Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade - Chris Karsten страница 3

Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade - Chris Karsten

Скачать книгу

liewer haar besoek met ’n week uit te stel, van 13 Maart tot Donderdag 21 Maart.

      Later sê sy: “Daardie laaste week [wat hulle saam was] was ’n heerlike, rustige week vol liefde. Ek beskou dit tot vandag toe as ’n groot geskenk.”

       Hy sê sy moenie bekommerd wees as sy hom nie in die hande kry nie, want iets skort met die herlaaier van sy selfoon se battery.

      Op Saterdagaand 16 Maart bel sy Pieter uit Somerset-Wes, en sê sy sal Sondag weer bel. Hy sê sy moenie bekommerd wees as sy hom nie in die hande kry nie, want iets skort met die herlaaier van sy selfoon se battery. Sy bel nietemin die Sondag weer, kry nie antwoord nie, maar kwel haar ook nie te veel nie, want Donderdag is sy tuis.

      Vonds langs die swembad

      Sondagoggend is Pieter by ’n tafeltjie in sy tuin langs die swembad op sy laptoppie aan die skryf. Dis ’n sonnige dag en hy is kaalvoet en sonder hemp. Hy het net ’n kortbroek en sy bekende frokkie aan, onbewus van die vier besoekers wat na hom op pad is, onder hulle sy ou bou-en-tuin-helper, Kenneth.

      Pieter is 65 jaar oud, word op 9 Junie 66. By hom op die tafeltjie waar hy skryf, lê ’n stukkie blou papier waarop hy geskryf het: “Hierdie bloed wat in die aar langs my elmboog klop, sal eendag gaan staan. Die aar sal nie weer klop nie; die dinge wat ek dink, sal ophou, soos die groen boomslang wat ek geskiet het toe hy in die voëltjiesaadbak gaan lê en wag het.”

      Miskien, word later bespiegel, wou hy dit in sy nuwe boek gebruik, of dalk het hy ’n voorgevoel gehad van die gebeure wat hulle daardie dag sou afspeel.

      Kenneth Mhlongo het ’n wrok. Hy is ’n ontsnapte en hy glo Pieter skuld hom nog geld en klere vir die werk wat hy November daar op die erf gedoen het.

      Kenneth kry drie vriende bymekaar, Phillemon, Sesh en Frans. Hy sê hulle moet saamkom, want op Marlothpark “is ’n ou man wat my geld en klere skuld”. Hulle ry met ’n taxi uit Naas buite Komatipoort na Marloth-park. Kenneth gee vir Phillemon ’n mes en Kenneth wys die koers aan deur die verlate strate met die bosruigtes na die huis in Butterflystraat.

      Frans Shabangu is sku en ongemaklik, sien waarop dit afstuur, en wil nie deel wees van dié onheilsplanne nie. By die huis steek hy vas, gaan nie saam in nie. Die ander drie stap by Genade in en oorval die niksvermoedende Pieter in sy tuin aan die skryf. Van die vrou sien hulle geen teken nie.

      Hy sit hom heftig teë, maar hulle het messe en een kry ’n handbyltjie in die hande. In die worsteling beland Pieter en een van sy aanvallers in die swembad, ook die byl. Hulle kry hom uit en steek hom sonder genade soos besetenes 22 keer in die kop en hart en longe. Terwyl hy hom doodbloei, bind hulle sy arms met nylontou bokant die elmboë agter sy rug vas en los hom sowat vier meter van die swembad af.

      Sy skryftafel is omgestamp, sy skootrekenaar lê op die grond, saam met die stukkie blou papier.

      Hulle begin die huis stroop. Op die bedkassie in sy slaapkamer los hulle die drie boeke Help, ek cope nie meer nie, So lief as wat daardie hoender vir ’n skoot is en O Bring my trug na die ou Transvaal waaruit hy gelees het. Op ’n ander kas lê Die Bybel in praktyk, en op sy bed lê ’n prentjie van blomme met ’n Bybelvers uit Mattheus: “So mooi versier God die blomme in die veld … Sal hy dan nie nog baie beter vir julle sorg nie?”

      Kenneth buit die drafskoene wat Pieter eens aan hom geleen het om hom teen die dorings te beskerm. Phillemon hou van ’n muurhorlosie, reken dit sal mooi pas in sy huis in Naas.

