Skoenlapper. Irma Venter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skoenlapper - Irma Venter страница 11

Автор:
Серия:
Издательство:
Skoenlapper - Irma Venter

Скачать книгу

’n oomblik en beland dan op my skouers, asof sy my wegstoot en nadertrek tegelyk. “Ek is jammer.”

      “Ja?”

      “Gaan jy dit regtig so moeilik maak?”

      “Ja.”

      “Hoekom?”

      Sy gaan sit. Ek gee uiteindelik ook in.

      “Want ek is kwaad, Ranna.”

      “Aaa,” sê sy. “Jy wil die balans herstel.”

      “Balans?”

      “Ja.” Sy tel die goedkoop whiskeyglas voor haar op, drink dit leeg. “My ma sê dis wat my stiefpa doen wanneer hy hulle huweliksherdenking vergeet. Sy is altyd laat, maak nie saak waarheen hulle op pad is nie. Dan kry hy haar terug deur te ‘vergeet’ wanneer hulle troudag is. Sy sê hy moet dit doen om vir haar te wys sy is nie die baas nie.”

      “Klink soos ’n magstryd.”

      “Dalk is dit,” gee sy toe. “Soms dink ek elke verhouding is presies dit. Veral as ’n vrou nie gedwee wil kook en skoonmaak en kinders kry nie. Sulke goed,” raak haar woorde op.

      “Leef hulle nog? Jou ma-hulle?”

      Sy speel met die leë glas. Skuif haar stewels vorentoe, totdat hulle teen myne geparkeer staan. “Hoekom praat ons oor hulle hier in Dar es Salaam waar dit 25 grade in die nag is en die reën ons môre kan wegspoel? New York is ver hiervandaan. ’n Leeftyd ver.”

      Sy neem my hande in hare. “Ek is jammer, Alex. Regtig.” Sy kyk oor haar skouer of iemand ons kan sien, leun oor die tafel en soen my sag, vlugtig op die wang.

      “Alex. Asseblief.” Sy praat stadig, asof sy die woorde in haar mond oopbreek. “Ek is jammer.”

      Ek skuif my hande oor haar fotomaakvingers en vou my vingers om haar skraal gewrigte. Ek verbeel my ek kan die bloed en whiskey voel pols deur die are wat soos ’n rivierdelta om haar hande knoop. Die whiskey wat, net soos die bier, niks kan stilmaak nie, al sê mense wat. Ek wonder of sy dit weet.

      Duidelik is ek nie die enigste een met spoke nie.

      “Asseblief,” sê sy weer. “Ek weet nie meer hoe ordentlik lyk nie, maar ek weet ek wil ordentlik hê. Ek wil jóú hê.”

      Ek weet nie wat om te sê nie. Daar is ’n gedreun in my ore. ’n Ding wat skop in my bors. Uiteindelik lig ek haar hand tot by my lippe, maar sy trek dit uit my greep. Maak ’n vuis.

      “Wat nou? Ek het gedink . . .”

      “Nie hier nie. Hier’s te veel mense.”

      “Is jy skaam vir my?”

      Sy skud haar kop en lag. “Nee, maar Maggie duld nie ’n vryery in Hardings nie.”

      “Vertel my wat gebeur het.” Ek sit die mes en vurk neer en stoot die leë bord weg. Maggie maak die heerlikste hoenderkerrie. “Vertel my van die bloed.”

      “Dis iemand wat ek geken het. By geslaap het,” korrigeer sy vinnig, asof sy onthou dat sy veronderstel is om eerlik te wees.

      “Geslaap het, of slaap?” Ek wil dit soos ’n vraag laat klink, maar kry dit nie reg nie. In my mond word dit dik – ’n aanklag.

      Sy vleg haar vingers inmekaar. “Het. Definitief. Heeltemal. Ek belowe.”

      Haar woorde is slordig, soos ek al geleer het gebeur wanneer sy onseker voel.

      Ek haal skielik ’n bietjie makliker asem. As ’n mens stories skryf, ken jy die waarde van verlede tyd. Van verby. Moord. Droogte. Ontvoering. Oorlog. Kláár. Afgeskryf aan die verlede tyd en sy leuens, sy versagting en verdraaiing, sy verleiding van perfeksie of wanhoop – maar steeds klaar.

      “Wat het gebeur?”

      Sy trek haar skouers op, asof die antwoord voor die hand liggend moet wees. “Hy wou nie hoor . . . aanvaar dat dinge verby is nie. Ek probeer hom lankal afskud, maar hy wil niks weet nie.”

      “Was jy al polisie toe?”

      “Nee.”

      “Hoekom nie?”

      “Watter verskil sou dit maak?”

      “Dalk sou hy jou dan lankal uitgelos het.”

      “Niks sou kon keer wat gebeur het nie.”

      Ek haal haar hande uitmekaar. Hou hulle in myne vas. “Jy moet hom gaan aangee. Dis belangrik. Hulle kan hom arresteer. Weghou van jou. Keer dat dit weer gebeur.”

      Toekomstige tyd. Die gewig van moontlikheid. Onsekerheid.

      Vir ’n oomblik lyk dit asof sy my woorde oorweeg. Maar dan, skielik, is die gedagte weg, toegedraai in die hardheid wat ek al goed ken. “Niks sal hom keer nie.”

      “Wie is dit?”

      “Niemand nie.”

      Sy neem haar hande terug en vou hulle stadig en doelbewus tot vuiste op haar skoot. Ek voel die gemoedelikheid van vroeër wegsypel.

      “Ranna. Asseblief. Hoekom nie? Wat gaan aan? Wat vertel jy my nie?”

      “Daar is niks om te vertel nie. Dis net . . . niks nie,” sê sy hard. “Dis so onbenullig, regtig.”

      “Ek kan jou nie help as jy my nie meer inligting gee nie.”

      Sy lag. Die klank daarvan is onverwags. Dit weerkaats van die mure en gesigte af, maar niemand kyk na ons asof ons gelukkig is nie. Asof ons lovers is wat ’n spesiale oomblik deel nie. Daarvoor is die klank te hol.

      “Ek het nooit jou hulp gevra nie.” Sy kyk af na haar hande. “Ek vra net dat jy my moet liefhê. Of nee, nie eers dit nie. Ek vra dat jy stadig, báie stadig, moet seker maak of jy my kán liefhê. Hoekom wil julle mans altyd die twee goed gelykstel? Dis nie dieselfde ding nie. Liefhê en help is twee heeltemal verskillende dinge.”

      “Ranna . . .”

      “Los dit,” skiet sy die woorde oor die tafel. “Hy is weg. Dis klaar.”

      “Jy het dan gesê hy sal nooit weggaan nie.”

      “Almal gee in een of ander stadium op. Hy ook.” Sy probeer lag, asof sy onthou ons is vanaand hier om vrede te maak. “En dis mos nie nou belangrik nie. Wat nou saak maak, is ek en jy. Niks anders nie.”

      13

      DIT REËN STEEDS TOE EK RANNA WEER SIEN. Sy het my die vorige nag huis toe gejaag, al het ek belowe om op die bank te slaap – net ingeval die man wou kom moeilikheid soek. Maar sy wou niks weet nie.

      Die nuwe dag is net so warm en bedompig soos die vorige een. Die stad slaan kras in my neus op; dis ’n mengsel van nat grond, ongewaste lywe en vullis wat te lank buite gestaan het. Om ons trap die straathandelaars vies rond. Alles is natgereën: hulle ware, die straathoeke

Скачать книгу