Etosha. Piet van Rooyen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Etosha - Piet van Rooyen страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Etosha - Piet van Rooyen

Скачать книгу

hard bo die gedreun van die enjins uit. Hy stryk oor die louwarm grendel van sy R4. Dis ’n vrou in sy hand. Hy voel die opgewondenheid in hom opstoot. Sy hart klop vinniger in sy borskas. Dis die hormone wat pomp.

      Van nou af sal dit gou gaan. Hulle ken die storie. Dis ’n ou storie vir hulle. Die hardloper probeer wegswaai na ruwer terrein. Hy wil wegkom, maar die bakkies is in vierwieltrek. Niks verhoed hulle om oor klippe en slote te klouter nie. As hulle regtig op plekke nie kan deur nie, ry hulle wyd om. Hulle het hom, weet hy. Daar is niks meer wat die man kan red nie.

      “Hoe wens hy nie nou hy’s net ’n poep in die wind nie!” roep Fabianus uit. Die ander se lag dawer.

      Die wilddief het die geweer weggegooi, kort daarna die renosterhoring ook. Hy’t die kapmes van sy riempie losgewikkel, dit haastig in ’n bos ingeslinger. Hy hardloop so hard hy kan, oor die vlaktes, swenk tussen die bosse deur. Die dorings raap aan sy bene, sny bloedstrepe oor sy skene en teen sy kuite. Sy kaal bolyf is ’n bewegende donker vlek deur die plantegroei.

      Die APU’s gee hom kans. Hulle het lank gewag vir dié geleentheid. Hulle geniet die speletjie. Hulle is katte wat met ’n muis speel. Hulle sloer met die bakkies, ry stadig deur die slote, gooi wye ompaaie deur die veld. Soms verloor hulle hom so amper uit sig, gee hom kastig moed. Dan kom hulle onverwags uit ’n ander rigting terug. Hulle bly hom afsny van sy koers af, druk hom weg van waarheen hy aan die vlug is. Daar is nog genoeg lig van hierdie dag oor. Hulle is nie haastig nie. Hulle sal hom kry, weet hulle. Dis lekker om die bevrediging uit te rek. Die adrenalien pomp deur die are. Die oë is wyd gesper. Die asems jaag opgewonde.

      Hulle kan van ver af sien hoe die wilddief in die hardloop bly soek na wegkruipplek. Hulle sien van ver hoe hy hoop vir ’n erdvarkgat of ’n skeur tussen die klippe. Maar daar is niks hier om hom te beskut nie – geen digte bos, geen diep erosiesloot, nie die minste vorm van skuiling, geen skuilplek meer nie. Dis nou alles in die oopte. Die tyd van afrekening het gekom. Dis nie elke dag dat hulle ’n wilddief so maklik vastrek nie!

      “Druk hom daar na die groot bome toe, daar onder in die rivierloop. Ek wil hom daar hê,” sê Fabianus vir sy drywer.

      “Hoe dan?” vra die nuwe man, Mistake. Dis die eerste keer dat hy saamkom. Hy staan langs Fabianus op die bakkie, kyk kort-kort met heldeverering na sy bevelvoerder. Dis die beroemde kryger Fabianus da Fonseca van wie hy voorheen so baie gehoor het. Nou’s hy self deel van die groep. Hy staan langs die man self. Hy staan so naby dat hy aan hom kan vat.

      “Ons soek ’n lekker hangplek,” sê Fabianus.

      “O.”

      Die ander weet al wat om te verwag, dis ’n ou ding dié. Hulle is glad nie haastig nie. Hulle druk die prooi in die rigting van die rivier. Hulle druk hom na waar hulle hom wil hê. Hulle was al voorheen by by wildvangoperasies. Hulle het al baie gesien hoe die wildvanghelikopters die vlugtende wild bly druk.

      Hulle gee die man kans tot waar hy in ’n droë rivierloop onder die bome verdwyn. Hulle sien hoe hy homself, pootuit, in ’n digte bos inwurm, agter die beskutting van ’n ou, omgevalle boomstomp in. Hulle kyk nou nie meer in sy rigting nie. Hulle gee voor dat hulle niks van hom weet nie. Hulle maak of hulle moed opgegee, die prooi verloor het. Hulle gee voor dat hulle maar net op ’n uitstappie, ’n mannepiekniek is.

