Tryna du Toit-omnibus 1. Tryna du Toit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tryna du Toit-omnibus 1 - Tryna du Toit страница 26

Tryna du Toit-omnibus 1 - Tryna du Toit

Скачать книгу

sakkie oop en neem die poeierkwas uit, maar hy neem dit by haar.

      “Ek sal dit self doen,” sê sy.

      “Sit stil, ek kan dit beter doen.”

      En moeg, uitgeput na die veelvuldige emosies van die laaste halfuur, laat sy hom sy gang gaan. Hy probeer die traanmerke uitwis en toe hy klaar is, kyk hy met ’n vreemde, sagte flikkering in sy grys oë na die fraai gesiggie en sê half spottend, half teer: “Mooi Annie.”

      Toe hulle eindelik weer op pad is, sê Johan: “Ek weet jy’s baie kwaad vir my, Annie, maar ons kan nie nou die ander mense se middag gaan bederf met ons rusie nie. Ons twee sal maar vanmiddag moet toneelspeel. Kom ons speel daardie eerste ontmoeting daar by die koppie het nooit plaasgevind nie, dat vanmiddag ook uitgewis is, dat ons nou sommer net twee jong mense is wat lekker gaan tennis speel. Sien jy kans?”

      “Ek sal probeer,” sê sy sag.

      “Nou toe, en nie so bedees nie. Ons gaan heerlik tennis speel; kyk net watter lieflike middag is dit. Gaan jy en Piet ons Woensdagmiddag pak gee?”

      “Ons gaan probeer.”

      “Ek dink darem nie ons sal dit toelaat nie.”

      “Ons sal sien,” antwoord sy, glad nie meer so bedees nie.

      Toe hulle op Wag ’n Bietjie kom, ontmoet Barry hulle by die motor. Sy oë gaan vlugtig van Annie se gesig na Johan s’n, maar hy sê niks nie.

      “Middag, Barry,” groet Johan. “Jy het ’n wonderlike middag bestel vir ons tennis.”

      “Middag, mense. Ja, ons is reg vir julle. Ons het al gespeel.”

      Barry se bure, die Steyns, en Letty Rossouw, wat die naweek by hulle deurbring, sit op die grasperk langs die tennisbaan.

      “Julle is laat,” groet Frank Steyn. “Was jy bang ons sal jou weer in die dam gooi?”

      “Ek laat my nie twee maal in dieselfde dam gooi nie,” antwoord Johan. “Kom, wie sal dit waag om Annie en my te pak?”

      “Toe, jy, Barry, ek en Rita wil eers rus.”

      “Kom, Letty, die Bolander praat weer groot vanmiddag.”

      Letty Rossouw, Barry se maat vir die toernooi, is ’n lang, mooigeboude meisie, die dogter van sy buurman, Koos Rossouw. Sy kan goed tennis speel, maar haar spel is ’n bietjie wisselvallig en sy beweeg stadig op die baan. Johan en Annie is te goed vir hulle en wen maklik.

      Toe Barry en Letty wegloop om die Steyns in hul plek te stuur, sê Johan aan Annie: “Ek beny Piet sy maat, Annie.”

      Annie se wenkbroue wip en sy kyk Johan agterdogtig aan. Johan lag.

      “Hoe lyk dit vir my jy vertrou nie die wapenstilstand nie, Annie?”

      “O, ek sien, jy is besig met toneelspeel.”

      “Vir die oomblik was ek nie. Mevrou Coetzee speel baie mooi; op die agterlyn veral is haar spel skitterend, maar sy speel byna nooit by die net nie, en ek hou van ’n maat langs my by die net. Dis ’n plesier om saam met iemand te speel wat so vinnig beweeg.”

      “Kom, Annie,” maak Frank Steyn ’n einde aan die gesprek. “Die Bolander kan nie altyd vir hom die beste maat neem nie.”

