Skoenlapper. Irma Venter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skoenlapper - Irma Venter страница 13

Автор:
Серия:
Издательство:
Skoenlapper - Irma Venter

Скачать книгу

wat ek nie kan uitmaak nie. Ons taxibestuurder mompel iets en ry om hom. Ranna lag en neem ’n foto.

      By die kruising na Hardings tik Ranna hom op die skouer. Sy het van plan verander en wys hy moet links draai. Na haar huis toe.

      “En nou?”

      “Ek gaan vir ons middagete maak. Tensy jy regtig Hardings toe wil gaan.”

      Vyf minute later stop ons by haar woonstel. Ek betaal die taxi-bestuurder terwyl Ranna voordeur toe draf, haar rugsak onder haar hemp. Nou stroom die reën behoorlik neer.

      Ek ontwyk haar oë toe ek by die bedompige vertrek inloop, bang myne sal verklap ek was al hier. Ranna mag nooit uitvind ek het by haar woonstel ingebreek nie. Ek maak my rugsak teen die muur staan en trap ongemaklik rond terwyl sy verby my skuif om die lugversorging aan te sit.

      Die dubbelbed, die verweerde leerbank, die televisie en die duisende boeke staan steeds op dieselfde plek. Ek probeer na alles kyk asof dit die eerste keer is dat ek dit sien. En op ’n manier doen ek, noudat die bekommernis weg is.

      Daar is groot en klein boeke, dik en dun boeke, filosofiehandboeke, speurverhale, reisstories en fotoboeke. Dit voel asof daar meer boeke is as wat ek kan onthou. Selfs in die kombuisgedeelte hou dit die sout, peper en paprika binne bereik.

      Die bank word steeds meer as ’n bed gebruik, en daar is ’n tydskakelaar aan die lig wat langs die bank staan. Twee leë bekers staan op die vloer aan die kant waar ’n wit kussing lê. Die bed het net ’n laken op. Die duvet is nêrens te sien nie.

      “Sit,” sê Ranna in die verbyloop. “Ek het vergeet jy’s so ordentlik jy sal vir ’n uitnodiging wag.”

      Ek besluit om haar eerder te volg. My oë dwaal onwillekeurig na die wasbak in die badkamer, daar waar die bebloede T-hemp gelê het. Vandag is daar niks nie – net die vae reuk van Jik.

      In die kombuis haal Ranna twee biere uit die yskas. Sy hou een vlugtig teen haar voorkop en gee die ander een vir my. Sy loop na die bank en sak met ’n tevrede sug daarop neer.

      Haar gesig kry ’n verleë glimlag toe ek langs haar gaan sit, die kussing in die hoek bondel en die bier – by gebrek aan ’n koffietafel – op ’n stapel boeke balanseer. As die bottel ’n vlek maak, sal dit een van vele wees.

      Ek beduie na die stapels om ons. “Hoe trek jy rond met al hierdie boeke? Pak jy dit in elke keer as jy trek? Of begin jy net van voor af versamel?”

      “Hulle gaan almal saam. Hulle is soos my kinders. Ek is al op agt kratte. Ek gebruik elke keer dieselfde maatskappy. Ek dink daar’s ’n staande weddenskap op hoeveel kratte dit die volgende keer gaan wees.”

      Sy skud haar kop. “My ma sê ek moet ’n Kindle koop, maar ek weet darem nie. Daar’s iets aan papier, is daar nie? Dis stories en foto’s wat niemand kan terugtrek of uitvee nie. Jy behoort te verstaan. As jy iets in ink geskryf het, staan dit vir ewig. Mense haal dit aan asof dit die heilige waarheid is. Jy kan vir ewig leef op papier.”

      Sy sit die bier op die vloer neer, trek haar stewels uit en swaai haar bene tot op die bank. Sy leun terug en trek haar linkerbeen tot onder haar ken op. Die regterbeen se voet kom tot rus op my bobeen.

      Ek kyk van die swart hare, sonder die geringste teken van grys, na die fyn lyne om haar mond. Die sagte lig wat deur die vensters agter haar val. Die boeke. Die mure.

      Iets is nie reg nie, besef ek meteens. Is dit moontlik? Veral ná wat sy nou net gesê het.