      Hulle ry stadig nader en hou aan die kant van die riviersand stil. Die hele span agtervolgers klim van die voertuie af. Hulle boks speel-speel na mekaar met ritmiese bewegings van die skouers en oordadige bewegings van die koppe. Dan gaan sit hulle een vir een in die koelte van die groot kameelbome wat hier in die rivierloop groei. Bedaard haal hulle die waterbottels en die toebroodjies uit die rugsakke. Hulle sit rustig agteroor, steek die dagga-zolle aan en rook. Die dampe maak blou slierte in die dun lug. Hulle weet maar te goed dat die wilddief hier enkele treë van hulle af met kloppende hart en hygende asem na hulle gesprekke lê en luister, maar vir hulle is dit asof hy nie meer bestaan nie.

      “My vrou het hierdie mensvleis hopeloos te sag gekook,” mor Fabianus en lek aan sy toebroodjie. “Dis amper ’n sop.”

      “Myne het Damara-ballas op. Jissis, maar dis taai!” sê Moses.

      “Kom ons ruil. Ek is mal daaroor as hulle so onder my tande stukkend klap,” sê Boniface, die een met die seunsgesig.

      “Gee bietjie daai bottel met Boesmanbloed aan,” sê ’n ander.

      “Daardie ingemaakte oë met die slaaisous wat jy laas gehad het, het jy weer saamgebring?”

      “Nee, dis op. Ons moet weer slag.”

      Die APU’s lag met diep stemme en smak die lippe terwyl hulle rustig in die skaduwee van die voertuie sit en hulle middagete eet. Die wilddief probeer hom al kleiner trek in sy koeltekol. Hy hoop steeds dat hulle hom nie gesien het nie. Hy bly wens dat hulle bloot toevallig hier sit en eet, lag en gesels. Hy moet moed hou, dapper probeer bly, praat hy homself voor.

      “Dis darem vrek jammer daardie landdros op Outjo het die saak van ons laaste renosterslagter so maklik uitgegooi. Te min getuienis, glo mos,” sê Fabianus. “Dit vra ekstra om dié een weg te hou van die wet af. Die wet weet nie meer nie. Die wet het sag geword. Ons is nou die nuwe wet. Of wat sê ek alles?”

      “Jy sê reg, Sersant! Hulle maak dit al hoe moeiliker vir ons om die slegte ouens hof toe te vat.”

      “Ja, en ons wil tog so graag die reg laat geskied. Nou kyk nou net. Nou kan ons nie meer nie. Nou word ons gedwing om self te moet regmaak wat verkeerd loop,” sê Jason sydelings.

      “Ai, dat ons nuwe land se reg darem so sleg werk van die begin af. Dit plaas soveel meer druk op ons om regverdig te wees.”

      “Ons moet nou maar self die laksman speel.” Fabianus praat met opset Herero, dat die wilddief mooi kan verstaan. “Ete ovapangure. Ons is die regters,” sê hy.

      “Ja, dis soveel moeiliker,” praat die manne kamtig ernstig saam.

      Toe hulle klaar gerus het, staan die APU’s op en stap doodluiters nader, die semi-outomatiese R4-gewere losweg in die vuiste gehou.

      Fabianus gee sy geweer vir een van die ander om vas te hou en trek die wilddief aan sy enkels onder sy bos uit. “Wat het ons hier?” vra Fabianus met ’n spottende stem: “Rooikaffer se kind? Siesa! Moet ons aan al daardie rooi klei loop vat? Vir wat was julle spul Himbas julle nie?”

      Vetamunua Tjambiro se oë is wyd gesper. In sy gees het hy ’n honderd maal al reeds gesterf. Hy weet van baie jagters wat ingegaan het in die Park in en nooit weer daar uitgekom het nie. Hy ken hulle name, van sy vriende, goeie mense, glad nie skelms nie. Dit kon leeus wees, olifante, of mambas, wat die mense doodmaak, maar hy weet beter. Die meeste sterf aan die hande van hierdie manne, hierdie selfdes wat hom nou aan die enkels beet het en rofweg oor die oop sand uit sy skuilplek sleep.

      Die stories loop lankal dat dit vir die APU’s makliker is, minder moeite, om self die vonnis uit te spreek, om self die dood te bestel. Dit is verlate plekke hierdie, so ver in die weste van die Park. Dis plekke waar die toeriste nooit kom nie. Hier geld die wet van die Bos, nie die staat se wette nie, weet hy.

      Vetamunua lê ’n patetiese bondeltjie mens, ineengekrul voor hulle op die grond. Hy ruk van kop tot tone. ’n Onbeheerste vrees vir hierdie spul menseslagters het hom beetgepak. Sy tande klapper op mekaar. Hy kerm sag. Hy moet mooi dink om die urine in sy blaas te hou. Hy knyp sy sfinkter styf toe om homself nie te bevuil nie.

      “Die son bak,” sê Fabianus. “Ek raak

Скачать книгу