Op 'n galop na Buckingham-paleis. Naas Steenkamp

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Op 'n galop na Buckingham-paleis - Naas Steenkamp страница 3

Op 'n galop na Buckingham-paleis - Naas Steenkamp

Скачать книгу

loop in die daaropvolgende dae koponderstebo rond, en sê naderhand vir meneer Viljoen ek wil nou liewer iets anders gaan doen. Miskien uitvind waar hulle Arabies aanbied, en dit op my eie gaan leer. Hy reageer baie vinnig. Wag eers, sê hy, wag net ’n klein bietjie, en kort daarna laat roep die sekretaris van buitelandse sake my om vir my te sê ek is spesiaal gekeur om Londen toe te gaan. “Onthou,” sê die sekretaris swaarwigtig vir my, “jy’s ’n Afrikaner!” Van alles wat hy vir my kon gesê het, is dit al wat ek ooit uit sy mond hoor. Dit maak my net meer die bliksem in.

      Kort voordat ek Londen toe moet vertrek, kry ek weer ’n briefie van George Blake af.

      My dear friend

      Strange things have been happening. You are the victim of malevolent forces – that much is clear to me. Co-incidentally, fate has also been dealing roughly with me lately, and it is quite possible that we would not have met at MECAS had you gone.

      All I can say is that your minister’s decision is most unfortunate, and that there are absolutely no grounds for his fears. As for you – put it behind you. A posting to London is not the worst thing that can happen to a diplomat at the beginning of his career. I only hope I’ll be around to welcome you.

      Until (if) we meet

      George Blake

      Ek kom bra dikbek in Londen aan, maar tog gemotiveer om werk te maak van die geleentheid. Dalk het die sekretaris dit bedoel toe hy gesê het ek is spesiaal gekies vir dié belangrike werk. Ek is immers een van die elite onder die kadette, metdat ek al ’n vreemde taal kan praat en weet hoe om met mense om te gaan. Die diplomatieke maandblad The Diplomatist skryf ’n beriggie oor my waarin hulle sê ek is “dapper, well-spoken and sociable”, waarvan ek nie eintlik hou nie. Maar heel gou begin ek die diplomatieke toneel geniet, en kort voor lank gaan die belangrikheid van my posisie na my kop toe. Dis ook interessant om so ’n anderse plek te leer ken. Dis darem waaragtig vreemd, sê ek vir myself, dat hierdie land ’n amptelik erkende kommunistiese party het, een wat selfs kandidate in verkiesings kan stel! Ek is min gepla oor hoe goed of hoe sleg die kommunisme is, want teen dié tyd is dit vir my duidelik dat Karl Marx nogal goeie idees en bedoelings gehad het, al is die ding in die praktyk blykbaar ’n ramp. Maar dit bly ’n aardigheid dat mense so in die openbaar rooi vlae kan rondswaai.

      Een middag vou ek die koerant in my kantoor oop, en die hoofberig slaan my tussen die oë. BLAKE GETS 42 YEARS. Daar is ’n foto van George Blake op die voorblad, ’n heel aantreklike, glimlaggende kêrel met ’n baard en ’n swierige kuif. Die berig sê Blake is daaraan skuldig bevind dat hy vir Rusland spioeneer. Hy het jare lank geheime en vertroulike inligting na die Russe toe deurgestuur, en het sy posisie by MECAS gebruik om ontvanklike jong studente uit Statebondslande uit te soek en hulle versigtig te werf om ook spioene vir Rusland te word. Hy gaan nou vir twee-en-veertig jaar tronk toe, die langste vonnis – behalwe lewenslank – wat enige Britse hof ooit aan iemand opgelê het.

      Ek gaan staan voor my kantoorvenster en staar lank na Trafalgarplein, maar ek sien nie juis vir Nelson op sy suil of die groot leeus wat hom bewaak nie.

      ’n Briefie van Bertie Hattingh kom in die volgende diplomatieke possak aan.

      Ek het waaragtig nie geweet van hierdie dinge van George nie. Ek is stomgeslaan. Ek ag my gelukkig, dalk was ek en hy te kort saam by MECAS vir hom om my te probeer werf.

      Wie weet – ek was teen daai tyd so gatvol met wat ons vir volk en vaderland moes doen dat ek miskien ’n pushover vir hom sou gewees het! Maar jy sou darem seker genoeg van ’n stoereboer gewees het, of hoe?

      Arme ou George, dat so ’n gawe kêrel nou so iets moes aanvang. Maar as jy dink hoe dit ander mense se lewens kan vernietig, behoort ek seker nie simpatie te hê nie. Hulle sê hy was ’n dubbele agent en het meer as vierhonderd Britse agente verraai. Dus verdien hy seker maar die vonnis.

