Etosha. Piet van Rooyen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Etosha - Piet van Rooyen страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Etosha - Piet van Rooyen

Скачать книгу

die ding ruik sleg. Hy’s gesweet. Hy’s vol rooi klei en beesmis gesmeer. Hy’t te lank aan renosterhoring gevat. Hy sal die bakkie stink maak. En dis groot werk om die gemors van die bak af te was. Hoekom smeer hulle hulle altyd so vuil? Hè? Ek praat met jou!” Fabianus skop met sy skoenpunt aan die stil figuur op die grond.

      Die wilddief gee ’n diep snak.

      “Bring die tou,” roep Fabianus na die Boesman wat agter op die bakkie bly sit het.

      “Trek af sy broek!” beveel hy die nuwe rekruut.

      Die ou man se oë is wit van die vrees.

      Mistake tree vorentoe en trap met sy stewel hard teen die wilddief se maag. Hy kry die broek aan die pype beet en pluk dit met een beweging van die skraal bene af. Flentertjies rafels bly aan die maer enkels kleef, ’n teken dat dit tog mens is dié, nie heeltemal dier nie.

      “Kyk die miserabele ou pielietjie! Kyk hoe lê die voëltjie in sy harige nes.”

      “Siesa!”

      “Kom maak vas hier.” Fabianus beduie met die vinger vir Mistake en die Boesman-spoorsnyer om die wilddief se voete te lig en die tou om sy enkels styf te trek. Hulle is die mees junior lede van die spul. Hulle moet die vuilwerk doen. Fabianus weier om sy hande verder vol sweet en Himba-klei te laat raak.

      Boniface en Moses, die lang, maer Mbundu, trek aan die tou. Met lang hale hys hulle die wilddief in die boom in op, kop na onder, voete na bo. Die wilddief se kop swaai heen en weer voor dit tot stilstand kom.

      Fabianus haal die knipmes uit sy sak. “Wil jy dalk praat? Ietsie sê?” vra hy gemaak bedees.

      Tjambiro het nie meer ’n stem nie. Hy wens hy kon iets sê wat hierdie hele saak duidelik sou maak. Hy wens hy kan hierdie soldate van sy seun vertel, iets sê wat sy jagtog vir hierdie mense sal kan verklaar. Maar geen woord kom uit sy keel nie. Daar is geen medepligtiges wat hy kan verraai nie, niemand op wie hy sy skuld kan pak nie. Hy het vir niemand gesê hy kom hiernatoe nie. Niemand sal weet as hy hier agterbly nie. Net die wind sal kan oordra wat gebeur het. Hy skud sy kop, voel hoe die bloed swaar daarin klop. “My seun, my seun,” kom dit skor oor sy lippe.

      “Wat sê jy?” vra Fabianus. “Ek kan nie mooi hoor nie.”

      Maar die ou man het klaar gepraat, hy het niks meer te sê nie.

      “Hou vas sy arms!” Fabianus tree vorentoe en sny met ’n vinnige, skerp haal die wilddief se oor af. Hy staan wyd dat die bloed nie op sy broekspype mors nie. Die druppende bloed gooi ’n fyn spoortjie op die sand en klippe. Fabianus buk en vee sy bloedbevlekte vingers aan die wilddief se vuil broek af waar dit eenkant op die grond lê.

      “Aag! Aag!” Die wilddief skree hard en kermend.

      Die APU’s lag, hulle ken reeds hierdie soort skreeu. Die wilddiewe bly altyd kamma dapper, totdat die patrollie behoorlik met hulle galle begin werk. Die gekerm doen hulle goed, dit maak die bloed warm, stoot die are skoon, gee vuur in die lende, alles dinge wat vanaand by die vroumense goed werk. Hierdie trillende gekerm stoot die koerasie goed op vir vanaand se sports. Almal van hulle verdien ’n paar biere vanaand, en ’n paar loslyf vroumense. Definitief. Hulle kort beloning na ’n goeie dag se werk. As Fechter dalk nie weet hoe om hulle na behore te beloon nie, weet hulle self wat hulle wil hê. Hulle vat wat hulle toekom. Hulle is die reg van die Bos. Hulle is die beste. Hulle speel in die wenspan.

      “So merk ons die skape. Aan die oor. Net reg om te slag.”

