend, eensaam, vol verdoemenis en weersin; en tog sag op die oor. En mooi, ja, mooi, so mooi soos wat die taal lanklaas was.

      Luister bietjie hier. Eet hierdie paragrawe:

      die lekkerste stuk lewe is die laaste

      wanneer jy die hef teen die been tik

      om desnoods met ’n bewerige vinger

      die soet murg uit die holte te krap

      Ja, dis wat Breyten nog altyd kon doen. Hy kan woorde raak skiet soos met ’n windbuks, en hulle dissekteer waar hulle val. Dis nie die vrye vers, of die gebrek aan rym, wat my van die eerste salvo af getref het nie. Al dié nuwe tegnieke was groot nuus toe Breyten die eerste keer ontplof het in die Afrikaanse landskap, ja. Daar was polemieke by dosyne oor hierdie man met die groen trui wat ons vanuit Parys oorkant die water bestook het met sy vormlose verse. “Voorstudies vir gedigte,” het my oom, die Professor in Sielkunde, gesê.

      Breyten was die laatlammetjie van die Franse Simboliste, per abuis gebore in Afrika, uitgewyk terug na Parys, om daar tussen wapperende wasgoeddrade en malvas op balkonne sy wrewel jeens die stam van sy herkoms uit te kots. Eintlik wou hy ’n skilder word. Sy gedigte het hy – so vertel Etienne van Heerden my – onder sy matras weggesteek en daar vergeet, totdat ouens van die uitgewery dit stuk-stuk daar uitgesnuffel het vir amptelike boekstawing in die Republiek.

      Toe ghwêrts die hele besigheid in ons gesigte, ’n barsende bom kouevuur, en ons Letterkunde word skielik Lekkerkunde.

      Meteens was alles moontlik. Dit het ek as jong skoolkind besef toe ek Breyten begin lees het, skelm onder die skoolbank, terwyl ons onderwyser genaamd Klaas Vakie ons probeer wysmaak het van A.G. Visser.

      Breyten was my bekering tot die reddende krag van woorde.

      Gered het hy my van die verveling van Kadette, die walging van Jeugweerbaarheidsperiodes, die knetterende hellevuur van Calvinisme, die angs van Seksuele Skuldgevoelens, die oorgeërfde vrees vir die Kaffer, die hele boel Kak en Kulkuns en Kroekery van die Koninkryk van die Kalkoene. Want ’n foksterriër moet ook sy weekend kry, demmit.

      Vandag bêre ek steeds daardie eerste liefde, daardie Breytenbefoktheid van my prille jeug, kosbaar in ’n kissie in ’n kamer van my hart.

      En daar sou my Breytenbefoktheid gelê en eindelik gemuf het, vergete, onderdruk, vir altyd wég, as hy my nie hierdie moerse guns bewys het en eindelik weer ’n boek gemaak het soos daai eerstes nie.

      “Voorstudies vir gedigte.” Is dit waar? Nee, seker nie van sy gedigte nie. Maar die idee van “voorstudie” is wel van toepassing as mens kyk na Breyten se totale output: sy lewe, die idioom van sy bestaan, die larger-than-life-skaduwee wat hy altyd sal gooi teen die mure van die kamers waar ons sy werk probeer ontsyfer.

      Dink maar aan katastrofes. Dit sou ’n wonderlike moewie kon wees as die plot effens meer samehangend was. Dink aan sy toneelstukke by Oudtshoorn. Ek het nie een gesien nie, so ek mag seker nie kritiseer nie, maar Breyten het self aan my erken dat groot dele daarvan oorhaastig saamgeflans is. Volgens die akteurs was dit meesal samestellings van e-mails wat Breyten van tyd tot tyd, knorrig en impulsief, deurgeblits het Suid-Afrika toe. Dit was soos assegaaie wat hy blindelings oor ’n muur gooi. Die enkele kere dat hy ’n teiken getref het, was die effek fenomenaal; maar daar was altyd meer debris as duidelikheid. ’n Slaai van metafore, sleg omgeroer. Toe ’n resensent hom van “literêre draadtrekkery” beskuldig, is Breyten vir die soveelste maal woedend oorsee.

      Vir my om hom nou te loof vir die windvanger, terwyl ek my al soveel maal gedistansieer het van sy openbare geredekawel, is seker ’n bietjie soos die girl op LitNet wat eenkeer gesê het Koos moet maar net so nou en dan “Lisa se klavier” sing en verder sy bek hou. Ek vermoed Breyten sal hierdie resensie, as dit is wat dit is, ervaar as patronising. Dit sal hom wond, al

Скачать книгу