      Almal hou van die Tassenberg-rooiwyn, nogal in ’n tweeliterbottel (wat Pieter gemeen het beter smaak as die ander Tassies-verpakkings). Hulle vat ook ’n TV-stel, videomasjien, sy selfoon (met die pap battery), die kapmes waarmee Kenneth onkruid uitgekap het, ’n draagbare radio en klere, ook van Jenny.

      Sondagmiddag teen die etensuur kry die polisie, onbewus van die moord op Pieter, ’n wenk dat twee verdagtes met vermoedelik gesteelde goedere gesien is. Hulle het van die goedere gelos toe mense hulle daaroor uitgevra het, en na ’n naburige plaas gevlug. Die polisie word ontbied en lê beslag op ’n TV, radio en vroueklere. En die twee verdagtes word aan hulle beskryf.

      Jenny kom Donderdag 21 Maart uit die Kaap op Marlothpark aan, nou bekommerd omdat sy Pieter sedert Saterdagaand nog nie weer in die hande gekry het nie. Sy is verbaas oor die deure van die huis en woonwa wat oop staan. Sy sien ook van haar klere in die tuin lê, en ’n kussing met bloed aan, die omgestampte tafeltjie. In die swembad dryf ’n duvet.

      Groot onheil pak haar terwyl sy na hom roep en soek, in die huis, woonwa.

      “Ek het toe omgedraai in die rigting van die swembad. Ek het gesien die water is donker en daar dryf goed in. Ek het gesien iets lê oorkant die swembad … Ek het daarheen gestap … dis my man,” vertel sy later.

       Groot onheil pak haar terwyl sy na hom roep en soek, in die huis, woonwa.

      Die polisie en ’n dokter is gou by die huis, maar Pieter se liggaam is reeds ná dae buite so ontbind dat hulle nie kan sien hoe hy gesterf het nie. Die dokter behandel Jenny en sy vertrek na een van Pieter se dogters, Shirley, in Nelspruit.

      Die polisie kry nie tekens van ’n inbraak nie. Die strate in die omgewing van Pieter se huis word afgesper en ’n groot speurtog begin vir leidrade.

      Vrydag kry hulle die byl in die swembad, en sy liggaam word vir ’n forensiese outopsie van Nelspruit na Witbank gestuur om die oorsaak van sy dood vas te stel.

      Op Marlothpark is mense, soos in die res van die land, geskok oor die gewilde skrywer se dood. Sy boekverkope het reeds die miljoenkerf oorskry. Veral op Stompneusbaai is inwoners verslae en honderde mense drom rondom Pieter se houthuis in Boventrekstraat saam.

      Sy familie kan die grusame moord nie begryp nie. Sy dogter Madi sê sy en haar susters, Shirley, Emsie en Annetjie, is platgeslaan. “Maar ek troos my dat sy saak by die Here reg was.”

      Shirley sê Jenny is onbeskryflik hartseer, maar almal is net bly dat sy nie tuis was toe die moordenaars daar opgedaag het nie.

      Jenny ken enkele dae later die gesteelde goed wat die twee vlugtende mans die Sondagmiddag laat val het, as haar en Pieter se besittings uit.

      Roudienste

      Op 25 Maart, op die 85ste verjaardag van sy ma, Emily, word ’n gedenkdiens vir Pieter gehou in die NG gemeente Floraunapark in Pretoria-Noord. Onder die sowat 250 mense is ook bekendes soos Zack du Plessis, Danny Pretorius en Ollie Viljoen, regisseur van Maak ’n las.

      Dr. Herman Carelsen lei die diens en sê onder meer: “Pieter Pieterse loop kaalvoet in die hemelstrate en êrens vandag eet engele Weskuskos met ’n resep wat Pieter vir hulle gegee het. Hier is vandag geen huldeblyke nie, want ons sal nie kan ophou met huldeblyke aan ’n groot man wat nederig geleef het nie.”

      ’n Gedeelte, “Elkeen se stukkie Bosveld”, word voorgelees uit sy boek Boude en blaaie waarin hy vertel hoe hy en Jenny na die Weskus wil terugkeer. Hierin vertel hy van hul omswerwings in die Kaokoland, Damaraland, Kavango, Mosambiek en die Caprivi.

      “En nou is Pieter by ’n ander staning. Vandag lééf hy sy lewe,” sê dr. Carelsen.

       “… en êrens vandag eet engele Weskuskos met ’n resep wat Pieter vir hulle gegee het.”

      ’n Paar dae later,

Скачать книгу