      Die wilddief huil met ’n lang, uitgerekte kerm. As hulle hom wil doodmaak, laat dit tog asseblief gou kom.

      Wanneer Fabianus die ander oor afsny, stol die gekerm in sy keel. Die groepie mans het ook nou ophou jil en praat. Net die veld sing verder met ’n hoë fluitgeluid. Iewers het twee neushoringvoëls met hul uitgerekte gekok-kok begin. Dit dring deur die hitte en deur die rooi waas in die wilddief se oë soos tromslae van ver oor ’n rivier.

      Die son is vinnig aan die sak. Die dag nader sy einde. Die wilddief hang onderstebo aan die boom. Hy is stil, hy kerm nie meer nie. Net sy asem kom in kort, hortende stote by sy mond uit. Die APU’s staan hom sonder emosie en bekyk.

      “Fok die donner!”

      “Ons moet hom afhaal,” sê Jason.

      “Wat sê julle?” vra Fabianus vir die ander APU’s.

      “Nee, los hom net hier. Laat hom sien of hy self kan loskom.”

      “Wat sê jy, mannetjie?” vra Fabianus vir die nuwe rekruut.

      Mistake kyk na die ander om hom, sien die spot en die minagting in hulle oë. “Laat hom hang,” sê hy.

      “Laat hom hang,” sê Fabianus.

      “Fechter sal nie hiervan hou nie,” sê Jason.

      “Fechter sal nie weet nie,” sê Fabianus dreigend.

      “Fechter sal nie weet nie,” brom die ander instemmend.

      Die APU’s klim in die voertuie en ry. Terug op die spore tel hulle die wilddief se geweer op. Hulle kry die renosterhoring ’n ent verder in ’n bos. Hulle kan altyd ’n storie hieroor versin. Die donker het hulle ingehaal voordat hulle die wilddief kon vastrap. Hy was te skelm, het te vinnig gehardloop. Maar hulle het darem die geweer opgetel waar hy dit laat val het. Die horing het hy nog. Hulle sal maar by die krale daarvoor moet gaan soek.

      So sal hulle sê. Fechter sal hulle glo. Hy vertrou hulle. Hulle werk al lank saam.

      Die wildpatrollie is haastig om terug te kom by die kamp. Dis ’n hele paar uur se ry. Die stof staan dik op die vlaktes soos die bakkies volspoed daaroor brul. Die manne moet hulle staan ken om nie afgeruk te word in die wilde draaie en deur die duike nie.

      Mistake voel ’n bruising van opgewondenheid in hom opstoot. Hy’s tevrede. Hy voel reeds deel van hierdie groep. Hy is bly hy is aan hulle kant, nie teen hulle nie. Hy is bly hy het netnou gesê hulle moet die ou man laat hang. Dit was die regte ding om te doen. Hy kyk rondom hom na die ander gesigte. In elkeen se blik brand daar die warm gloed van sukses.

      7

      Olivia en doktor Hugh Brown, hoof van die Etosha Ekologiese Navorsingsinstituut, is besig om die leeu op te sny, toe die APU’s terugkom in die kamp. Dis reeds lankal donker en Olivia is moeg na die dae se agtervolging van die leeu, maar sy wil die werk klaarmaak. Hulle sal vinnig moet speel in hierdie hitte. Met al die vet beesvleis in sy pens sal die karkas gou vrot word. Die binnegoed ruik al klaar sieklik skerp.

      Hulle kry min genoeg kans om ’n leeu op die dissekteertafel te hê. Dis egter ’n skrale troos. Hulle sou albei graag eerder die leeu lewend wou terughê in die Park. Dit was ’n mooi jong mannetjie en, op grond van wat hulle met die aanvanklike deurkyk van die organe kan agterkom, vry van siektes of infeksie. Dis dié soort genetiese materiaal waarmee hulle parke in Suider-Afrika sal kan herbevolk as al die leeus daar uitgestorwe is. Hulle kry weekliks berigte van insidente van tering en kattevigs waarvan die leeus in plekke soos die Krugerwildtuin, Londolozi en Mala-Mala reeds by die honderde vrek. Slegs die ontwikkelde, leeu-ontvolkte binneland skei nog noordelike Namibië en die Kalahari se leeus van die aangetasde populasies elders. Dis hoekom hierdie werk so belangrik is; waarom Olivia en haar projek met soveel belangstelling deur die res

Скачать книгу