Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe). Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker

Скачать книгу

nog ’n maagd was en moes staatmaak op wat ek gehoor, gelees of in die bioskoop gesien het. Ek moes maar konsentreer op sy sensitiwiteit en die pragtige goed wat hy vir my gefluister het tydens ons paar kosbare nagte van passie. Teen daardie tyd was die onthaal verby en Elsa het my saamgejaag na die kamer waar ek haar moes help ontklee.

      Ek was geskok toe ek die trourok oor haar kop trek en op die bed neersit en sy voor my staan in die mees voorstedelike stel onderklere wat ek nog gesien het.

      “Jy gaan tog nie so by die hotel aankom nie?” het ek gevra.

      “Wat bedoel jy met so?” het sy gevra en in ’n linnelangbroek geklim. Sy het die rits met mening toegetrek asof sy ’n deur sluit en haar hand uitgehou na die sybloese wat langs my oor die stoel gehang het.

      “So ordinêr,” het ek gekla. “Kon jy nie iets meer kanterigs gekry het nie? Dink aan Hannes, hoe gaan hy nie voel as hy moet vaskyk teen daardie ordentlike spul katoen nie?”

      “Jy’s laf,” het sy gesê en haar kop afgebuig terwyl sy haar hare van kant tot kant skud dat ek dog sy kry een of ander aanval. “Is daar nog konfetti in my hare?”

      “’n Paar.” Ek het die bont vlekkies uitgepik. “Maar hulle gaan julle weer gooi wanneer julle ry.”

      Sy het regop gestaan en haar hare hard geborsel. Ten spyte van haar onromantiese houding was sy baie, baie mooi. Ek het in verwondering gestaan en kyk hoe haar rooi hare knetter en glans asof elke haar deur ’n elektriese transformator opgewek word.

      “Hoe voel jy oor vanaand?” het ek skamerig gevra.

      Sy het na my gekyk asof sy nie weet waarvan ek praat nie. “Soos oor enige ander aand, natuurlik. Moeg. Ek is van plan om vroeg te gaan slaap.”

      “Is jy nie effens skrikkerig nie?”

      Sy het gelag en haar wit satynskoene uitgeskop. “Haai, sussie, ek sien swarigheid vir jou as jy nie gou van jou romantiese drogbeelde ontslae raak nie.”

      “Drogbeelde?” Ek kon stik. “Jy noem dit drogbeelde?” Ek is in die rede geval deur ’n klop aan die deur.

      Dit was nie my ma nie maar Johanna ons huishulp, wat ’n smaakvoller uitrusting aangehad het as baie van my tantes. “Elsa,” het sy streng gesê. “Wat draai julle so? Jou ma het my gestuur om te kom kyk waar julle bly.” (Lank voor dit die aanbevole ding was om te doen, het sy ons op ons name genoem. Toe ek haar eenkeer gevra het waarom my maats se huishoudsters hulle “kleinmies” noem, het sy gesnork en gesê: “’n Snotkind soos jy ‘kleinmies’ noem?” Ek kon nie stry nie, sy het ’n punt gehad.)

      “Ons kom,” het Elsa gesê en haar handsak gegryp.

      “Wat van ’n kraletjie om die nek?” het Johanna gevra. “Of ’n ou serpie?”

      “Dis te warm.”

      Johanna het gesnuif en die string nagemaakte pêrels om haar eie nek losgemaak en om Elsa se nek gehang. “Something borrowed, something blue . . .”

      “Vergeet dit,” het ek gesê. “Dis soliede wit katoen daaronder.”

      “Julle’s almal laf,” het Elsa gesê en lipstiffie aangesmeer. “Daardie ou rympie geld net vir die bruid. Vir die trouery self, bedoel ek.” Maar sy het die pêrels aangehou en die deur oopgemaak.

      “Sorg net lat jy dit terugbring,” het Johanna gesê. “Dis my enigste blinkding.”

