Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe). Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker

Скачать книгу

ligte, satiriese aanslag.

      Dit is duidelik dat Baker ’n dieper dimensie aan die klassieke grondpatroon van die populêre liefdesverhaal gee en juis hierin lê die werklike leesavontuur vir die leser opgesluit. Hambidge noem dit “’n ironiese sousie wat die kenmerkende romantiek van die damesroman opstuur” en meen dat Baker goël met konvensies van die ontspanningsverhaal (Hambidge 1999). Brink sê dat sy die liefdesverhaal slegs as ’n voorwendsel en as ’n uitgangspunt gebruik. Hierdie vernuftige omgang met die konvensies van ander genres is natuurlik ’n tendens van die postmodernisme.

      Baker se speelse omgang met populêre genre-, styl-, karakteriserings- en ander tegnieke kom ook in haar ander werk voor. In Weerkaatsings omskep sy die vorm van die Mills & Boone-sprokie vernuftig. In Dossier van ’n gyseling omvorm sy die uiterlike eienskappe van die spanningsverhaal so dat die allerfynste menslike interaksies nagespeur kan word.

      Die toeganklikheid sowel as veelvlakkigheid van haar tekste maak dat dit geniet kan word deur sowel die leser wat soek na ’n lekker storie as die fynproewer. Baker het sterk gevoel oor letterkunde wat té eksklusief is (Lombaard 2002). Haar standpunt was dat die Sestigers die Afrikaanse letterkunde té elitisties gemaak het. Met Die kwart-voor-sewe-lelie en Weerkaatsings wou sy dan ook die liefdesverhaal legitimiseer en die stigma verwyder dat liefdesromans nie noodwendig goeie letterkunde is nie. “Miskien omdat ek so ’n verterende leser self is en alles lees van kinderboeke tot geskiedenis tot pure ontspanning en dus hou van ’n boek wat nie net literêr gesproke ‘goed’ is nie, maar wat met sy storie en inhoud kan boei” (Prinsloo 1993).

      Die kwart-voor-sewe-lelie

      HOOFSTUK EEN

      Niemand het nog ooit regtig na my geluister nie. Met my geboorte, toe ek my eerste skree gegee het om my bestaan aan te kondig, was die dokter reeds buite in die gang en op pad na die volgende bevalling. Dit was volmaan en elke kamer op daardie verdieping was vol vroue in kraam. Miskien het my ma my skree gehoor alhoewel sy later vertel het sy was gedaan en het op die plek aan die slaap geraak toe ek uit was en die dokter sê: “’n Dogter. Welgeskape.” Die kraamsuster het bygevoeg: “Nog ’n dogter,” want sy en Ma was bevriend. Maar ook sy was haastig om my gewas en toegedraai te kry sodat sy kon gaan help by die volgende bevalling.

      Pa was nie by nie. In daardie dae was dit nog nie mode nie. ’n Man het sy vrou by die hospitaal afgelaai en aangery na sy werk. Omdat Pa nie gerook het nie, kon hy nie soos ’n karakter in ’n strokiesprent in die wagkamer op en af loop en die asbak stadig maar seker met stompies vul nie. Buitendien was ek die derde kind. Ma het reeds bewys gelewer dat sy die proses kon behartig sonder teëspoed of drama. Pa het sy telefoonnommer by die ontvangsdame gelaat en kantoor toe gery. ’n Paar uur later het ’n verpleegster hom gebel om hom van my koms te verwittig en daardie aand het hy Ma besoek en ’n bos blomme gebring.

      “Dié keer is dit ’n donker enetjie,” het hy vir Ma gesê toe sy die kombersies van my gesig terugvou dat hy kan sien hoe ek lyk.

      “Heeltemal anders,” het Ma saamgestem.

      Ek is spyt dat ek toe nog nie my verstand gehad het nie, want ek sou daarvan gehou het om op daardie punt ’n paar aanmerkings te maak. Soos dat die lig my oë seermaak of dat ek moeg was ná so ’n wurgende ondervinding. Miskien sou ek selfs kon besin het oor die doeltreffendheid van die geboorte – was daar nie ’n beter manier om die eerste lewenslig te aanskou nie? ’n Meer omgewingsvriendelike metode nie?

      My susters het die volgende middag na my kom kyk. Hulle was nie beïndruk nie en het eintlik net gekom om Ma te sien en hulle leeslesse hardop vir haar te lees soos hulle gewoond was.

