Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade - Chris Karsten страница 6

Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade - Chris Karsten

Скачать книгу

Rapport.jpg"/>

      Amelia Viljoen

      Rapport

      En terwyl sy die jong wewenaar as ’t ware van die graf na die bed onthaal, is Alexa, die sexy sekswerker, onbewus daarvan dat sy deel gaan word van ’n saak wat vir regs-geskiedenis in Suid-Afrika gaan sorg.

      Keel afgesny

      Pieter kom die Maandagaand laatnag van Alexa af by die huiswoonstel op Haakdoringboom aan, bêre die troufoto’s en gaan kruip langs die swanger Amelia in. Omstreeks vyfuur die Dinsdagoggend is hy weer uit die bed om te gaan werk. Toe hy haar groet, gee hy haar R50 vir petrol op pad na haar werk.

      Sy dut nog ’n bietjie voordat sy ook moet gereed maak vir die dag. Amelia sluimer in, hoor nie die glas wat breek en die grendel van die babakamer se venster wat oopgaan nie.

      Sy word ineens wakker toe ’n sterk man bo-op haar op die bed is, met ’n mes in sy hand. Sy probeer gil en stoei van die bed af tot by die kamer se deur en die mes se lem sny haar aan haar regterhand en -pols toe sy dit probeer afweer.

      Hy slaan haar ’n geweldige hou met die vuis op haar oog, so hard dat sy in ’n ligte beswyming op die mat val.

      Dit gee die moordenaar kans om haar keel met die mes af te sny. Hy gebruik krag vir die diep sny van 13 sentimeter lank, van die voorkant van Amelia se keel tot agter in haar nek, deur die sagte weefsel en groot slagare.

      Die moordenaar los haar, steel niks, en vlug weer by die babakamer se venster uit.

       Sy word ineens wakker toe ’n sterk man bo-op haar op die bed is, met ’n mes in sy hand.

      Weens die twee are wat afgesny is, is Amelia besig om haar dood te bloei. Maar sy kom by en strompel na die badkamer, steun haarself met bebloede handpalms teen die mure.

      In die badkamer probeer sy die bloeding met ’n waslap stop.

      Buite, in die vroeë oggend, kom Brian Moyo aan om met sy tuinwerk te begin. Hy hoor Amelia se roepgeluide om hulp uit die woonstel. Maar die deure is gesluit en Brian sien die oop venster en klim in. Hy sien ook die baie bloed, en skrik toe hy Amelia op die badkamervloer sien lê.

      “Brian, help my … help my net …” smeek Amelia.

      Brian vlug uit die woonstel om hulp te gaan soek en kry vir Onica Makola, die Viljoens se huiswerker. Saam klim Brian en Onica weer deur die venster.

      Onica roep Amelia se naam, maar die ernstig beseerde vrou is so swak en sterwend aan bloedverlies dat sy nie kan antwoord nie.

      Onica is paniekbevange. Sy weet nie wat om te doen nie. Sy hardloop deur die woonstel, na die slaapkamer waar sy die bebloede laken afpluk en onder Amelia se kop as ’n kussing indruk. Sy begin ’n wasskottel vol water tap, kan net dink om al die bloed op te ruim.

      Brian ontbied Pieter se ouers. Ria se eerste gedagte, toe sy al die bloed sien, is dat haar skoondogter weer ’n miskraam gehad het. Maar dan sien hulle die verskriklike wonde.

       Ria se eerste gedagte, toe sy al die bloed sien, is dat haar skoondogter weer ’n miskraam gehad het.

      Ria bel Amelia se pa. “Koos, dis Amelia, dis net bloed …”

      Koos Brits is binne vyf minute daar. Hy kry sy dogter dood in die badkamer, haar oë steeds oop. Hy druk haar oë toe, die een wil nie toegaan van die swelsel van die harde vuishou nie.

      Om kwart oor agt die oggend bel Ria haar seun, Pieter, by sy werk. Een van sy kollegas bring Pieter huis toe. Hy sit in die kar en huil.