      Natuurlik het ek die ruiker gevang al het Kara, wat ’n beter netbalspeelster was as ek, my byna onderstebo gespring. Almal het die verwagte opmerkings gemaak al kon ek sien Kara reken ek staan nie ’n kat se kans om voor haar te trou nie. Ek was geneig om met haar saam te stem; sy was ouer en mooier en tot ek ’n Eduard, St. John of Richard raakloop, was ek nie van plan dat enige Riekie of Hannes my in katoenonderklere kansel toe sleep nie.

      Dit klink miskien in hierdie stadium asof ek deur my susters geleef het, of in reaksie teen hulle, maar dit was nie die geval nie. Ek het hulle fyn dopgehou, hulle lewens geëvalueer en dit as ’n teoretiese oefening gesien om vas te stel hoe ek in ’n soortgelyke situasie sou optree. En ongesiens, sonder dat ek dit regtig agtergekom het – en vir seker sonder dat hulle dit besef het – het ek grootgeword, klaargemaak met skool, universiteit toe gegaan. My dramas was onbenullig teen hulle s’n en selfs as daar ooreenkomste was, het almal teruggesit met ’n gevoel van déjà-vu. Hulle was al een keer daardeur en het nie krag gehad vir ’n herhaling nie. En die ergste: elke keer dat ek deur ’n krisis of interessante stadium gegaan het, was my susters my voor, het hulle die kalklig gesteel deur iets meer dramaties te doen. Soos die keer toe ek Riekie wou afsê en Kara ’n non wou word.

      In my finale jaar het ek deur ’n eksistensiële periode gegaan. Ek het my lang hare stomp afgesny, los jurke gedra, ’n swaar donkerraambril aangeskaf en plat toerygskoene aangetrek. Ek het nooit gelag nie en smiddae laat deur die tuin geloop en tob oor die sin van die wêreld en my plek in die groter bestel. Niemand het eens opgekyk nie, want Elsa was swanger. Onbeplan en onvoorsien.

      “Hoe kon dit gebeur het?” het sy gehyg en soos ’n tierwyfie deur ons sitkamer gewoed.

      Ma het op die bank gesit en werk aan ’n stuk borduursel, ek het gesit en brei aan ’n swart trui vir myself. Nie een van ons het geweet wat om te sê nie.

      “Seker maar op die gewone manier,” het Ma dit gewaag.

      “Ma! Ek het mos voorsorg getref.”

      Ma het geglimlag soos iemand wat van beter weet. “Glipsies gebeur, darling. Iris was ’n glips.”

      Ek het wakker geskrik. Dis vernietigend om te hoor jy was ’n glips terwyl jy midde-in jou eksistensiële krisis is. “Wat het Ma gesê?” het ek uitgeroep.

      “Wag eers, Iris,” het Elsa kortaf gemaan. “Ons praat nie nou oor jou nie.”

      “’n Glips?” het ek gefluister. “’n Fout? Ek was nooit veronderstel om te leef nie?”

      Ma het vir my geglimlag en ’n roosblaar in donkerbruin wol begin borduur. “Natuurlik was jy,” het sy my verseker. “’n Glips is nie noodwendig onwelkom nie. Ons was baie plesierig oor die nuus.”

      “Tog,” het ek gesê, onwennig om vertroos te word.

      “Iris!” het Elsa geknor. “Gee jy om as ek klaar praat?”

      “Ons sal jou help brei,” het Ma haar probeer troos en op haar vingers begin tel. “Hoe ver is jy nou – April, Mei, Junie – o aarde, dit gaan ’n winterbaba wees. Julle sal ’n verwarmer moet kry vir die babakamer.”

      “Ons het nie ’n babakamer nie en Ma weet ek glo nie aan verwarmers nie; dis ongesond.”

      “Julle sal ’n groter woonstel moet kry.”

      “Wat van Hannes?”

      “Hannes sal moet gaan werk.” Ma was beslis.

      “En sy studie los?”

      “Sy studie los, ja. Hy is tog amper klaar. Sy verhandeling kan hy maar saans skryf, ná werk.”

      “O, o, o!” het Elsa gekreun en haar hande teen haar bors geslaan. Sy moes

Скачать книгу