      Waarom my ma my Iris wou noem, het ek nooit uitgevind nie. My twee mooi susters was toe reeds na sowel vaders- as moederskant vernoem. My pa het somtyds gespot en gesê die Iris was van pas omdat ek perserig was by geboorte en my arms en bene oor die verpleegster se hande geflap het toe sy my vir hom kom wys. Toe ek klein was, het ek saamgelag, maar in my diepsinnige puberteit het ek geswyg en my gesit en verwonder oor hulle domheid. Die iris was tog ook deel van die oog, en in daardie stadium het ek myself nie slegs as diepsinnig beskou nie, maar as ook besonder skerpsinnig. En die oog is die ding waarmee gesien word, is dit nie? Skerp gesien word.

      In die klaskamer moes ek op ’n dag naslaan wat ipso facto beteken en uit verveling het my oog laer af met die bladsy gedraal en daar leer ek toe iets nuuts. ’n Iris was nie slegs ’n bolplant nie, maar sy was ook ’n Griekse mitologiese godin, in diens van meer belangrike gode. “Hoëre gode” het die woordeboek gesê. Net so, handomkeer het die dag verander. Waarom het niemand dit nog vir my vertel nie? Waarom het niemand verby die moeë ou grappe oor flappe en “iets knaag weer vandag aan Iris se bol”, gekyk nie? Ek was vernoem na ’n godin, en ’n martelaar daarby. Iemand wat altyd moes regstaan vir ander, belangriker gode. Ouers, susters, onderwysers. Ek het nie een van hulle regtig as ’n god beskou nie, maar dan, in my skooluniform en vlegsels was ek self kwalik ’n godin. Alles is relatief, het ek myself getroos. Dis die skuld van die tyd waarin ons leef. ’n Paar duisend jaar gelede sou ek maklik in ’n wasige tuniek teen Olimpus uitgeklim het om nektar aan te dra na die belangriker gode wat lus was vir ’n soetigheid. Die een god in die besonder het die gesig gehad van André Visser, die hoof van die debatspan, maar in plaas van sy maer wit lyf en knopperige knieë was hy effe meer gespierd en het ’n beduidenis van donker borshare gehad.

      “Ipso facto, Iris!” het die onderwyser gebulder.

      “Uit die aard van die saak, meneer.”

      “Dankie,” het hy sugtend gesê. “Waarom moes ons tien minute daarop wag?”

      “Ek het iets anders raakgesien, meneer.”

      “Waar?” Hy het deur die venster na buite gekyk.

      “In die woordeboek.”

      “Ek is bly jy vind die woordeboek leesbaar, maar probeer konsentreer op die werk.”

      Die seuns het met meer belangstelling na die woordeboek gekyk, maar ek het hulle geken. Hulle het net die vloekwoorde nageslaan en snorkend en proestend vir meneer Schutte gevra waarom hulle hierdie woorde nie mag gebruik as dit wettiglik in die woordeboek staan nie? Die ou storie. Meneer Schutte het hulle nooit eens geantwoord nie.

      Tuis daardie middag het ek my studie van die woordeboek voortgesit. My oudste suster, Elsa, se naam was glad nie daarin nie en my tweede oudste suster, Kara (vernoem na ouma Katarine), s’n ook nie. Ek het meerderwaardig gevoel en na my ma in die kombuis gaan soek.

      Voor haar op die werkblad het ’n skaapboud gelê en sy was verstrooid besig om deur die speseryrak te soek na die soutsubstituut. (My pa was op ’n laesodiumdieet.)

      “Weet Ma wat my naam beteken?” het ek gevra.

      “Nee, darling. Dis maar vir my ’n mooi blom.”

      “Iris beteken iets anders,” het ek vertel.

      “Dis mooi.” Sy het die skerp mes uit die laai gehaal, sy lem al hol van die slyp sodat hy na ’n sekel gelyk het. Stadig, asof sy skuldig voel daaroor, het sy die harde wit vet van die vleis weggesny. (My pa was op ’n laecholesteroldieet.)

      “Dit was die naam van ’n Griekse godin. Sy het die hoëre gode gedien.”

      “Dis vriendelik van haar, darling.” Sy het met die agterkant van haar hand oor haar neus gevee. “Gee vir my die blou skotteltjie aan dat ons die vet in die yskas kan bêre.”

      “Wat wil Ma daarmee

Скачать книгу