Skoenlapper. Irma Venter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skoenlapper - Irma Venter страница 10

Автор:
Серия:
Издательство:
Skoenlapper - Irma Venter

Скачать книгу

’n bedonnerde donkerblou. “Jy moet eerder vergeet wat gebeur het.”

      “Dis nie so maklik nie.” Ek bedink my. Sarkasme sal nou niks help nie. “Hoe vergeet ’n mens bloed?”

      “Soos jy altyd doen wanneer jy ’n storie daaroor geskryf het. Dis nie joune nie, so dis okay.”

      “Wat beteken dit? Niks raak my nie?”

      “Ek het jou stories gelees. Jy hou jouself op ’n afstand. Die heeltyd. Soos met die artikel oor die vigskliniek. Dit was goed, selfs interessant, maar op ’n kliniese manier.”

      “Wat wil jy hê? Moet ek lang trane stort elke keer as ek oor iemand skryf wat doodgaan? Ek sal nooit ophou tjank nie.”

      “Jy’s seker reg. Afstand is seker hoe mens oorleef.” Sy mik weer met die kamera, neem twee foto’s. “Of eerder, dis hoe mens léér om te oorleef. Wie het jou leer oorleef, Alex?”

      Dis tipies Ranna. Aanval is die beste verdediging.

      Ek weier om saam te speel. “Ek gee om vir jou. Ek gee om wat met jou gebeur. Dis al wat saak maak. Hou op moeilik wees.”

      Vir ’n oomblik is dit stil, dan gooi sy haar kop agteroor en lag. Verskrikte skoenlappers fladder hoër die lug in.

      “Is dit ’n liefdesverklaring?”

      Ek trek my skouers op, moeg van versigtig wees. Moeg om te meet en te wik en te weeg. “Noem dit wat jy wil.”

      Ek draai om, nie lus om vir ’n antwoord te wag nie. Nie lus vir die jammerkry op haar gesig nie. Ek loop so vinnig soos ek kan deur die lang gras tot by my Land Rover. Soek vergeefs na die sleutels.

      Terwyl ek in my jeans se sakke rondvis, begin dit reën. Warm en hewig, soos net tropiese reën kan val. Binne sekondes is ek papnat.

      Het ek die sleutels by haar viertrek laat val? Ek slaan die deur van die Land Cruiser met ’n woedende vuis. “Fok tog.” Skop die wiel. “Fok alles!”

      Uiteindelik kry ek die sleutels tussen die lang gras.

      Ek ry weg sonder om terug te kyk. Die voertuig is skaars in tweede rat toe die eerste skoenlappers soos verfrommelde papier onder my skermveërs beland. Net soos weggegooide liefdesbriewe.

      Op pad terug na Dar skryf ek vanoggend se artikel in my kop. Dis beter as om heeltyd aan Ranna te dink. Tom was reg: die vrou is moeilikheid. In hoofletters.

      Toe ek uiteindelik by die huis kom, lap ek die artikel oor die begroting en die reën binne ’n kwartier aanmekaar. Ek stuur dit deur sonder ’n finale lees.

      Hoe groot gaan hierdie storie word? flikker die woorde ’n paar minute later op my skerm.

      Jasmine, die nuusredakteur.

      Die begroting? tik ek moedswillig.

      Nee, die reën. Gaan dit ’n ramp word?

      Ek wil-wil lag. Die kans is goed dat Tanzanië gaan oorstroom. Niks van dit wat gebeur is nuut nie. Dis weer die Chaos. Dit sit agter alles. Ek soek ’n nuwe werk, kom Dar es Salaam toe, en loop my trompop daarin vas. Ek weet net nie of dit Ranna of die reën gaan wees nie.

      Of beide.

      Heel waarskynlik, antwoord ek.

      Sal jy dit kan hanteer?

      Natuurlik. Hoekom vra jy?

      Minute lank gebeur niks nie, en dan kom die woorde: Want jou stories klink anders as toe jy nog by die koerant was. Dalk maak die hitte jou sag. smile.jpg

      Dis nie wat Ranna gesê het nie. Volgens haar gee ek nie om nie. Wie is reg – sy of Jasmine?

      Hoe klink omgee? vra ek.

      Ek kan my amper verbeel hoe Jasmine, ’n vrou met ’n groot vrees vir klein spasies en ’n obsessie met Madonna, lag.

      Jy begin skryf oor mense, nie name nie. Hoe lank is jy al daar?

      ’n Paar weke.

      Hmm.Wie is sy?

      Ek weet nie wat om te sê nie, so ek ignoreer die vraag eerder as om te lieg.

      Maar die waarheid het nie altyd ’n stem nodig nie. Soms staan dit net daar sonder dat iemand dit hoef te erken. Stil en seker. En, bo alles, geduldig.

      12

      RANNA BEL TWEE DAE LATER. TWEE DAE WAARIN ek al hoe kwater word dat ek verraai het hoe ek voel.

      Ek wil eers nie antwoord nie, maar gee boedel oor toe sy haar vierde boodskap vir die dag los, en my foon dadelik daarna weer begin lui. Ek skuif my skootrekenaar eenkant toe. Die storie kan wag tot later.

      “Jy’s verby hardkoppig,” groet ek.

      “Dan hoort ons bymekaar, want jy gee ook nie op nie – ten spyte van al die skinderstories oor my. En ten spyte van mý.”

      Haar stemtoon is lig, maar dit klink asof sy hard moet werk om dit so te hou.

      “Jy bly dan stil,” sê sy sag toe ek nie antwoord nie. My kop het vasgesteek by “hoort bymekaar”.

      “Nou ja, wat van ’n bier by Hardings? Dis nou bietjie besig, maar volgende week lyk goed.”

      “Alex. Moenie so wees nie. Ek is jammer ek bel nou eers. Ek moes my kop skoonkry. Jy weet, dinge uitsorteer. Ek moet soms ook eers oor goed dink. Glo dit of nie.”

      “Watter dinge?”

      “Sommer net dinge.”

      “Jy sien, Ranna, dis die probleem: daar is soveel goed waaroor jy stilbly. Wat jy doodpraat. Soos jou amper verlowing. En ek weet nou nog nie hoe jy en Tom mekaar ken nie.”

      “Ja,” antwoord sy eenvoudig.

      “Ja wat?”

      “Ja vir die bier by Hardings. Sien jou seweuur vanaand.”

      Sy beëindig die oproep voor ek iets kan sê.

      Ranna is voor my daar. Ek is tien minute laat, wys sy.

      Tien minute? Ek skud my kop vererg. Ek het probeer om later te wees, maar toe ek weer sien, het ek reeds agter Hardings parkeer.

      Ranna staan op en beduie na die stoel oorkant haar. Sy is die eerste vrou wat ek ken wat lank genoeg is om my in die oë te kyk. Vanaand doen sy dit sonder huiwering, al verraai haar hande haar onrus.

      “Ek was bang jy kom nie meer nie.”

      “Ek het amper nie,” lieg ek.

      Sy wys weer ek moet sit, maar ek bly hardkoppig staan. Sy kyk af na haar stewels, wat verbasend skoon is al reën dit steeds buite. Toe sy weer opkyk, is haar oë blink. Sy lag verleë, vroetel aan haar hare.

Скачать книгу