      Ek verskuif haar voet, staan op. Draai stadig in die rondte. “Maar hier’s dan niks . . .”

      Sy woel haar hande deur haar hare, druk dit agter haar ore in. “Ek weet.”

      “Hoekom nie?”

      Haar gesig word stil en glad, gestroop van alle emosie. “Ek slaap al klaar sleg genoeg. Ek wil vergeet as ek hier is. Nie onthou nie.”

      “Nie eers die goeie goed nie? Soos die vrou en die kat? En wat word dan van ‘vir ewig leef’?”

      “Dan is vir ewig leef seker nie vir my nie.”

      Sy tel die bier op, drink, en ek weet dis al antwoord wat sy my ooit sal gee. Daar is niks meer om te sê nie.

      Ek gaan sit weer by haar. Sluk stadig aan my bier terwyl ek na die kaal mure kyk. Ranna die fotograaf se mure is wit en strak en leeg.

      15

      EK WEET NIE WANNEER DIT GEBEUR HET NIE, maar ek het aan die slaap geraak. Skielik, soos ’n kind, en sonder om te dink waar ek is.

      Ek word wakker met die ligte fladdering van hande wat oor my bors vryf. Hande wat aan my raak asof hulle weer aan my wil raak. Asof niks wat gebeur vlugtig en eenmalig moet wees nie. Asof dit saak maak wat ek dink. Wat ek voel. Wat onder my vel is.

      Te bang om my oë oop te maak voel ek Ranna se hande versigtig opskuif tot in my nek. Oor my gesig. Die besef is eensklaps en oorweldigend: haar hande is onseker. Ranna se altyd-weet-agt-foto’s-’n-sekonde-hande is onseker. Dalk selfs bang.

      Ek voel haar vorentoe leun. Sy soen my stadig, asof ek in twee sal breek. Haar mond is sag en haar asem ruik na bier en pepermente.

      “Ek weet jy’s wakker.”

      Ek hou my oë toe, ingeval dit ’n droom is. “Sê wie?”

      Sy lag. “Jy hou dan jou asem op.”

      Ek sê nie vir haar dat ek dit nog heeltyd doen nie, vandat ek haar die eerste keer ontmoet het. Asof ek steeds nie my oë kan glo nie.

      Toe ek uiteindelik tog vir haar kyk, weet ek sy kan dit sien. Sy kan alles sien.

      Sy trek haar asem in en soen my weer. Harder hierdie keer. En ek is wys genoeg om te weet dis die einde, en die begin van alles.

      Ek sit by die deur van die ou Puma-helikopter. Ons is ’n halfuur noord van Dar, op pad Kibakwe toe, maar reeds is die reënskade duidelik. Die grasveld skuif onder my voete verby, die een toneel soos die volgende. Water. Nog water.

      Ek wys vir Ranna om te kyk, maar sy skud net haar kop. Sy hou haar besig met die Nikon. Tom ignoreer my ook.

      Hoogtes doen niks aan my nie, maar vir Ranna is dit soos kaal dans voor ’n vet, swetende keiser: iewers gaan iemand sien sy haat wat sy moet doen. Dis hoekom sy agter bly sit, naby die kotssakkies wat die Franse vlieënier met die een hand teruggegooi het terwyl sy die naaldekoker met die ander hand teen die wind ingebeur het, ’n string vloekwoorde op haar lippe.

      Oor ’n paar minute, wanneer ons oor die water huiwer, moet Ranna vorentoe skuif en foto’s neem asof sy nie bang is nie, want The New York Times en The Guardian wil nie bang hê nie. Hulle wil dapper, seker foto’s hê van die verwoesting wat te veel reën bring.

      En ek wat nog altyd chaos aantrek, moet kyk en hoor en skryf. Elke emosie en gevoel. Soos vyf jaar gelede in Alexandra toe die Jukskeirivier oor sy walle gestroom en ’n kleuterskool en 171 plakkershutte meegesleur het. En hier is ek weer. Water. Te veel water.

      Die lewe herhaal meedoënloos.

      Die vlieënier kyk om en beduie met ’n duim dat sy vir ’n rukkie hier kan

Скачать книгу