      In ’n fel-helder oomblik weet ek dat ek nie ’n “stoereboer” sou gewees het nie. Met al my bravade is ek glad nie so weerbaar as wat dit dalk vir Bertie Hattingh lyk nie. In my hart der harte weet ek die waarheid: ek is ’n naïewe klein sot wat sou gedink het ek word al weer vir iets belangriks uitgekies.

      Ek gaan sit daardie dag en skryf ’n Arabiese uitdrukking wat ek vroeër, daar in my kantoortjie in die Uniegebou, telkemale geoefen het.

      Alhamdulillah.

      Goddank.

      Die gyselaar

      Ek het Eddie Dunn ontmoet die groot dag in 1958 toe die koukus van die Nasionale Party in Kaapstad ’n nuwe eerste minister moes kies na die dood van mnr Hans Strijdom. In Pretoria, in die wesvleuel van die Uniegebou, staan ’n groepie senior amptenare dié dag angstig om ’n teleksmasjien rond om die nuus uit Kaapstad te hoor. Vir mense wat gewoonlik so bestudeerd kalm is, is elkeen in die groepie duidelik senuagtig. Ek staan in die buitekring, agter twee groterige mans.

      “If that crazy Dutchman is elected,” sê die een, “I’m taking up strawberry farming.” Die ander een knik net, en pers sy lippe saam.

      Die koukus moet kies tussen drie kandidate vir die premierskap: Eben Dönges, Blackie Swart en Hendrik Verwoerd. Dis ’n ope geheim dat die amptenare van ons buitelandse diens mees al dr Dönges sou verkies – ’n man met ietwat minder politieke bagasie as die ander twee, ’n gematigde man wat dit makliker sou maak om ’n Suid-Afrikaanse diplomaat te wees. Meneer Boy Viljoen sê: “Ek weet nie wat wonder julle nog nie. Die Party kies altyd die grootste vuurvreter. En julle weet wie dít is.” Die teleksmasjien staan stom daar, en die spanning bou op. Dan begin die boodskap knetter: doktor Hendrik Frensch Verwoerd sal die nuwe eerste minister wees.

      Die groepie verstar terwyl die nuus insink. Diplomate word geleer om swygsaam en emosieloos te wees, maar op daardie oomblik is die lug swaar van verslaenheid. Dan is hulle meteens nie meer ’n groep saamgebind deur gedeelde nuuskierigheid nie. Hulle draai vinnig om en elkeen kies woordeloos sy eie koers weg, wég van die slegte nuus. Met die omkeer stamp een van die groot manne my amper onderstebo. “Sorry, old chap,” sê hy, en skuif by my verby. Dis hoe ek vir Eddie Dunn “ontmoet” het.

      Daar was twee soorte mense in die buitelandse diens: Afrikaners en “Engelse”. Eersgenoemdes was feitlik voor die voet Nasionaliste, party vuriger as ander. Laasgenoemdes … wel, party het hulle heel suksesvol voorgedoen as meelopers in die nuwe politiek, maar oor die algemeen dink ek nie daar was juis feesviering in “Engelse” huise toe die Nasionale Party tien jaar tevore so onverwags aan bewind gekom het nie. Baie van hulle was in die ou bedeling “Smuts-manne”, aanhangers van generaal Jan Smuts en sy Britsgesinde Sappe; oom Jannie was eerste minister maar het ook die portefeulje buitelandse sake behartig. ’n Klompie was teruggekeerde offisiere uit die groot oorlog wat drie jaar voor die Nasionale oorwinning ten einde geloop het. Die verkiesingsuitslag in 1948 was vir hulle ’n geweldige skok, en namate die Nasionale Party se program ontvou het, het hulle vinnig verder vervreem geraak.

      Generaal Smuts se opvolger, dr Malan, had min sinnigheid aan die buiteland. Hy het aanvanklik ook buitelandse sake saam met die premierskap behartig, maar mettertyd het hy dit aan sy vertroueling Eric Louw opgedra. Dié het gesorg dat die Nasionale Party en die Broederbond gou sy greep op die buitelandse diens vestig. Teen die tyd dat ek in 1957 kadet-diplomaat geword het, het ’n hele paar “Engelse” reeds ander weivelde gaan soek en was die senior posbekleërs oorweldigend Afrikaners.

      Ek was half verbaas toe ek agterkom daar’s ook mense wat in die gange Engels met mekaar praat. Ek het ’n paar van hulle leer ken, en geleer dat hulle oor die algemeen maar ’n gelate houding ingeneem het toe die klimaat ná 1948 so drasties verander het: toe die

Скачать книгу