      So teen sononder staak hulle die tennis, want Annie, Letty, Johan en Barry wil nog eers gaan swem voor hulle vir ete Swartkoppies toe gaan.

      “Wie gaan gou saam met my die koppie uitklim,” wil Johan weet. “Ek is nou lus om die wêreld van daar bo af te sien. Is jy te moeg, Annie?”

      Annie is nie moeg nie en Barry en Letty wil ook saamgaan.

      “Nou toe, gaan julle kinders maar,” sê Rita. “Soveel energie het ek tog nie. Frank en ek sal maar solank huis toe gaan en kyk of daar kos is. En as julle te laat kom, kry julle net wat oorbly, hoor.”

      “Ons wil nog gaan swem ook,” sê Letty. “Sal dit dan te laat wees?”

      “Nee, ek speel maar, daar is baie tyd. Geniet julle dit maar. Frank, waar is ons dogter?”

      “Sy is by ou Fytjie in die kombuis,” sê Annie. “Ek sal haar gou gaan haal.”

      “Toe maar, Annie, ek sal haar gaan haal. Hardloop julle maar, ek sien julle netnou.”

      Wag ’n Bietjie se huis lê aan die voet van ’n klipkoppie.

      “Kom, Annie,” sê Johan aan haar, “kom ons kyk of ons voor hulle bo kan wees.”

      Hy neem haar hand en vinnig, rats in hul tennisskoene, hardloop hulle die koppie uit tot bo teen die hoogste klip, met Barry en Letty kort op hul hakke.

      Die lieflike nasomermiddag talm nog. ’n Blou mistigheid hang oor veld en rant en ’n mens voel asof jy teug ná teug van die skoonheid kan indrink.

      Duidelik hoorbaar in die stilte is die gekwê-kwê-kwê van die wilde-eende wat sorgeloos heen en weer sweef oor die dam daar in die vlei.

      Diep onder die indruk van die skoonheid staan die vier jong mense roerloos teen die klip.

      Letty begin eerste roer.

      “Kom, julle het nou genoeg gekyk.”

      Maar die ander drie staan nog.

      “Ek weet nie waarom die digters so dweep met die lente nie,” sê Johan stadig. “Vir my is die nasomer baie, baie mooier.”

      “Ja, vir my ook,” sê Annie, en haar stem is sag.

      “Nee, kyk,” sê Barry, “die geleerdheid dryf julle nou tot raserny. So is julle darem nie geoorloof om afbreuk te doen aan die ou tradisies nie. Leer julle dan nie meer die kinders ‘Oktobermaand’ nie?” en hy val ook sommer weg:

      Dit is die maand Oktober

      Die mooiste, mooiste maand,

      Dan is die dag so helder

      So groen is elke aand.

      “Nee, ou maat, Leipoldt bo! En tog, ek dink darem hy kon iets gesê het van die jong ou lammertjies.”

      Hulle lag hom almal uit en Johan sê spottend: “’n Boer en sy roer, ja: maar nie ’n boer en die digkuns nie. Laat staan dit maar vir die skooljuffrouens en -menere.”

      “Ag, ek dink julle praat almal onsin,” sê Letty. “Kom, ek wil gaan swem.”

      Klaar geswem, gaan Annie en Letty in die mooi, groot gastekamer van Barry se huis aantrek, en Annie wonder vir die hoeveelste keer wanneer Barry van plan is om te trou. Hy moet seker by tye vreeslik alleen wees hier op die plaas, en hy bly nou al amper drie jaar so alleen. Daar is so baie meisies – Letty ook onder hulle – wat maar te gewillig sal wees om mevrou te kom speel op Wag ’n Bietjie. Maar Letty sal nie deug nie. Sy is nie Barry se gelyke nie, nie in verstandelike of geestelike ontwikkeling nie. Self ’n boeredogter, hunker sy steeds na die dorp. Sy het ook nie gerus voor haar pa

Скачать книгу