      Die volgende dag wys Pieter die babakamer aan joernaliste en ontdek Amelia se dagboek aan haar baba.

      Uit die verslag oor die forensiese outopsie blyk dit dat Pieter en Amelia ’n babaseuntjie sou gehad het, die fetus al 24 cm lank.

      Pieter sê: “Ek het haar nog ’n drukkie gegee voor ek werk toe is.”

      Sy pa sê: “As ek die een vang wat dit gedoen het, hang ek hom lewend op. Hier’s lekker hoë bome. Sy was elke aand in die babakamer doenig. As jy al ’n broeis ma gesien het, dan was dit sy.”

      Die volgende Dinsdag, 17 April, word Amelia in die Heatherdale-begraafplaas in Pretoria-Noord begrawe. Pieter huil hartverskeurend by haar kis, en ná die teraardebestelling help sy agtjarige boetie, Wimpie, sy ouer broer om die graf toe te gooi. Ure later, nog dieselfde aand, kom Pieter sy seksafspraak met Alexa na.

      Die verbaasde en hulpvaardige tuinier, Brian Moyo, en ’n vriend, Sam Nkosi Ngwanja, albei onwettig uit Zimbabwe, word twee weke later weens die moord op Amelia aangekeer vir ondervraging.

      Pieter bly alleen in die woonstel agter, slaap in die bed waar sy vrou so verskriklik gewek is, in die kamer waar haar keel afgesny is, en gaan eet by sy skoonouers waar hulle oor Amelia se wrede dood gesels.

      Maar die ondersoekbeampte, kapt. André Fabricius, en supt. Rudi van Olst, bevelvoerder van Pretoria se moord-en-roof-eenheid, het bedenkinge of Brian en Sam die skuldiges is, veral nadat forensiese toetse geen bewyse oplewer nie. En niks is gesteel nie. Daar is ook geen leidrade na ’n ander verdagte nie.

      Maar toe kry kapt. Fabricius ’n wenk oor ’n sekswerker.

      Dit is ongewoon dat ’n man die aand voor sy vrou se dood troufoto’s aan ’n seks-werker gaan wys en ure ná die begrafnis waar hy so bitterlik met sy gesig op haar kis gehuil het, by dieselfde sekswerker gaan kuier. Dít, ’n derde party in ’n huwelik, kan ’n motief wees, word vermoed.

       Dít, ’n derde party in ’n huwelik, kan ’n motief wees, word vermoed.

      Byna vyf maande ná Amelia se gruwelike dood daag moord-en-roof-speurders op Woensdag 29 Augustus 2001 by Pieter se duikklopwerk op. Hulle neem hom in hegtenis en begin hom ondervra. Hy gaan wys ook tonele aan die polisie uit waar hy klere en skoene in ’n veld weg-gegooi het.

      Hierdie ondervraging en uitwysing word later so ’n regstwis dat die appèlhof daaroor ’n beslissing moet maak.

      Die bekentenis

      Op Vrydag 31 Augustus, twee dae ná sy inhegtenisneming, verskyn Pieter sonder ’n regsverteenwoordiger in die hof om aansoek te doen om borgtog.

      Voor landdros Nico Noeth doen hy ’n verstommende bekentenis. Hy sê hy en Amelia het nooit baklei nie en geld het nie ’n rol gespeel nie.

      In ’n sagte stem vertel hy dat hy daardie Dinsdagoggend met sy bakkie van die huis weg is, maar net tot by die boonste hoewe, waar hy stilgehou en teruggestap het huis toe.

      Hy het van buite deur die venster van die babakamer ingeklim en sy vrou in hul bed oorval. Hy het haar wakker gemaak terwyl hy die mes versteek het. Hy het haar mond toegedruk en haar tot by die kamerdeur gesleep.

      “Ek het haar keel met die mes afgesny, wéér deur die venster geklim en gaan werk. Ek het geweet ek tree verkeerd op en geweet sy was swanger.

      “Ek is jammer oor wat ek gedoen het. Dit was verkeerd.

      “Ek weet nie hoekom

Скачать книгу